Polisievrou in hof oor reeksmoordsaak

Nomia Rosemary Ndlovu in die Johannesburgse hooggeregshof (27 September 2021) (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

ʼn Polisievrou wat daarvan beskuldig word dat sy vyf familielede en ʼn kêrel vir die lewensversekeringsgeld doodgemaak het, het Maandag in die hof verskyn.

Nomia Rosemary Ndlovu (46) het nonchalant in die Johannesburgse hooggeregshof gesit ondanks die aanklagte teen haar.

Ndlovu was ʼn gerespekteerde sersant in die SAPD en het die land stom gelaat met haar ligsinnige gedrag in die hof deur gesig te trek en vredestekens vir die kameras te wys.

Staatsaanklaers het ʼn rits bewyse teen haar ingesamel. Volgens hofdokumente is ses mense, onder andere haar suster, twee susterskinders, ʼn niggie en haar kêrel, tussen 2012 en 2017 dood aangetref. Die slagoffers is met stomp voorwerpe aangeval, verwurg of geskiet.

Ndlovu is die hoofverdagte agter die moorde. Sy word daarvan beskuldig dat sy lewensversekeringspolisse en begrafnispolisse in die slagoffers se name uitgeneem het en die geld ná hul afsterwe geëis het.

Die hofsaak het vroeër in September begin. Sy ontken skuld op alle aanklagte.

“Ek is nie die een wat my (vermoorde) suster se versekeringspolisse uitgeneem het nie,” het sy in Tsonga deur ʼn tolk gesê. Sy het haar neus opgetrek toe die staatsaanklaer met die kruisondervraging voortgegaan het.

Foto’s van Ndlovu en haar blasé gesigsuitdrukkings word wyd op Twitter gedeel. Sy het aanvanklik die media-aandag geniet, maar het verlede week aggressief geraak en aartappelskyfies na fotograwe gegooi. Die polisie het daarna ook haar bene geboei.

Sy het al ʼn paar keer in die hof tranerig geraak, veral wanneer haar wyle kêrel se naam genoem word. Die hofsaak is twee keer verdaag nadat sy van duiseligheid en borspyn gekla het.

“Dis nie mens se tipiese Suid-Afrikaanse verkragting- en reeksmoordenaar nie,” het die forensiese sielkundige Gerard Labuschagne aan AFP gesê tydens ʼn telefoniese onderhoud. “Dis ʼn vrou. Sy is ʼn polisiebeampte. En (byna) al haar slagoffers was familielede.”

Ondersoekbeamptes voer aan Ndlovu het sowat R1,4 miljoen gebaat uit die polisse. Sy staan tereg op verskeie aanklagte van moord, sameswering om moord te pleeg en bedrog.

Hofdokumente bevat besonderhede van haar beweerde modus operandi. Huurmoordenaars het na bewering meeste van die moorde gepleeg, maar Ndlovu word daarvan verdink dat sy haar suster Audrey self vermoor het, deur haar tee te vergiftig voor sy haar verwurg het.

Sy is in 2018 op heterdaad betrap toe een van haar huurmoordenaars ʼn wenk aan die polisie gegee het toe sy ʼn plan beraam het om die huis van nog een van haar sussies af te brand, het staatsaanklaers gesê.

Die brand sou die vrou en haar vyf kinders, insluitend ʼn vyf maande oue baba, verkool het. Hulle sou slaappille inkry en hul monde moes met kouse toegebind word om te verhoed dat hulle om hulp kan roep. Dit was egter te rof vir ʼn professionele moordenaar.

ʼn Paar dae tevore het ʼn ander huurmoordenaar ook ʼn opdrag, om haar bejaarde ma te vermoor, laat vaar. Hy het haar uiteindelik net vir ʼn koppie water gevra en toe die huis verlaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Blomme ·

Die vrou is ń gevaar vir haarself. Pak haar weg en versit die sleutel.

Peach ·

Blommietjie, Nomia Rosemary Ndlovu is ‘n geestelike versteurde vrou wie sielkundige hulp benodig. Mag sy spoedig die nodige behandeling kry want, tronk straf gaan definitief nie die oplossing wees nie.

Hardekwas ·

Saps, baie geluk met julle puik keuringsproses tydens indiensneming.

Karina ·

Ek stem saam Hasie, sy het klaar in die hof gekla sy is siek.

absoluut ·

Plaas is sy familie van beki cele dan is ons dalk verlos gewees

Yvonne ·

Die NAR is boser as boos…..sy verdien nie die lug wat sy inasem nie

Linx ·

SAPS sal so gou as moontlik d psigometriese toetse moet aanpas want hier is duidlik iets(of baie)fout.

Louise ·

Wolf in skaaps klere, dis baie ERG dat enige persoon so gewetenloos oor dood kan praat! Veral as dit jou familie is… Absoluut geen gewete nie!

Niklaas ·

Die duiwe fladder erg rond in haar boonste verdieping. Hoe kan mens met sulke klagtes teen jou ,so arrogant voorkom ?

madels ·

Gewetenlose vrou, moet nooit weer die lig sien nie, sy is nie geestes versteurd is, haar gierigheid het haar laat kop verloor..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.