Polisievrou in KZN doodgeskiet

sapd-saps-polisie

Foto: SAPD/Facebook

Die waarnemende KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, het die moord op ʼn polisiebeampte in sy provinsie veroordeel.

“Ons is ontsteld oor die nuus dat ʼn sersant van Mandeni-polisiestasie deur haar lewensmaat vermoor is,” het hy gesê. Sy was nie aan diens nie. “Die Suid-Afrikaanse Polisiediens is van nóg ʼn voetsoldaat beroof op so ʼn tragiese en onnodige manier. Ons innige meegevoel aan haar familie en kollegas.”

Sers. Nonhlanhla Lindiwe Mazibuko (40) is Saterdag om 17:30 na bewering deur haar lewensmaat in Sundumbili geskiet ná ʼn onderonsie tuis. Sy het verskeie skietwonde opgedoen en is op die toneel dood, het brig. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die 43-jarige verdagte het homself later aan die polisie oorgegee. Hy sal binnekort in die hof verskyn. Die vuurwapen wat vermoedelik tydens die moord gebruik is, is ook gekonfiskeer.

Die polisie by Sundumbili ondersoek ʼn saak van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.