Polisievrou in skietgeveg met verdagtes doodgeskiet

Argieffoto

’n 36-jarige polisiebeampte van Marikana in Noordwes is doodgeskiet toe sy en kollegas verdagtes te voet agternagesit het.

Sers. Julia Makgareetsa en haar kollegas het Maandagmiddag gereageer op inligting rakende verdagtes wat na bewering ernstige en gewelddadige misdade in die polisiëringsgebied gepleeg het. Dié verdagtes het die betrokke middag in Rooikoppies geskuil toe hulle die polisiebeamptes gewaar en op die vlug geslaan het.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, sê die beamptes het uit hul polisievoertuig geklim en die verdagtes te voet agternagesit waarna ’n skietgeveg uitgebreek het. Makgareetsa is in die bors getref en het later aan haar beserings beswyk.

Een van die verdagtes (30) is ook raakgeskiet. Dié is in besit van ’n pistool in hegtenis geneem en is tans onder polisiebewaking in die hospitaal. Sy makkers is egter steeds op vrye voet.

Lt.genl. Sello Kwena, provinsiale polisiekommissaris in Noordwes, het nou opdrag gegee dat die polisie se 72 uur lange aktiveringsplan in werking gestel word om die verdagtes op te spoor.

Die polisiekommissaris het daarop gewys dat die moord op polisiebeamptes onaanvaarbaar is en nooit geduld sal word nie, aangesien dit nie net broodnodige dienslewering beïnvloed nie, maar ook die gesag van die staat ondermyn.

Enigiemand met inligting oor waar die oorblywende verdagtes hulself moontlik bevind, word versoek om AO Matsie Segonyane by 071 481 2879 of Stop Misdaad by 08600 10111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Genis ·

Baie tragies, en onaanvaarbaar, SA is kriminele hool… Hoop hulle word gou gevang en vergoed agter tralies gesit.

Stefaan ·

Ja moord op ‘n Polisie beampte is nie aanvaarbaar nie so ook moord op enige iemand

Althes ·

Sterkte aan die familie. RIV.
Misdaad is onaanvaarbaar hoog sedert ANC in 1994 oorgeneem het.

Mariana ·

RIV Sterkte aan familie. Net nog ‘n statistiek in die boek van die kriminele in SA. Dis jammer dat ons land so deurtrek is van misdadigers en die feit dat daar geen gevolge vir hul dade is nie. Borgtog, parool, herhaal misdaad.

Cherokee ·

‘Die polisiekommissaris het daarop gewys dat die moord op polisiebeamptes onaanvaarbaar is en nooit geduld sal word nie…’
Waar is ons verteenwoordigers in die parlement wanneer vrae oor dom stellings soos dit, gevra moet word? Waar is julle VF en die liberale DA verteenwoordigers? Dom worde soos dit behoort uitgewys te word. Wat is die 72 uur lange aktiveringsplan en wanneer word dìt in werking gestel?

Misky ·

Daar is mos openlike dreigemente gemaak deur n sekere groep teenoor polisielede. Sê maar net…..

Persheks Adri ·

Moord op GEEN persoon is aanvaarbaar nie punt nie net die uniforms nie ekskuus tog verskoon my

Sarel ·

Omdat dit lid van die Polisie is sal geen Gemeenskapslid of Organisasie betoog teen doe moord nie.

Lila ·

Ek het werklik innige simpatie met die ontslape SAPS lid se familie en vriende. Dat daar DAADWERKLIK opgetree sal word om die skuldiges te arresteer vir die daad. MAAR, hoekom word dieselfde protocol nie toegepas vir plaasmoorde nie? Vir die mense wat kos op die tafel sit? Kos op ALMAL se tafel sit? Dink hulle die winkels maak hierdie goed wat hul eet MAGICALLY appear? Nee!

SomeOne ·

ook my sterkte wense, was die baadjie nie daar om die bors gedeelte te beskerm nie ?, indien nie, moet die polisie baie gou ‘n doeltreffende baadjie verskaf

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.