Polisievrou jaag glo weg ná sy kinders tref

Dié foto van die polisievoertuig is ná die voorval op sosiale media gedeel. (Foto: Twitter)

Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) stel ondersoek in nadat ’n polisiebeampte na bewering ’n kind in KwaThema aan die Oos-Rand doodgery en weggejaag het.

Die meisie (13) het haar klein sewejarige boetie probeer beskerm toe sy deur die polisievoertuig getref is. Die seuntjie is beseer. Die polisievrou wat die voertuig bestuur het, het glo die beseerde seuntjie langs sy sussie se liggaam in die straat agtergelaat en van die toneel gevlug.

Grace Langa, woordvoerder van Opod, sê die waghond is eers gisteraand deur lede van die publiek van die voorval in kennis gestel nadat hulle dit sien gebeur en hulle tot sosiale media gewend het.

“Ons was nie bewus van die voorval nie. Die diensbeampte sal ook nou aangekla word aangesien dié versuim het om die voorval aan te meld.”

Opod sal intussen die kinders se familie besoek.

“Dit is ’n hartverskeurende storie. Ons sal verseker dat geregtigheid geskied vir die meisie, haar boetie en hul familie.”

Langa het die lede van die publiek bedank wat die voorval onder die waghond se aandag gebring het.

’n Saak van dood as gevolg van polisie-optrede word tans ondersoek, hoewel nog aanklagte waarskynlik later bygevoeg sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

19 Kommentare

jongste oudste gewildste
JM

Nog ‘n “veer” in Cele se hoed!!

Anel

Dit is verskriklik!! In elke geval nog nooit van so ‘n klagte gehoor nie. Tref en trap, strafbare manslag, versuim om te stop na ongeluk, en, en en. Sluit toe en gooi die sluitel weg. En dit is nou van die wat psigologiese toetse en integriteits toetse geslaag het!!!! Sterkte aan die ouers en die seuntjie.

Eiervrug

En dan het sy sekerlik nog die vermetelheid om ander mense aan te vat vir oortredings. Lekker man, lekker….

Julia

Absoluut walglik. Walglik van Enigiemand om so iets te doen, en as jy n polisielid is, nog soveel erger!

casper

Dit is die standaard van die huidige polisiemag !!!!