Polisievrou kritiek ná skietery op hoofweg

Foto: SAPD

Foto: SAPD

ʼn Vroulike polisiebeampte is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat verdagtes in ʼn wit BMW op ʼn polisievoertuig op ʼn Johannesburgse hoofweg losgebrand het.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê drie polisiebeamptes was Maandagmiddag omstreeks 14:00 besig met roetinepatrollie op die Goue Hoofweg toe hulle ʼn verdagte wit BMW opgemerk het.

“Hulle het probeer om die motor van die pad af te trek, maar die insittendes het op die polisievoertuig losgebrand,” het Dlamini gesê. Die bestuurder van die polisievoertuig het beheer oor die motor verloor en teen ʼn boom gebots. Die verdagtes in die BMW het gevlug.

ʼn Vroulike sersant wat agter in die polisiemotor gesit het, is in die bolyf gewond. “Sy is tans in die waakeenheid van ʼn hospitaal en haar toestand is kritiek,” het hy gesê. Die ander twee polisiebeamptes is nie beseer nie.

Volgens Dlamini word ʼn saak van poging tot moord ondersoek, maar niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Hy het ʼn beroep gedoen op enigiemand met meer inligting om Crime Stop by 08600 10111 te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Piet Pompies ·

Ek tel 14 koëlgate tussen die enjinkap en ruit, hierdie is oorlog…….

Jafta ·

As mens twee skerpioene in ‘n boks gooi, gaan hulle mekaar uithaal..

Laurika ·

En ek ry elke oggend en middag die Goue Hoofweg werk toe en terug…..

Johan ·

Polisie lede word aangekla van moord op n rower, nadat hy n vroue konstabel gewond het!! hoe belaglik. Los die polisie dat hulle die rowers en moordenaars uithaal! ek was self n polisie beampte. dit is al taal wat rowers en moordenaars ken. Bring die doodstraf terug en ons land sal n beter plek wees!!

Griki ·

Johan, jy praat nou van twee verskillende sake. Die polisie in hierdie artikel word nie van moord aangekla nie. Polisielede van Krugersdorp wat ‘n skieter agternagesit en doodgeskiet het word van moord aangekla.

nico ·

Die regering kan hom maar reg maak vir n ding marikana gaan n vulletjie wees saak is uitgestel tot vrydag 13 de november in krugersdorp van die polisie beamptes wat die misdadiger in krugersdorp geskiet het almal moet sommer kom en hulle ondersteun

Bruno Stef ·

As n persoon n wapen in sy hand het hetsy n mes of vuurwapen en hy rig dit op die Polisie moet hulle hom of haar dadelik uitvat.Dit is al manier waarop wet en orde in weer herstel kan word en ek ondersteun die Polisie ten volle dun die misdadigers se getalle uit.

Griki ·

En dan neem die mense polisielede, wat ‘n persoon wat op hulle geskiet het doodskiet, kwalik?

SNEL ·

Goeie aarde, kyk net hoe lyk daai kar, dis soos die Wille Weste. Dis n wonder hulle is nie almal dood nie. Dit maak mens so ongelukkig as mense wat net hulle werk doen om ons land te beveilig hul lewe verloor in die proses. Ek dink aan daardie polisieman wat hulle twee tree van die voertuig af, net so in die kop doodgeskiet het. Geen gevoel vir niks of niemand en polisie of de nie, hulle skiet om dood te skiet, geen respek of waarde vir n lewe nie. Voel baie jammer vir haar dat sy nou so seer gekry het net deur haar werk te doen. Hoop regtig sy herstel spoedig.

Sarie ·

Helaas, het sy dit niè gemaak nie… My innige simpatie aan haar geliefdes & naasbestaandes…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.