Polisievrou met dienspistool geskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn vroulike polisiebeampte vier keer met haar dienspistool geskiet het, is in hegtenis geneem.

Kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, sê die 27-jarige verdagte is Dinsdagaand in Gingindlovu naby Eshowe in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem. Die verdagte word daarvan beskuldig dat hy ʼn vrouekonstabel wat van diens af was geskiet het.

Zwane sê die konstabel het glo met die man in ʼn argument betrokke geraak. “Na die argument het die verdagte haar glo oorrompel en haar van haar dienspistool ontwapen en haar vier keer geskiet.” Die beampte is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal opgeneem.

Die verdagte het na die voorval met die beampte se vuurwapen gevlug en die vuurwapen is in sy besit gevind toe hy in hegtenis geneem is. Zwane sê die motief vir die skietery is nog nie bekend nie. Die verdagte sal na verwagting Donderdag in die Empangeni-landdroshof verskyn op aanklag van poging tot moord, die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en roof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.