Polisievrou op pad werk toe doodgeskiet

Sers. Nozibele Faye (36) (Foto: Verskaf)

’n Polisiebeampte van die Mount Frere-polisiestasie in die Oos-Kaap is Maandag by haar huis doodgeskiet.

Lwando Zenzile, woordvoerder van die Valke, sê die polisievrou, sers. Nozibele Faye (36), was besig om by die oprit van haar huis uit te ry toe die twee verdagtes haar voertuig oorval en op haar begin skiet het. Sy was op pad werk toe.

Faye is in die regterkant van haar bors geskiet. Sy het op die toneel aan haar koeëlwond beswyk.

Volgens Zenzile is die twee verdagtes na bewering te voet met Faye se polisiewapen vort.

Nog niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die Valke doen ’n beroep op die lede van die publiek om die twee verdagtes te help opspoor.

Mense met meer inligting wat tot die verdagtes se inhegtenisneming kan lei, kan kontak maak met AO Dumisani Mancoba by 071 481 6943 of die misdaadnommer by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

lollapot ·

My hart en gebede gaan uit na haar Ouers, gesin, kollegas en vriende. . .
Mag god julle dra en troos in hierdie hartseer tyd.
Mag daar onverpoost gesoek word na hierdie gewetenlose moordenaars, sy was iemand se kind en iemand se ma . . .

Androclus ·

Ja dis darem hartseer,sy’t seker iets van hulle geweet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.