’n Polisiebeampte van die Mount Frere-polisiestasie in die Oos-Kaap is Maandag by haar huis doodgeskiet.
Lwando Zenzile, woordvoerder van die Valke, sê die polisievrou, sers. Nozibele Faye (36), was besig om by die oprit van haar huis uit te ry toe die twee verdagtes haar voertuig oorval en op haar begin skiet het. Sy was op pad werk toe.
Faye is in die regterkant van haar bors geskiet. Sy het op die toneel aan haar koeëlwond beswyk.
Volgens Zenzile is die twee verdagtes na bewering te voet met Faye se polisiewapen vort.
Nog niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Die Valke doen ’n beroep op die lede van die publiek om die twee verdagtes te help opspoor.
Mense met meer inligting wat tot die verdagtes se inhegtenisneming kan lei, kan kontak maak met AO Dumisani Mancoba by 071 481 6943 of die misdaadnommer by 08600 10111.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
3 Kommentare
My hart en gebede gaan uit na haar Ouers, gesin, kollegas en vriende. . .
Mag god julle dra en troos in hierdie hartseer tyd.
Mag daar onverpoost gesoek word na hierdie gewetenlose moordenaars, sy was iemand se kind en iemand se ma . . .
Ja dis darem hartseer,sy’t seker iets van hulle geweet.