Polisievrou op pad werk toe vermoor

Die plek waar die beampte doodgeskiet is. Foto: Verskaf

ʼn Polisiebeampte, vermoedelik in haar 30’s, is Vrydagoggend in Durban doodgeskiet terwyl sy op pad was werk toe.

Volgens inligting het die voorval omstreeks 06:00 op die hoek van Iskotene- en Bonelaweg in Bonela plaasgevind. Die beampte, in volle uniform, is glo onder haar ken en in haar nek geskiet en van haar ampsvuurwapen beroof. Vier verdagtes het glo te voet van die toneel gevlug. Die vrou, verbonde aan die Maydon Wharf-polisiestasie, is op die toneel dood.

Kol. Thembeka Mbhele, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig ʼn polisiebeampte is deur onbekende verdagtes noodlottig gewond.

Die Cato Manor-polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Lee ·

Ai dis so tragies. Terwyl Mbalula Minister van Polisie geword het het misdaad hand uit geruk. Kriminele regeer ons land!! Sterkte aan die Beampte se familie. Mag sy in Vrede Rus. xx

Misdadiger regte aktiviste ·

Misdadiger-regte aktiviste steel die onskuldiges se menseregte. Polisie kan ons en hulself nie meer verdedig nie want volgens liberale waardes moet ons almal terugstaan sodat ons vermoor word. Laat liberale waardes val!!

JP ·

Hoekom loop sy met haar vuurwapen op straat? Dit is mos nou vir moeilikheid soek. Ek dink. Beamtes moet na hul skofte oor is, wapens in handig. Die misdadigers het n kans gesien en dit gegryp. Nog! ‘n wapen in hul besit om misdade mee te pleeg….

ek ·

jy vergeet tog dat kriminele se skofte nie ook eindig as die polisie sin doen nie….. Die kriminele handig nie hul vuurwapens in nie maar jy wil he die polisie moet? Jammer maar jou voorstel maak nie sin nie… Hul se ook nie daar dat sy met haar eie vuurwapen geskiet is nie maar wel van hom beroof is…

Dirkie ·

Jp die beampte was oppad werk toe, sy was in uniform. Sy is so te se op diens vermoor. Ek twyfel of jy die berig gelees het, miskien het jy nagskof gewerk. Sy het beslis nie verkondig sy het n pistool wat gevat kan word nie. Dink voor jy so onverantwoordelik berig skryf.

So jammer ·

Ek voel so jammer dat jou lewe en jou eerlike werk nie genoeg was vir beskerming in hierdie kriminele land wat net regte vir kriminele het.

CHRISTA ·

Baie van ons polisiebeamptes voer hulle pligte met trots uit, maar 80% is net daar vir die salaris (dis mos beter as om te bedel by ‘n robot). Ander gee nie ‘n bloue duit om vir hulle werk nie. Toe ek en my man in ‘n ongeluk met ‘n minibus taxi betrokke was, en die taxibestuurder uit sy taxi klim was hy so dronk soos ‘n lord!! Hy kon skaars op sy voete staan! Die polisie het hom agterin hulle vangwa gegooi. Toe ons by die polisiestasie aankom om ‘n verklaring af te lê, kon die taxibestuurder nêrens opgespoor word nie!! Hy het verdamp soos varkmaesels!!

Hoeveel polisievuurwapens word “verloor”? Maar as jy EEN maal ‘n vuurwapen verloor kry jy NOOIT weer ‘n vuurwapenlisensie nie!! Dit wil blyk of hulle optrede of ander kere se gebrek aan optrede ons misdadigers baie goed “ondersteun”!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.