Polisievrou pleit vir ligte vonnis ná verhouding met bendelid

Alicia Beeming. Foto: Facebook via ANA.

ʼn Voormalige lid van die Port Elizabeth-polisie se bendetaakspan, wat skuldig bevind is op aanklag van regsverydeling, het Woensdag haarself in die plaaslike landdroshof verteenwoordig aangesien sy nie ʼn prokureur kan bekostig nie, maar ook nie vir regshulp kwalifiseer nie.

Alicia Beeming het in ʼn laat stadium van haar saak van haar regsverteenwoordiger afstand gedoen.

Sy het vandag self ter versagtende omstandighede getuig dat sy nie verdien om tronk toe te gaan nie, aangesien sy skuldig gepleit het en nie die hof se tyd gemors het nie. Sy het die hof gevra om haar genadig te wees en gesê sy het drie kinders vir wie sy moet sorg en dat sy nie onderhoudgeld vir hulle ontvang nie.

Beeming het ook beweer dat haar kinders by die skool geboelie word. Sy het gesê al waaroor sy omgee, is haar kinders.

Adv. Rafik Ahmed, die staatsaanklaer, het egter haar bewering betwis en aan die hof ‘n uitgawestaat getoon waarop aangedui word dat Beeming maandeliks R4100 vir onderhoud van haar kinders ontvang. Ahmed het ook gesê die pa van die kinders is gewillig om na die kinders te kyk indien Beeming tronkstraf opgelê word.

Die staat het die hof versoek om Beeming drie tot vyf jaar tronkstraf op te lê. Ahmed het aangevoer dat Beeming se oortreding ernstig is aangesien sy die gemeenskap se vertroue verbreek het. Hy het na getuienis verwys waarin daar gesê is Beeming se aksies het die polisie se bende-eenheid direk en erg negatief beïnvloed.

Beeming het gesukkel om die trane te keer toe sy aan die hof gesê het sy het reeds deur ʼn departementele verhoor gegaan. Sy het die media blameer dat hulle haar as die “bose een” uitmaak.

Alicia Beeming het in Augustus 2017 skuld beken op aanklag van dwarsboming van die gereg. Sy het stilgebly oor die doen en late van ʼn berugte bendelid wat op die ou end toe haar geheime minnaar was. Sy het haar verhouding met Hans Jordaan, ʼn bendelid met ʼn hoë rang, geheim gehou terwyl sy ʼn aktiewe spesialisbeampte was wat bendeaktiwiteite in Port Elizabeth se noordelike omgewings ondersoek het.

Beeming is ná ʼn interne dissiplinêre verhoor teruggestuur na Motherwell-polisiestasie, waar sy oorspronklik werksaam was. Sy werk in die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings. Sy is tydens die interne tugverhoor skuldig bevind en moes ʼn boete van R2 400 betaal.

Sy is ook gewaarsku dat sy afgedank sal word as sy binne ses maande skuldig bevind sou word aan ʼn soortgelyke oortreding.

Sy is verlede jaar tot die rang van sersant bevorder.

Beeming het in April 2014 by die bende-eenheid aangesluit en sedert sy in 2016 in hegtenis geneem is, is al die sake wat sy by die eenheid ondersoek het, teruggetrek.

Landdros Onke Myataza sal haar op 14 Maart vonnis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

60 Kommentare

Afrikaner ·

Waar is jou prioriteite dame? Dalk moet ek gaan aansoek doen as bewaarder by ‘n vrouegevangenis.

Arno ·

Die vonnis moet met verswarende omstandighede gepaard gaan. Sy het uit wellus haar magsposisie misbruik en misdaad bevorder. Geen genade vir haar nie.

Chantal ·

Ag toe nou toe so jy Mnr Perfek het nog nooit n fout gemaak en berou daaroor.

Daars polisie wat erger dade pleeg. Syt kinders en kids het hul ouers nodig. Ja sy was verkeerd maar ek glo sy berou daaroor en sal dit nie weer doen nie.

Dries du Toit ·

Ai toggie. Sy het n fout gemaak. Dalk moet sy maar vergewe word. Ek is seker sy sal dit nie weer doen nie en het berou daaroor. Gee haar n ligte vonnis sodat sy na haar kinders gaan kyk

Sê maar net 1 ·

Sal sy dit regtig nie weer doen nie. Sy lieg dan om te sê sy kry nie onderhoud nie. Stem sy moet gestraf word maar dat haar kinders tog in ag geneem moet word

Honibal ·

Sy moet afgedank word. Sy is ‘n verleentheid vir die SAPD.

Gerrie Ferreira ·

Geen mens kan ‘n verleentheid vir die SAPD wees nie want om ‘n lid te wees is alreeds die grootste verleentheid denkbaar.

Ena ·

WIE IS NIE n verleentheid vir die polisie nie….almal korrup en agteraf en omkoop geld speel n hoofrol.

Lorinda de Jager ·

Gerrie, Willem, Ena en Honiball nou veralgemeen julle darem gruwelik. Nie almal is so korrup soos jul wil glo nie

Nettie ·

@Gerrie Ferreira – daar is baie, BAIE ander polisielede wat ‘n groter verleentheid vir die SAPD is en erger misdade aanvang, maar net nie GEvang word nie, as hierdie vrou. Ek sou haar tot ‘n administratiewe pos gedemoveer het en toesig van haar kinders – synde sy nou ‘n kriminele rekord het – aan die Pa toegestaan het, met besoekregte. Tronkstraf, in ‘n geval soos hierdie, sou nie heeltemal effektief wees nie; dalk moet sy tot gemeenskapsdiens gevonnis word, wat sy moet gaan uitdien in ‘n instituut waar daar met dwelm- en oud-bendelede-rehabiliterendes gewerk word, sodat sy kan síén waaraan sy haarself skuldig gemaak het.

Dries du Toit ·

Ja en daar sit groter kriminele as haar seniors wat korrup is en baie meer skade maak as hierdie vrou.

Charlene ·

Maak nie saak nie. SY is aanspreeklik vir HAAR wandade. Sy was verkeerd en moet nou daarvoor boet. Sy moes aan haar kinders gedink het toe sy ‘n berugte bende-lid as kêrel gevat het. Regtig???

JohanL ·

Charlene gesien in die lig van Dries se kommentaar. Dries is 100% reg in wat hy skryf. Ja en jy is ook reg in jou opinie. Die vraag is nou: “Watse straf is relevant?”. Is die boete en skuif na ander eenheid nie voldoende nie? Moet sy tronkstraf uitdien? Is dit gepas by die misdaad? Natuurlik gaan ons klomp verskillende opinies daaroor kry. Ja sy moet verantwoordelikheid aanvaar vir haar fout. Maar wat is ‘n sinvolle straf?

Boet Fasie ·

Ek srem saam met julle daar is groter kriminele in die SAPD en verkeersdepartement, hou haar by die eenheid vir gesinsgeweld sodet sy vir haar kinders kan sorg.

jakes ·

Is die vrou se gedrag nie juis tiperend van die algemene toestand in die polisiemag nie? Lae moraal en erge druk wat ontstaan agv misdaad ens? Sy moes egter aan haar kinders gedink het voordat sy so onverantwoordelik opgetree het.

Rona Burger ·

William Botha en Ena ken julle al die lede in die SAPD om sulke opmerkings te maak. Ek het Januarie na 36 jaar en my man 3 jaar terug na 40 jaar klaar gemaak met die polisie. Ons het 110% gegee vir ons werk en ons is eerlik en opregte mense. Ons ken ook baie lede wie uitstekende polisiebeamptes is. Julle behoort julle te skaam om almal oor die selfde kam te skeer.

Martiens ·

Stem Rona, Heul met die vyand, kom amper neer op sabotasie, lieg in hof oor onderhoud, geen skuldigbevindings vir haar dossier nie, almal terug getrek, sy moet maar lank gaan sit vir onbesonnigheid.

Jannie ·

Die enigste verleentheid hier is om die kommentaar van die mense te lees wat so maklik oordeel sonder dat hulle hulself vergewis van die feite.
Ek is ń polisiebeampte en doen my werk met trots, ek weet ek is nie ń verleentheid vir die samelewing nie.
Ek beskou dit as ń verleentheid dat maroela media sulke onkundige en veroordeelde kommentaar van mense plaas wat niks beter het om te doen as om mense en/of instansies te beledig nie.

Louwboepens ·

Gerrie Ferreira en Willem Botha vir julle om te se alle polisielede is korrup is net so goed ek se alle Ferreiras en Bothas is kriminele wat net nie waar is nie.Hou julle asseblief in met julle kommentare.

Eish ·

Rona Burger, presies wat ek wou vra! Mens kan darem nie so veralgemeen, sies vir julle!

Susan du toit ·

Moet mens altyd ‘n persoon afkraak het julle nog nooit foute gemaak nie. Sy’s ‘n ma glo nie sy sal weer so fout maak nie.

Charlene ·

Om ‘n ma te wees het haar nie in die eerste plek gestop nie… Hoekom moet dit NOU ‘n verskil maak; nou dat sy in die hof is en die realiteit van haar dade se gevolge haar in die gesig staar? Nee wat – almal maak foute, dis net logies, maar so betaal ons ook vir ons foute. Dit geld vir almal. En om dan nog in die hof te gaan lieg ook… wat se ‘goeie voorbeeld’ stel sy aan haar kinders? Sy sal ‘n beter voorbeeld aan hulle stel as sy eerlik is, haar foute erken, verantwoordelikheid aanvaar en haar boete doen. Dan leer hulle sommer van aksies en gevolge en hulle respekteer haar omdat sy die regte ding doen en nie lieg om vir haarself op te cover nie.

Susan du toit ·

Moet mens altyd ‘n persoon afkraak het julle nog nooit foute gemaak nie.

Lynette ·

Susan du Toit. Jy sê sy het berou…..en hoe toon sy haar berou? Deur WEEREENS TE LIEG in die hof deur te sê sy ontvang geen onderhoud nie maar ‘lo-and-behold’…daar staan die maandelikse inbetalings deur haar man ewe groot in wit en swart op haar bankstate. Sy het net n foutjie gemaak? Hor maak mens ‘net n foutjie’ oor en oor en oor?? AL DIE DOSIERE waarby sy betrokke was, is teruggetrek. Net n foutjie?? Hierdie vrou word deur haar hormone regeer, erger as n tiener en sy is boonop n gewoonte-leunaar. Geen simpatie met haar nie+ Siesa!

Lynette ·

Susan du Toit. Jy sê sy het BEROU….nou verduidelik aan my hoe toon mens berou deur TE LIEG IN DIE HOF?????

Martiens ·

Stem Rona, ek self was middel bestuur, my vrou (Kapt) nog aktiewe lid asook my seun. Haar Generaal het al gese, hy wens hy kan haar kloon met 5 dan het hy 40 lede nie nodig nie. Sy was al 2 keer eerste op kortlys dan word ander persone aangestel, en sy moet hul touwys maak. Ons bekommernis was nie oor die onmiddellike R3000 pm verhoging nie, maar wel die beter pensioen wat sy sou kry. My seun is verlede jaar genomineer vir n bonus, asook hierdie jaar. Hy is 17 jaar in die SAPD, steeds Sers, maar bly lojaal by Anti Korrupsie. Hy kry vonnisse teen Polisie beamptes van tot 15 jaar. Ek voel in die gesig gevat deur sulke oningeligte veralgemenings.

Shame ·

shame man laat sulke mense nou moet verlore gaan .. sjoe ..

Martiens ·

Stem Rona, ek self was middel bestuur, my vrou (Kapt) nog aktiewe lid asook my seun. Haar Generaal het al gese, hy wens hy kan haar kloon met 5 dan het hy 40 lede nie nodig nie. Sy was al 2 keer eerste op kortlys dan word ander persone aangestel, en sy moet hul touwys maak. Ons bekommernis was nie oor die onmiddellike R3000 pm verhoging nie, maar wel die beter pensioen wat sy sou kry. My seun is verlede jaar genomineer vir n bonus, asook hierdie jaar. Hy is 17 jaar in die SAPD, steeds Sers, maar bly lojaal by Anti Korrupsie. Hy kry vonnisse teen Polisie beamptes van tot 15 jaar. Ek voel in die gesig gevat deur sulke oningeligte veralgemenings. Hierdie vrou moet ten minste 10 jaar kry, sy lieg nog ten opsigte van haar onderhoud, en moes onmiddellik geskors gewees het, sonder betaling !!!

Chantal ·

Ek sien hier is baie PERFEKTE en foutlose mense hier neh. Skaam julle wat haar so af kraak en breek. Almal maak foute man . En syt ongelukkig n groot fout gemaak , maar om hemels naam Julle is vinnig om te sê dank haar af , 5 jaar tronk straf ens maar mense syt kinders. Weereens ALMAL maal foute maar dis nie nodig dat sy verewig gestraf word daarvoor. Daars polisie lede wat tien maal erger goed doen

Theresa ·

Goeie genugtig. Dat jy jou lewe so kan weggooi. Nou word haar 3 kinders ook nog “gestraf”vir haar optrede. Maar dit gaan my verstand te bowe dat sy waaragtig nog bevordering kry ook – ongeag al diè dinge…………….. Wys jou nou net!

Dries ·

Ai tog soveel volmaakte mense het ek nog nooit van gehoor nie. Los die vonnisoplegging aan die gekwalifiseerde mense oor asb.
Mense wat in glas huise woon, wees baie versigtig.

Realiteit ·

Aan die goeie polisielede hierbo, dankie. Ek was self 27 jr ‘n lid en werk nou in privaat sektor. Die realiteit is egter dat van ongeveer 200 000 werknemers daar dalk 10% is wat nie korrup, skelm, lui en/of dislojaal is nie. As dit so baie is. Dis oorwegend ‘n mandjie vrot appels. Maar met ‘n vrot regering kan mens seker nie anders verwag nie. Kyk nou bv Michael Masutha wat soos ‘n kat op ‘n warm plaat rondspring oor hy nooit Bosasa weggejaag het en geswartlys het nie. ‘n SiU verslag het al 10 jaar terug uitgewys hoe korrup is Bosasa se top struktuur en Masutha en sy department het dit onder die mat ingevee. Nou beskuldig hy die SIU van ‘n onduidelike verslag. Dis die tipe mense wat staatsamptenare lei, dus is dit geen verrassing dat die SAPD grootliks korrup is nie. Ongelukkig ‘n realiteit

Susan ·

bevorder misdaad…en almal kry haar jammer??!! Ja nee SA…geen wonder jy is waar jy is.

GM ·

Sy is in 2016 gearresteer maar laasjaar bevorder? Sien, die res van julle wat nie bevorder word nie, doen dit verkeerd! Julle moet nie so lojaal en hardwerkend wees nie, ‘crime pays’.
Daar is so baie wat opkom vir die vrou. Sy het klaarblyklik geen morele waardes nie, en word nou toegelaat om met kinders te werk. Gaan sy met hul ook verkragtings ens. verdoesel as sy verlief raak op die pedofiel?
Ja mense maak foute, maar hoeveel lewens het sy nie indirek in gevaar gestel nie, en dit terwyl sy in ‘n vertrouenswaardige posisie aangestel is. Sy is berouvol omdat sy uitgevang is. Sy het nie aan haar kinders se veiligheid gedink toe sy met ‘n bendelid uitgegaan het nie, ook nie aan haar medekollegas se veiligheid nie. Sy verdien nie om in die polisiemag te wees nie.

GM ·

Chantal, so wat jy nou sê is dat alle kriminele wat kinders het, nie gestraf moet word nie. As jy kinders het, beteken dit jy dink twee of drie of vier keer voor jy iets doen. Jy dink hoe jou aksies hul gaan beïnvloed, goed of sleg, en dan stel jy hulle eerste sovêr dit binne jou vermoë is. As jou finansies knyp, voorsien jy eers in hul behoeftes, en dan in joune. Jy hou hul veilig. Hoe is jou kinders veilig as jy in ‘n verhouding met ‘n bendelid is? Hy kon hulle molesteer en sy sou tien teen een te bang wees om iets daaraan te doen. Ek wonder wat meeste se reaksie sou wees as die dame van ‘n ander ras was. Sou jul dan ook opkom vir haar? Of sou jul dan meer eerlik gewees het?

ano ·

GM hier praat jy nou die waarheid. Genade tog! Wat het die vrou gedink? Nee my magtig sy moet maar gaan sit. Dis vir my ontstellend dat sy aangestel is by ‘n kinderbeskerm eenheid. Sy het NIE aan HAAR kinders gedink toe sy snoesig by die bendelik gele het nie – hoekom sal sy dan omgee vir ander mense se kinders?

Werries ·

Man Alicia! Jy moes net gou ‘n ANC lid geword het, miskien ‘n parlement joppie ge-‘organise’ het, dan sal jy sommer ‘n verhoging gekry het en ‘n hoër rang pos!! In stede van moontlike tronkstraf!

GM ·

Sy is in 2016 gearresteer maar laasjaar bevorder. Sien, julle wat nie bevorder word nie, doen dit verkeerd. Julle moenie so hardwerkend en lojaal wees nie, ‘crime pays’.
Sy het geen morele waardes nie. En nou word sy toegelaat om met kinders te werk. Wie sê sy sal nie verkragtings ens. verdoesel as sy op die pedofiel verlief raak nie?
Sy was in ‘n vertrouenswaardige posisie aangestel. Sy het haar medekollegas en haar kinders indirek in gevaar gestel. Sy verdien nie om in die polisiemag te wees nie.

Anoniem ·

99.9% van die wereld se probleme sal hokgeslaan word as mense net kan leer om hul emosies op hok te hou en hul kniekoppies toe, dit geld vir beide mans en vroue. Se maar net………..

Schalk ·

Ja nee ons bly maar n veroordelende nasie.Kyk maar na jouself en dink of jy so onskuldig is .Foutlose siek kommentaar leweraars,gooi die klippe jul onskuldiges wat nooit foute maak of een in jou hart oordeel nie.Volmaakte ou volkie wat deurtrek is met oordeel.Slaap rustig voort onskuldiges.Mooi so skel nog kyk hoe vieslik en lelik jy teenoor ander is.Daar is ook mooi mammas en pappas in die polisie en eerbares.Ten minste gooi hulle nie blindelings klippe nie.Oral is donker kolle

Sarie ·

Ja ongelukkig moet ons ALLE WANDADE veroordeel, OOK HARE< want julle is mense wat more weer ander nasies veroordeel, maar omdat sy wit is mag sy nie GEOORDEEL word nie. . DAAR SOU NIE WETTE gewees het as NIEMAND VEROORDEEL of GEOORDEEL mag word nie, en as iemand jou aanrand verwag jy dat hy gestraf word of is dit net vir SEKERES? So jy gooi klippe as jy 'n moordenaar en verkragter veroordeel? Sjoe maak julle julle eie wette of wat? Ons is dalk nie volmaak nie maar JY wat ons volk veroordeel doen nIKS BETER NIEL

Carel ·

Sy moes aan haar kinders gedink het voor die tyd
Ons kan nie alle kriminele n 2de kans gee nie hulle sal ons uitmoor
Kry maar vir jou

barend ·

kan net dink met wie sy n verhouding gehaat het ,so n mooi vrou ,alles weg ge gooi
as jy jou met die semels meng eet die varke jou .Ons mense moet ons morele kompas terug kry .

Elrou ·

Dit is hartseer dame, want nie net het jy jou werk met al sy voordele verloor nie. Jou hele reputasie en naam is nou moer toe vir n fout wat jou hart gemaak het.
Ai ek weet nie wat jy gedink het nie, maar een ding is verseker dat dinge nooit weer dieselfde gaan wees nie.
Mag jy krag in jouself vind om die ding deur te sien. Die hof gaan jou nie gandig wees nie.
Ek hoop jy kom sterker en heel ander kant uit, terwille van jou kids…

Vicky ·

Lees reg,sy het niè haar werk verloor nie,net n boete betaal en n waarskuwing. Waar sien jy sy het haar werk verloor?

EK VERALGEMEEN ·

USELESS POLISIE — FIRE ALMAL EN BEGIN VAN VOORAF. DIT IS JULLE wat ons vertroue in die polisie vir ewig skend en sy moes aan haar kinders gedink het VOORDAT sy ‘n verhouding met ‘n bendelid aangegaan het .. DIT SKOK MY DAT MENSE WITMENSE SE OORTREDINGS GOEDPRAAT …

attie pelzer ·

daar is goeie lede van die SAPD maar ek sal ‘n ervaring nooit vergeet toe ‘n kaptein my wou arresteer by Letaba se grenspos met Mosambiek nie, Na ‘n uur se dreig het ek besef hy soek net omkoopgeld. My oortreding was dat ek ‘n ketting in die pad verwijder het met ‘n geen toegang bordje. Ek wou nie daar alleen wag met drie dames by my nie. Wat maak ‘n ketting oor die grondpad 10 km van n internationale grenspos. So, een vort appel…..

bolla ·

Mense met kriminele rekords mag nie aansoek doen vir poste in die polisie nie maar daar is polisiebeamptes wat rekords het wat wel steeds daar werk en lyk my as jy ‘n rekord kry terwyl jy ‘n lid is, is dit ook oukei. Hoe werk dit?

Heksie ·

Jy’s ‘n geregsdienaar, wat gesweerhet om jou land en sy mense te dien en beskerm, jy het net die teenoorgestelde gedoen. Jy het ‘n krimineel beskerm!
ek het nie simpatie met jou nie. Jy moet maar sit suster. Jy is ‘n verleentheid vir die uniform.

Lizelle ·

Nou skielik is haar kinders vir haar belangrik. Die kinders gaan beter af en veiliger by hulle pa wees. Dit is nou te laat vir spyt, jy gee die Polisie n slegte naam.

Michelle ·

Dit is ‘n skande sy moet tronk toe sy het die vertroudheid band tussen haar en die polisie verbreek sy kan nie weer vertrou word nie. Hulle word ‘n baie goeie salaris betaal vir haar om met ‘n verdagte of ‘n misdadiger betrokke te raak nee sluit toe gooi die sluiter weg sy hoort agter tralies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.