Polisievrou se vermiste seuntjie dood gevind

Katlego Lesenya wat op 21 Mei 2016 in Mokopane verdwyn het. Sy liggaam is op 30 Mei 2016 gevind. (Foto: SAPD, Limpopo)

Katlego Lesenya wat op 21 Mei 2016 in Mokopane verdwyn het. Sy liggaam is op 30 Mei 2016 gevind. (Foto: SAPD, Limpopo)

Katlego Lesenya (9) wat op 21 Mei verdwyn het, se liggaam is Maandag gevind.

Katlego se ma, ʼn 38-jarige konstabel van Mokopane (Potgietersrus) se eenheid vir gesinsgeweld, seksuele oortredings en kinderbeskerming, was die Vrydag voor sy verdwyning, glo met haar kêrel in ʼn argument betrokke. “Die verhouding is daarna verbreek,” het kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie in Limpopo, gesê.

Katlego was laas saam met die kêrel gesien op die dag van sy verdwyning.

“Die verdagte is die afgelope naweek in Lephalale (Ellisras) in hegtenis geneem. Hy het aan polisiebeamptes gewys waar hy die liggaam gestort het,” het sy bygevoeg.

Die verdagte het glo die seuntjie se liggaam van ʼn brug af in ʼn vlak rivier op die Marken-pad tussen Mahwelereng en Lephalale gegooi.

“Lede van die polisie se honde-eenheid en soek- en reddingspanne is op die toneel om die liggaam uit te haal. ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van sy dood te bepaal.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Lance ·

Baie tragies wys my net hoe min n lewe werd is …wat gaan in so n ou se kop aan …Botswana het nie die probleme ….want hulle het nog die doodstraf ….so jy dink 3 x …in SA doen jy wat jy wil want die wet beskerm die krimeneel meer as die slagoffer …hierdie is nou n duidelike voorbeeld

cecilia behrens ·

Dit is ontsettend gemeen.Dit is so n pragtige kind.Dink aan die nood wat hy moes deurstaan voordat hy gesterf het….NIKS regverdig dit nie!!!

BRING DIE DOODSTRAF TERUG

SODAT ONS ONTSLAE KAN RAAK VAN MENSE WAT HULLE AAN MOORD SKULDIG MAAK!!!!

HULLE VERDIEN NIE DIE LEWE NIE,WANT MORE DOEN HY DIT NET WEER.WAT GAAN HOM KEER??

NIKS HET HOM GEKEER OM N TOTAAL ONSKULDIGE 9JAAR OUE KIND TE VERMOOR NIE.

ASSEBLIEF!!!!

BRING DIE DOODSTRAF TERUG.

Pierre Celliers ·

Juis! Neem die doodstraf weg en die inherente Woestaard neem oor en Botswana word dieselfde as Suid Afrika.

Stem saam ·

Absoluut Lance en Cecilia, ek stem saam, Botswana het streng wette en werklike strawwe en jy is veilig daar op straat, wat nog te se om n kind in n verhouding, hul speel nie met die gemors,hul bring n laksman in! Cecilia ek stem 100%, so oulike kind betaal n prys van n baie siek man, net 9 jaar, hoe kan hy homself teen so vark beskerm het! Ek hoop Katlego se Ma keer die wereld om, om doodstraf terug te kry vir jou pragtige kind, die reg het jou 9 jarige nie beskerm en dit terwyl jy jou lewe wy om te red wat die gemors beskadig! Tyd vir optrede SA

Irah ·

Die land brand af en al wat zoempie doen is bakhand staan vir ń verdomde vliegtuig.

Penellope Jones ·

Ag liewe ouers tog!! ‘n Onskuldige seuntjie van net 9 jaar oud!!!

MissDemeanor ·

My innige meegevoel aan sy mamma en almal wat lief was vir hom.

Boertjie ·

Kom almal en werk saam en hou op praat maar doen iets, begin n weblad en staan saam vir bring die doodstraf terug.Ek is seker baie lande sal dit bystaan as dit op die regte manier gedoen word. Mense regte is darem nou net te ver uit verband geruk. Die nonsens moet nou end kry en die wat die wet oortree moet nou begin leer verkeerd is verkeerd!

Joann ·

Cecelia ek stem saam. Boertjie stel jy so petisie op asb.ons sal by die duisende jou ondersteun. BRING DOODSTRAFTERUG!!!

Gesiggie ·

Jou monster…. jy was kwaad vir die Ma , maar jy haal dit op die Seun uit… hoe wreed om n kind se lewe te neem en dit oor n uitval .Ek stem saam Cecilia…. Bring die doodstraf terug, as jy iemand se lewe neem, moet jy dit nie verdien om self mee te lewe… want jou lewe kan aangaan… jy kan tronkstraf uitdien? maar die lewe van die Ma sal nooi weer dieselfde wees… om n kind te verloor… is net so goed as om jou hele lewe te verloor… jou Hart, jou Siel.. Sterkte aan die Ma… RIP Katlego…. mag hierdie Ma nooit eers daaraan dink, om die man te vergewe…

Retha ·

Waar is die doodstraf nou. So jammer vir sy mamma. Mag God haar vertroos.

chanel ·

wat dink julle gaan regtig gebeur as die doodstraf terugkom? Soveel onskuldige “ander” mense sal dan hul lewens verloor. Asb julle dink voor julle vra vir iets voordat jul die nagevolge mooi deurdink het. Goeie voorbeeld, wat van al die boere wat vir hulself opstaan en baklei? Onskuldig gaan hul lewens ook geneem word………………………………

Francie ·

Sal dit dan nodig wees vir boere om hulself beskerm Chanèl ?

Karma ·

@Chanel …. Ag, asseblief!!!!!!! “Onskuldige” mense wat hul lewens verloor. Nee wat, vrou, al is ons regstelsel nie die beste in die wêreld nie, is dit darem van so ‘n aard dat ‘n dood-strafbare misdaad werklikwaar goed ondersoek en vervolg sal word (daar is natuurlik ook die appèl-proses). Die kans dus – dat daar ‘n ‘onskuldige’ persoon – ter dood veroordeel sal word en die doodstraf uitgevoer sal word – is skraal. Ons is nie in Amerika wat staatmaak op ‘n federale en streeksraadhowe (“county courts”) waar juries benoem, gekies, afgekeur ens. ens. word en waar daar ‘n verskil is tussen ‘gewone’ misdaad en federale misdaad en die vervolg/strafbaarheid daarvan nie.

Francie ·

Sal dit dan nodig wees vir boere om hulself beskerm Chanèl ?

Maria van Dieweeck ·

Chanel hoeveel onskuldiges is dood omdat daar geen vrees by kriminele bestaan nie,? Miskien moet jy mooi dink oor die saak. Dink jy dis n beter opsie dat ons volk maar net daagliks verkrag en BAIE wreed vermoor word? Regtig! Ons woon in Afrika en dis wat mense hier verstaan

Marietjie ·

Ag nee dis verskriklik hartseer. Dis is so ondenkbaar om te dink dat ons tussen sulke monsters bly. Mag hy die straf kry wat hom toekom. Baie sterkte vir almal wat vir hom lief en dierbaar was.

Theresa B ·

Ek stem saam Cecilia. Moord ens is te maklik in hierdie land. Maar dit gaan my verstand te bowe dat die arme weerlose kindertjies moet boet vir grootmense se snert!! Mag hy kry wat hy toekom.

Antie Stienie ·

Ek dink wat Chanel oor worry, is wat gebeur met daai mag in die verkeerde hande? Kyk hoe het die ou regering dit misbuik. Om van politieke opponente ontslae te raak. My persoonlike gevoel? Ek sal daai kans vat. Bring dit terug.

MissDemeanor ·

MaroelaMedia…waarom is my komentaar verwyder? Ek het niemand persoonlik beledig nie, het nie gevloek nie en het ooknie gediskrimineer nie. Ek het genoem dat ‘rape culture’ en gewled veroorsaak word deur slegte omstandighede. Ek het genoem dat hierdie gedrag sal verdwyn as mense grootgemaak word met ‘n sin van eie waarde en respek vir ander. Waarom is my kommentaar verwyder? Email my asb en laat weet my. Was dit omdat te veel mense nie saam my stem nie. Is ek te liberaal? Ek het gehou by die bepalings en voorwaardes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.