Polisievrou skiet verdagte dood ná aanval op kollega

Argieffoto

ʼn Verdagte is Saterdagaand noodlottig gewond in ʼn skietery met twee beamptes van Johannesburg se metropolisie (JMPD).

Die oorledene en twee trawante het na bewering omstreeks 19:15 probeer om ʼn metropolisieman van sy dienspistool te beroof terwyl die beampte en sy kollega ʼn spoedkamera op die M1-noordwaarts by die Marlboro-oprit by Sandton opgestel het.

Die verdagte het die polisieman in die arm en albei bene geskiet, sê sr.supt. Wayne Minnaar van die JMPD, waarna sy vrouekollega teruggeskiet en die aanvaller meermale raakgeskiet het.

Albei polisiebeamptes is na die Milpark-hospitaal gebring en die verdagte na die Tembisa-hospitaal, waar hy aan die skietwonde beswyk het, sê Minnaar. ʼn Ongelisensieerde vuurwapen is op die misdaadtoneel teruggevind.

Die gewonde beampte verkeer in ʼn ernstige maar bestendige toestand.

ʼn Soektog is op tou gesit na die twee verdagtes wat weggekom het.

David Tembe, JMPD-hoof, waarsku enigiemand wat ʼn beampte van die afdeling probeer aanrand of doodmaak, sal met die volle mag van die JMPD te doen kry. “Ons sal doen wat dit ook al verg om oortreders aan te keer wat die regsreël in die Stad Johannesburg ondermyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Hendrik UAE ·

Ek is bly hier is n dame wat ”haar man kan staan” Goeie werk.

Gert ·

Dit is wonderlikke nuus as die JMPD wys dat hulle terug veg. Baie trots op daai dame. Hoop hulle kry daai ander twee ook. Mag die beampte wat gewond is gou herstel. Ons het meer van julle nodig.

Cherokee ·

Haar geluk sy is ‘n metro-beampte en nie Baaise student.

Neutraal ·

Kan die plaasaanvalles gewaarsku word dat hulle met die boere sal kennis maak.

Clene ·

Ek hoop die plaas aanvalle en die moorde word ook preoriteit en so behandel.

Cherokee ·

malema val almal aan oor ‘n mikrofoon maar te vrekbang op straat. Wens hy wil daai metrobeampte-dame se kollega gaan traai terwyl sy by is!).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.