Polisievrou steeds nie gevonnis ná verhouding met bendelid

Alicia Beeming. Foto: Facebook via ANA.

Die vonnisoplegging vir die voormalige lid van die Port Elizabeth-polisie se bendetaakspan wat stilgebly het oor die doen en late van ʼn berugte bendelid, tegelyk ook haar geheime minnaar, is Donderdag nóg ʼn keer in die landdroshof in Port Elizabeth uitgestel.

Dit kom nadat Alicia Beeming (34) al verlede jaar aan regsverydeling skuldig bevind is. Sy het haar verhouding met Hans Jordaan, ʼn bendelid met ʼn hoë rang, geheim gehou terwyl sy ʼn aktiewe spesialisbeampte was wat bendeaktiwiteite in Port Elizabeth se noordelike omgewings ondersoek het.

Beeming het verder ook toegang gehad tot geklassifiseerde dokumente en dossiere en het geweet waar Jordaan hom bevind, maar dit nie bekend gemaak nie, selfs al was haar eenheid op soek na hom in verband met ʼn saak van poging tot moord wat verband hou met ʼn bendeskietery in 2014.

Die vonnisoplegging, wat in April vanjaar ook uitgestel is, is Donderdag weens die afwesigheid van Beeming se regsverteenwoordiger uitgestel.

Die 34-jarige, wat nou vir die polisie se afdeling vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe werk, is vroeër vanjaar van konstabel na die rang van sersant bevorder ondanks dié aanklagtes teen haar.

Sy is vroeër ook tydens ʼn interne dissiplinêre verhoor skuldig bevind en moes ʼn boete van R2 400 betaal. Beeming is ook ʼn strafbepaling van ontslag gegee wat vir ses maande opgeskort is op voorwaarde dat sy nie in dié tyd aan soortgelyke wangedrag skuldig bevind word nie.

Die saak is tot 10 Oktober uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

De Villiers ·

Soos ek dit het is iemand se posisie in die polisie ‘n rang, nie ‘n rank nie.

Tania Heyns ·

Dagsê De Villiers

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Tania Heyns ·

Dagsê Leser

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Anoniem ·

Dit is maar stil nou dat dit n witvrou is wat betrokke is by misdaad . Waar is al die mense wat altyd so uitvaar oor misdaad nou.

Stil? ·

Die berig is skaars geplaas en daars klaar baie kommentaar.

Karolis ·

Ons drink nog koffie.
Kyk die vorige berigte. Kommentaar alreeds voldoende.

Chrisjan ·

Sluit haar toe en gooi die sleutel weg. Wat n verfoeilike daad. Hoe kyk hierdie vrou haarself elke dag in die oë?

Henning ·

Party mense het nie gewetens nie, maar verskerer hoort sulke mense nie in publieke beskermingsposte soos die polisie nie. Dan is sy nog by kinderbeskerming geplaas, arme onskuldige kinders nou in haar hande?

Leon ·

Klink meer vir my sy het hulp van iemand in senior posisie wat alles sal doen om haar daar te hou, miskien weet sy ook te veel…

Elize C ·

Leon, dit was my eerste gedagte ook. As sy ‘n senior bendelid kon beskerm van die taakspan waarvan sy deel is wat reeds op soek is na hom, kan sy ‘n kinderverkragter of gesins-geweldenaar ook beskerm as sy “intieme” bande met hom gaan aanknoop…. Ek sou haar nie eens met ‘n “desk-job” vertrou het nie, want selfs daar kan sy geweldige skade aanrig deur belangrike getuienis/dokumente te laat wegraak, of te manipuleer, terwyl DIT nou blykbaar haar oriëntasie is om sulke tipe mense te beskerm. Sy het duidelik nie die nodige morele oortuiging om op te tree en die regte keuses te maak nie.

Snowball ·

Presies! Gaan mens se verstand te bowe dat jy onder sulke omstandighede bevordering kry! Wat is die kriteria vir bevordering in die Polisie en wie neem só ‘n besluit? Dis belaglik verby!

Willie ·

Ek het nog altyd gese, as jy by die Mafia in SA wil aansluit, werk vir die SAPD.. Ek dink did verre die korrupste organisaie in SA

Dassen ·

Die ANC is kriminele beskermers en sal nie optree teen mense soos sy nie. Hulle lag misdaad af. Ons moet uit die republiek en ons eie land kry.

Wilma ·

Nou werk sy boonop by Kinder Beskerming . Wat n grooooot fout. Dis n skande en dalk net dalk kan kinders uitgebuit word ter wille van die bendes. Kry hofsaak agter rug en laat sy vi baie jare mang. Sys n verleentheid vir die mense in SA. Syt vinnig geleer by die ander korruptes in die land. SIES

Liberaal ·

Liberaliste is obsessief om haar te beskerm, vergeet van die kinders.

Elsa ·

Hierdie polisielid sal weldra opgespoor word en die volle prys betaal boomerang

Irma ·

Ek stem saam Willie. Die SAPD is in sy totaliteit infiltreer deur die mafia om die kriminêle se belange te beskerm. Daar wisse l darem seker ook genoeg geld en voordele, hande. Dan, kriminaliteit het nie velkleur nie, hou asb op om die raskaart aanhoudend te speel. Dit raak nou holrug gery.

Moeg ·

Da’s hy. So tipies van vandag. As jy bevorder wil word, word ‘n krimineel, meng met ‘n krimineel, en jou loopbaan is verseker!!!!

christa ·

velkleur tel nie ‘n punt nie. Sluit haar toe. Misdaad is misdaad en dan nog in die polisiediens.

old fool ·

heksejag. onthou bietjie, die hart laat hom nie voorskryf nie. veral wat julle ou beoordeellaars weet, is sy andersins n goeie polisielid.

Teuns ·

My eks het ‘n misdaad gepleeg toe het ek haar laat gaan al was sy anders baie oulik en mooi. Was ‘n wyse besluit, sy het later weer en groter misdade gepleeg.

Arno ·

Goeie polisielid beskerm nie misdadigers nie. Sy is korrup en hoort in die tronk. Polisielede se straf behoort dubbel te wees.

Koos B ·

Is dit 1 April ? die kan sekerlik nie waar wees nie.As dit is sluit haar toe en smyt die sleutel weg anders gaan nog onskuldige mense seerkry.

H.A. ·

You NEVER can beat them ! Go with the flow. Communist now in full flow !

Tot ·

Ook maar net tot jy met die verkeerdes tedoene kry. Laat die vrou en haard kerel boet, opgesluit word vir ewig.

Eish ·

Dit wil voorkom of die dame vinnig aangepas het in die post 94 bedeling.
Dis duidelik dat sy n meesteres is van die spelreëls.

Bekommerde ·

Ai tog en ons kort reeds so baie mense in die polisie mag.

ja nee ·

stem saam Marous, as jy net skielik ‘n verkeerde woord gebruik is daar dadelik ‘n vonnis en tronkstraf maar vir ander erger misdade is dit alewig uitstel tot oordeelsdag seker

JAN ·

Soviet Suid Afrika is al vir dekades op die planke. Ons geniet nou maar net dieselfde poeding met ‘n ander sous.
Geen korrupsie kan erger wees as wat ons na Verwoerd se moord gesien het nie. Uiters gesofistikeerde mulimedia sielkundige burgeroorlog.
My hoop op Cele die oud Koevoet …. Maar hy moet eers huis skoonmaak …
Laat ons hoop hy kom die mas op.
Hy is die Afrikaners baie goedgesind volgens berigte

Nel ·

Ek soek nie sy goedgesindheid nie – ek soek sy bereidwilligheid om plaasmoorde ‘n prioriteitsmisdaad te maak!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.