Polisievrou sterf ná skietery op Jhb-snelweg

Die voertuig waarin die polisiebeampte geskiet is. Foto: SAPD

Die voertuig waarin die polisiebeampte geskiet is. Foto: SAPD

Die vroulike polisiebeampte wat kritiek gewond is nadat verdagtes vroeër vandeesweek op ʼn polisievoertuig op ʼn Johannesburgse snelweg losgebrand het, het Vrydag aan haar beserings in die Milpark-hospitaal beswyk.

Sers. Sharon Ralinala (44) is Maandag geskiet toe sy die Goue Hoofweg saam met kollegas patrolleer het.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het vroeër aan Maroela Media gesê drie polisiebeamptes het omstreeks 14:00 ʼn verdagte wit BMW opgemerk.

“Hulle het probeer om die motor van die pad af te trek, maar die insittendes het op die polisievoertuig losgebrand,” het Dlamini gesê. Die bestuurder van die polisievoertuig het beheer oor die motor verloor en teen ʼn boom gebots. Die verdagtes in die BMW het gevlug.

Ralinala, wat agter in die polisiemotor gesit het, is in die bolyf gewond en in ʼn kritieke toestand na die hospitaal geneem. Die ander twee polisiebeamptes is nie beseer nie.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Bruno Stef ·

En dan word die Polisie met die Krugersdorp insident aangekla van moord my persoonlike opinie is dat die Polisie enige persoon wat hulle met n wapen bedreig summier moet doodskiet.Die Ultra Liberale regstelsel wat die krimineel se menseregte beskerm moet eerder getransformeer word en die Polisie toelaat om soos die oud SAP wet en orde toe te pas.

SNEL ·

Jammer dat sy nou aan haar beserings beswyk het, so onnodig, sy het net haar werk gedoen. Sterkte aan haar familie.

Chantelle ·

Rus in vrede en sterkte aan haar familie en vriende. Thank you for your service and its a sad loss to lose yet another angel in blue xx

leon ·

When is the SAPs going to bullet proof all their cars, our cops is paying the price with their lives, their is no price to high to pay when it comes to protect our men and woman in their duties. can you just think how many cops could have been saved by this prevention

Elbie ·

Hoe aaklig, die arme vrou! Rus in vrede. Niemand staan n kans teen hierdie kriminele nie, hulle is ooral om ons, gereed om te moor as iemand in hul pad staan.

Winston ·

Jammer om te hoor van nog n polisie beampte wat sommer net geskiet is. Die regering wat verantwoordelik is vir die hoë misdaad syfer, sit hoog en droog. Blameer elke keer iets anders en het elke dag nuwe uitdagings. Dit is n ramp vir die polisiemag. Bied n slag die uitdagings die hoof en pak die bul by die horings.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.