Polisievrou sterf ná stryery met eggenoot

(Argieffoto: Nico Strydom)

Genl.maj. Thulani Phahla, waarnemende provinsiale kommissaris in Mpumalanga, het Donderdag haar skok uitgespreek nadat ʼn polisievrou glo deur haar man, wat ook in die polisiediens is, doodgeskiet is.

Volgens brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, is polisie Donderdagaand na ʼn huis in Bethal in Mpumalanga ontbied.

“Beamptes het ʼn 30-jarige vrou in ʼn plas bloed in ʼn huis aangetref. Sy het ʼn skietwond gehad wat steeds besig was om hewig te bloei,” het Hlathi gesê.

Daar was glo ʼn stryery tussen die egpaar vroeër die aand wat daartoe gelei het dat die verdagte, 36-jarige sersant by die Hendrina-polisiestasie, sy vrou geslaan en geskiet het.

Nooddienste het die vrou op die toneel dood verklaar en polisie het haar man in hegtenis geneem.

Ná verdere ondersoek het die aan die lig gekom dat die oorledene ʼn polisiekonstabel by die Emzinoni-polisiestasie is. Sy was ten tyde van die voorval glo nie aan diens nie.

Die verdagte sal na verwagting Maandag in die Bethal-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

“Dit is jammer dat ʼn lid van die polisie haar lewe op só ʼn wyse moes verloor het, veral na bewering aan die hande van ʼn man wat haar en die groter publiek moes beskerm het,” het Phahla gesê.

“Daar is maatreëls getref ter wille van die gesondheid en welstand van ons beamptes. Ek doen ʼn beroep op lede van die polisie om gebruik te maak van hierdie dienste om die veiligheid van beamptes se familie en die publiek te verseker.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Anoniem ·

Skokkend. Hoe op deesaarde moet mens respek hê vir die SAP.

Ovelia ·

Dis so jammer dat n polisie vrou sooo mut doodgaan. Dis hartseer
Ek dink covit ht n groot impak op almall

Prontuit ·

Waar is die dae wat polisiekeuring so vrek streng was dat dit ‘n EER was om ‘n polisie beampte te kon word! vandag word elke jan raap en sy maat en paluka ‘n polisieman – die btji wat nog trots oor het is so dun gesaai ek wonder nog hoe hulle hulle trots elke dag hou

Blikkies ·

Veronica, Die goeie Polisiemanne wat ons nog oor het doen hulle allerbeste en is steeds Trots. Ek haal my hoed vir hulle af wat nog onder sulke omstandighede staande bly.

Misky ·

Ek dink polisie lede moet maar weer begin dienswapens inhandig as hulle van diens afgaan. Hierdie tipe gevalle styg skerp en veral oor naweke dink baie van hulle hulle is cowboys in wilde weste flieks

Stephanus ·

Sal graag wil weet hoeveel voorvalle daar die afgelope jaar was waartydens polisielede hul vuurwapens onregmatig aangewend het.

Peetjie ·

Te maklik word (die nuwe) polisie lede met wapens uitgereik, en seker word daar ook nie behoorlike opleiding aan diegene gegee nie. Word daar nie meer keuring en ondersoek gedoen oor die applikante nie? Skokkend hoeveel beamptes betrokke is by huishoudelike geweld..

Oomniklaassevriend ·

Maar gesinsgeweld is een van die redes wat aangevoer word waarom die publiek ontwapen moet word! Dit lyk my sommige polisielede kan nie eers vertrou word om pepersproei oordeelkundig te gebruik nie.

Blikkies ·

As ‘n voormalige en trotse lid van die ou SAP skaam ek my dood. Hulle stel lank nie meer mense aan wat regtig in hulle harte en siele Polisiemanne of vroue WIL wees nie, Hulle stel enige ding aan wat net ‘n job soek, sonder behoorlike kwalifikasies of goeie opleiding. Die goed kan dan nie eers ordentlik hoorbaar praat of skryf nie, dan het hulle sommer ook ‘n licence to Kill…Dit is hoekom dit gaan soos dit gaan en jammer om te se, sal nooit in my lewe ooit verbeter nie, net slegter gaan. Skande.

Alleen Wolf ·

Ek dink Bheki Cele moet die polisie mag ontwapen en ons uit los, hulle is duidelik nie geskik om ‘n vuurwapen te he nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.