Polisievrou vas ná sy wapen ‘uitverhuur’

Argieffoto ter illustrasie: SAPD

ʼn Polisiekonstabel van Bloemfontein in die Vrystaat is tydens ʼn spesiale operasie in hegtenis geneem nadat sy glo haar dienspistool aan misdadigers wou verskaf om ʼn rooftog te pleeg.

Die 34-jarige polisiebeampte sal na verwagting vandag in die Bloemfontein-landdroshof verskyn op aanklag van korrupsie, sameswering om ʼn gewapende rooftog te pleeg en diefstal.

Volgens AO Lynda Steyn, woordvoerder van die Valke, het die inhegtenisneming van die beampte, wat aan die stad se BBP-eenheid verbonde is, gevolg nadat inligting ontvang is dat sy glo beplan het om vuurwapens van haar eie eenheid te laat steel.

Lede van die Valke en misdaadintelligensie het hierna ʼn lokval vir die beampte gestel. Twee beamptes het hulle as misdadigers voorgedoen en die betrokke beampte ontmoet om die “rooftog” by haar eenheid te beplan. “Die beampte het hierna haar 9 mm-dienspistool aan die ‘misdadigers’ oorhandig.”

Die twee beamptes wat hulle as misdadigers voorgedoen het, is hierna na die BBP-eenheid in die stad waar hulle vuurwapens gaan leen het om as hul buit voor te hou vir wanneer hulle weer met die beampte sou byeenkom.

Die ontmoeting het omstreeks 22:00 by ʼn vulstasie in Bloemfontein plaasgevind en die “misdadigers” het vir die beampte hul buit, wat onder meer twee R5-aanvalsgewere en ʼn klomp ammunisie ingesluit het, gewys. Sy is hierna R30 000 vir die gebruik van haar vuurwapen betaal.

Die beampte is in hegtenis geneem nadat sy die geld aanvaar en in besit geneem het. “Daar is op haar dienspistool, motor en selfoon beslag gelê.”

Genl.maj. Kubandran Moodley, provinsiale hoof van die Valke, het beamptes geloof vir hul vinnige optrede nadat die inligting ontvang is.

“Dit kon tot ʼn katastrofiese situasie en lewensverlies gelei het as die rooftog sou plaasvind.” Hy het ook sy kommer uitgespreek oor hierdie soort misdade in die polisie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

MJ ·

Integriteit is laaaankal by die venster uit. Hoeveel ander wie hulself in hierdie posisie bevind, word nie uitgevang nie?

Sophia ·

Ek slaan my hande saam… Sal korrupsie OOIT uitgeroei kan word?

Suzette Geringer ·

Hulle kry dit wraggies reg om elke keer ‘n stap verder te gaan…. net as jy gedink nou het jy als gehoor….

Wonder net ·

Skitterende werk deurdie valke.
Nou gaan sy seker met betaling geskors word en na 2 jaar is ondersoek nog nie afgehandel nie.
Fire haar onmiddelik .
Of gaan sy nou staatsgetuie draai en nog ‘n paar name klik en dan los uitloop?

Grysburger ·

Glo nie die ou sakie sal ‘n skitterende loopbaan kelder nie.

Sy sal maar net een van die duisende op die betaalstaat word met ‘n kriminele rekord wat geensins afdanking in die gesig staar nie.

Indien sy nie “herontplooi” word na ‘n ander staatsdepartement nie, behoort sy binne ‘n paar jaar ‘n kolonel te wees.

Wielspore ·

‘n Lid van die Polisie lê ‘n eed af dat hy sy land en mense sal beskerm, wat ‘n eervolle beroep.

KrokodilBotha ·

Gemors soos die moet uit die samelewing verwyder word.

colleen ·

Dit is seker nou net geskors met volle salaris totdat die saak oor 15 jaar afgehandel word. So sal dit elke jaar steeds ‘n verhoging en bonus ook ontvang.

Michael P ·

Slaan my met n pap snoek nou het ek net mooi alles gehoor ek wonder nog al vir hoeveel word die wapen uit gehuur?

JohanR ·

As jy iemand moet bel in die nuwe Suid Afrika om nood hulp, MOENIE die polisie bel!!!

SjN ·

Goed gedoen, wys die skuldige se gesig vir die publiek, hoop sy sing soos n kanarie want sy was nie alleen betrokke nie.

Hanlie ·

Ek dink die rede vir hierdie gedrag van baie van die polisielede, is omdat daar nie ‘n behoorlike keuringsproses gedoen word as hierdie skurke aangestel word.

Chris ·

Goeie werk welgdaan. Dan wil Cele he ons moey ons wapens inhandig vir sy lede om dit aan misdadigers te verkoop of verhuur. Hy moet maar voort droom

Chris Ws ·

Dis baie knap gedaan deur die Valke eenheid.MAAR nou kom die hofsaak en dis waar die grootste gemors le.Die hof gaan tien teen een die Valke se werk ongedaan maak.EN sy sal more op borg uit wees en met volle betaling vir jare by die huis sit en smile.hulle hoord haar borg op ten minste R250,000 vas te stel maar sy sal hoogtens R1000 borg kry.Dis ‘n siek spul die regters in ons howe.

Danien ·

Dit is net nog n bewys dat daar groot fout is in die polisie mag, Hulle is uit en uit daarop om ons te vermoor. Die wit polisieman/vrou word vals beskuldig dat hulle die k word gebruik, die polisie reik vuurwapens uit aan hul lede wat glad nie opgespoor kan word tydens n moord want dit is nie geregistreer of enige ballistiese toetse op hulle gedoen dus is dit n spook wapen as mens dit so kan noem. Die polisie pleeg self diefstal en moord en nou verhuur hulle hul wapens. Lekker n. Hoe verwag die sapd dat ek moet stop wanneer hulle my wil aftrek van die pad as hulle so korrup is. Dit is n massiewe problem en niks word gedoen. nee hulle stel nog skelms aan. Wat is die verhouding van swart,wit,indier en kleurling in die polisie mag. Seker 90%swart en hoeveel van hulle is korrup. Ons lees elke dag dat daar korrupte polisie betrokke was by die een of ander misdaad.

Pottie ·

Maar ons as burgers moet ons vuurwapen lisensies hulle maak die lewe vir ons as blankes so moeilik as wat hulle kan maar hulle het al honderde vuurwapens verloor nog nie een lid van die SAP is toe gesluit nie die land is om van op te gooi

EKKE ·

Daar is ‘n spreekwoord wat sê: “moenie van wolf skaapwagter maak nie”!!!!

Hester Kuhn ·

Die vraag is hoeveel keer het sy dit al voorheen gedoen? Sy moet mos weet iemand gaan doodgeskiet word met die wapens?

emily ·

Gemors, en more loop sy weer op straat en spog oor haar deelname in misdaad.
Haal haar uit die mag uit, Begin voorbeelde maak van die skuim wat in ons SAPD diens doen.

Linda J ·

Baie goeie werk, knap gedaan. Ek glo nie sy is die enigste een nie, vir al wat ons weet verhuur sy dalk die SAPD se voertuie ook uit om die misdaad te gaan pleeg. Die SAPD is vrot van wolwe in skaap klere.

Jerry ·

Dit versterk ook maar net my standpunt dat om die SAPD te betrek by landelike veiligheid n fout is en dat die fout die DA, TLU en Afriforum nog duur te staan gaan kom!

Karinda ·

Teen die tempo wat die Valke misdaad bekamp gaan hulle een van die dae ontbind word.
Die korrupte amptenare gaan dit nie duld nie!

Mooi so Valke!!!

Niklaas ·

Nou begin haar lekker lang verlof , teen vol salaris steeds , natuurlik. Die kanse vir spoedige afdanking is maar gering , skat ek. Moontlik vervolging met aanklagte sal aanvang neem daar iewers na 2023 .

hercu ·

ek laat sak my kop in skaamte!!
Beki Chele pas seker nuwe hoedens op!!

“as die president van die land oneerlik is, is die staatsdiens korrup; wanneer slegte mense regeer is daar wanorde en korrupsie, maar ware gelowiges weet dat so ‘n regering sal val” (vry vertaal)

Leon ·

Gebeur daagliks in Suid Afrika. Insleepdienste huur gereeld radios by die polisie sodat hulle kan hoor waar ongelukke is. Sekere sekuriteits maatskappye huur polisie radios sodat hulle hoor waar is misdaad sodat hulle die eienaars kan nader vir dienste. Hoekom nie jou wapen uithuur aan ‘n misdadiger nie. Dit si groot eld. veral as hulle ‘n transito roof pleeg.
Dit is alledaags net soos moorde en plaasaanvalle.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.