Polisievrou vas oor beweerde bande met dwelmhandelaars

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Konstabel van die Tafelsig-polisiestasie in Kaapstad is Woensdag in hegtenis geneem nadat tik en ander dwelmbybehore in haar besit gevind is.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die Wes-Kaapse polisie, het Donderdag gesê die polisie se teenkorrupsie-eenheid het inligting opgevolg oor die 36-jarige beampte en ʼn klopjag by haar woning in Tafelsig uitgevoer.

“ʼn Klein hoeveelheid tik, dwelmbybehore en meer ammunisie as wat sy gemagtig is om aan te hou, is tydens die klopjag gevind,” het Traut gesê.

Die polisie het ook beslag gelê op ʼn amptelike polisiedatumstempel. “Die moontlikheid word ondersoek dat sy ʼn korrupte verhouding met dwelmhandelaars gehad het.”

Die vrou is in hegtenis geneem en sal na verwagting Vrydag in die hof verskyn.

Traut het gewaarsku dat die polisie nie sal huiwer om teen enige persoon op te tree wat die wet verontagsaam nie, selfs al is hy of sy ʼn polisiebeampte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Sumari ·

Wat de joos gaan aan met die polisie? Die “polisie” is nie veronderstel om by sulke goed betrokke te wees nie, maar dit is te lekker omrede ons is in die polisie en mag doen wat ons wil want hulle is bo ons. Hulle verwag ook ons moet hulle bel as daar fout is. Ek is jammer ek sal daai persoon wat in my huis kom self iets aan doen, want hulle is dalk nog vriende van die polisie ook. Maak dit regtig moeilik om die polisie te vrou. Sit almal net op hulle allies en ontvang geld, maar doen niks werk nie.

arie plaasboer ·

ja jong, ek het dadelik gewonder wat maak `n SAPS datumstempel daar.
Dit is tog in der waarheid iets wat slegs in `n SAPSkantoor gebruik dou word.
Maar miskien is die bedoeling gewees om die handelaars `n vrypas te gee waarmee hulle ondersoeking by `n padblokkade kon vryspring.
Sjoe, maar die mense is vindingryk. Plaas dat hulle hul verstand gebruik om hul WERK te doen.

Lettie ·

Dit is hoekom dit gaan soos dit gaan. Hulle mag maak net wat hulle wil. Dis is hoekom hulle nie van die dwelm handellaars kan ontslae raak van nie want hulle is kop in een mis met die polisie – die mense wat ons moet beskerm…….

spinnekoppie ·

Weet julle daar is nog goeie polisiebeamptes daar buite. Moenie almal onder dieselfde kamp skeer nie want ALMAL is nie korrup en skelm nie. Party van ons probeer ons beste gee………ongelukkig is dit skelm mense soos hulle wat dit moeilik maak vir opregte saps lede.

Sumari ·

Spinnekoppie ek weet daar is goeie polisiebeamptes, maar ongelukkig is hulle in die minderheid. Deesdae is dit wie kan jy vertrou in die polisie. Ek verstaan regtig dat daar polisiebeamptes is wat net hulle werk wil doen.

Beertjie ·

Sumari ek verskil van jou. Ek is ‘n polisie reservis wat grstis my tyd opoffer deur patrollies te ry, klagtes by te woon en die publiek te help waar ek kan. Ek doen dit meeste van die tyd snags oor naweke. Ek het ook ‘n gesin aan wie ek moet aandag gee. Ongelukkig was daar as gevolg van regstellende aksie mense met twyfelagtige karakters aangestel in SAP. Nou sien ons die resultaat daarvan. Daar is nog goeie polisie beamptes in die SAP, wit bruin en swart.

Sumari ·

Beertjie wonder of jy my kommentaar gelees het wat ek vir Spinnekoppie gestuur het, maar net so terloops ek verstaan daar is goeies bitter min, maar hulle is daar. Dankie Beertjie vir mense soos julle wat omgee vir die land en sy mense. Het glad nie bedoel om die wat wel hulle werk doen af te kraak nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.