Polisievrou vas wat glo dossier, bewyse vernietig

Argieffoto ter illustrasie: SAPD

ʼn Polisiebeampte van Worcester in die Wes-Kaap sal volgende maand weer in die hof verskyn nadat sy na bewering ʼn saakdossier verberg en die betrokke bewyse van die saak vernietig het.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, sê die polisievrou is Maandag op aanklagte van diefstal en dwarsboming van die gereg in hegtenis geneem.

Volgens Van Wyk het die polisiebeampte, wat sowat ʼn maand gelede vanaf Upington in die Noord-Kaap na die Worcester-polisiestasie verplaas is, glo in haar eerste maand by Worcester ʼn dossier versteek en verwante dwelmbewyse vernietig.

Die polisiebeampte se wandade is glo deur veiligheidskameras in die polisiestasie vasgevang. Die beampte is in hegtenis geneem nadat alle bewyse wat sy vernietig het, versamel is om ’n stewige saak teen haar te bou.

Volgens Van Wyk is die polisiebeampte op borgtog van R500 vrygelaat nadat die aanklagte teen haar deur die plaaslike senior staatsaanklaer aanhangig gemaak is.

Sy sal na verwagting weer op 9 April in die Worcester-landdroshof verskyn.

Lt.genl. Khombinkosi Jula, provinsiale polisiekommissaris, het gesê dié voorval dien as bewys dat die bestuur van die polisie “korrupte polisiebeamptes in [hul] geledere sal uitroei. Dit sal sekerlik as ’n afskrikmiddel vir ander polisiebeamptes dien wat in die versoeking gelei word om aan korrupte aktiwiteite deel te neem terwyl hulle veronderstel is om misdaad te bekamp.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Theresa ·

Hou haar in haar pos en gee haar bevordering. Vir hulle werk dit mos so maar nie vir diè wat regtig hulle werk doen nie.

Doring ·

Laat ek raai…sy word nogsteeds betaal totdat sy oor 10jaar ONskuldig bevind word!

lee ·

Dis sleg – en dis jammer !!
Sulke skelm vrot appels gee die Polisie én Metro Polisie ongelukkig ‘n baie slegte naam.

willem Botha ·

Salarisse diewe wil nie werk nie net salaris verdien en natuurlik is die omkoopgeld die bonus ,intussen kraai hulle vernote die regte skelms koning.

Willie ·

Genade op R500 uit, vir n kamtige wets toepasser… Ja nee binne kort is n Brigadier, en die bors hang vol medaljes!

Frikkie ·

Skaars “oorgeplaas” en toe vernietig sy die goed…..klink v my beplan…

Nuuskierig ·

Ons leef in ‘n moderne tyd – is dit nie tyd dat daar afskrifte neem foto van elke bladsy en stoor dit op 3 verskillende plekke (oupa/pa/seun beginsel) so kan daar nooit net goed wegraak nie. Ons moet werk skep in Suid Afrika – verantwoordelike klerke kan die vaslegging doen.

blomkind ·

Verbaas my GLADNIE.
Niks in die nuus kan meer my mond laat oop hang nie, die plek waar ons woon raak net alhoe erger elke dag, hoe moet mens kinders groot maak in die siek plek!!

Db ·

Ja blomkind stem saam. Niks kan my meer skok nie want alles is al deur hierdie vervloekte wesens in hierdie land gedoen. Nou word die skade net groter maar die dade bly dieselfde en sal dit vir altyd so aangaan tot daar niks meer oor is nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.