Polisievrou vermoor: Nog twee vas

Ao. Michelle Stephenson. Foto: Facebook

Ao. Michelle Stephenson. Foto: Facebook

Nog twee mans is in hegtenis geneem nadat ao. Michelle Stephenson, die polisievrou wat verlede week in haar huis in Vanderbijlpark vermoor is, se vuurwapen glo in hul besit gevind is.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee mans het reeds vandag in die Sebokeng-landdroshof verskyn op aanklag van die onwettige besit van ʼn vuurwapen. Terselfdertyd het nog twee verdagtes in die Vanderbijlpark-landdroshof verskyn in verband met Stephenson se moord.

Een van die verdagtes wat van Stephenson se moord aangekla word, het na bewering vir haar as ʼn tuinier gewerk. Dlamini kon dit egter nie onmiddellik bevestig nie.

Maroela Media het vroeër berig Stephenson se liggaam is verlede Dinsdag in haar huis gevind nadat sy nie vir werk opgedaag het nie en iemand ondersoek gaan instel het. Sy is met ʼn stuk lap verwurg. Die verdagtes het vermoedelik deur ʼn klein deur toegang tot die huis verkry en verskeie items is uit die huis gesteel.

Maroela Media wag vir terugvoer van die polisie oor die uitkoms van die hofverrigtinge.

Stephenson was ʼn bekende in die gemeenskap, veral as die stigter van Jessica’s Wall of Life, ʼn muur waarin weggooibabas geplaas kan word met die oog op versorging.

Lees alle vorige berigte oor Michelle Stephenson op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

wilma ·

Nog n moordenaar bekend aan die slagoffer. Ai mense hierdie govt sal nooit ingryp ni want hul weet dis hul mense wat wittes uitroei en die govt geniet dit. As Zuma sy walglike laggie lag klink hy so waansinnig

Elsabe ·

Nou ja, volgende vraag? Hoekom gee ons hulle nog werk? Ons gaan maar moet ons hande uit ons sakke haal en self werk né. Werkloosheid is alreeds hoog en dan nou dit??? In die afgelope paar dae se moorde op witvrouens, huishulp en tuiniers! In 2000 het ons al te doen gehad met hierdie hebsugtigheid, my skoonpa is vermoor vir n R100 wat die tuinier vir sy vriende vertel het, is n man met GELD. Net ter verduideliking hoe ek so bitter is: almal in die buurt en omgewing weet wie die moordenaars is maar is nooit inhegtenis geneem of gevonnis nie. Dit mense is die realiteit van die nsa

Hannie ·

Ek dink so in my enigheid, wanneer sal ek Maroela nuus lees waar geen berigte van moord en dood oor berig word? Sal maar aanhou bid.

miv ·

Dankie Maroela dat jul ons oor al die misdaad in ons land inlig, dit hou ons op ons hoede.

Skokkend ·

M, goeie en baie hartseer vraag!! Hulle kan maar in hul klompe op 1 of 2 slagoffers toesak, maar hul gaan een een in die hiernamaals voor God staan!!! Ek bly bid vir SA

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.