Polisiewa in hinderlaag gelei, 20 ontsnap

Argieffoto: Phillip Bruwer

Die polisie het ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur na 20 verhoorafwagtende gevangenes wat Dinsdagmiddag uit ʼn vangwa in Johannesburg ontsnap het.

Kol. Lungelo Dlamini, provinsiale polisiewoordvoerder van Gauteng, het Woensdag gesê ʼn polisievangwa het die gevangenes teen 16:00 van die Johannesburg-landdroshof na die Johannesburgse Korrektiewe Dienste vervoer toe die ontsnapping plaasgevind het.

“Die vangwa is by Pat Mbathaweg naby die South Gate-treinstasie in ʼn hinderlaag gelei. ʼn Groep swaargewapende mans het met gewere toegeslaan en die wa se deur oopgebreek voor die gevangenes ontsnap het,” het Dlamini gesê.

Polisiebeamptes is nie tydens die voorval beseer nie.

Die ontsnaptes word aangekla van verskeie misdrywe waaronder gewapende roof, huisbraak, diefstal en die besit van dwelms.

Een van die gevangenes is reeds tot 17 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan gewapende roof.

Dlamini het gesê meer inligting oor die ontsnaptes sal binnekort bekend gemaak word.

Verskeie leidrade word opgevolg om hulle op te spoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Ewoud ·

Is dit nou nie vir jou lagwekkend nie? Dit klink soos iets uit ‘n Hollywood movie. Hulle het eenvoudig net geen vrees vir die polisie nie.

Marietjie ·

Hierdie is vir my geen lokval nie. Dit klink vir my te maklik. Dit vooruit beplan.

Robert ·

Klink vir my net soos tonele uit flieks wat ek al gesien het. Hier was natuurlik geen polisie eskort na die tronk toe nie en die kriminele het dit geweet, ai tog!!

Sw ·

Ek sal ook glo dat inligting uitgelek is na kriminele. En dat daar vooraf observasie en beplanning is.
Regstellende aksie berokken hierdie land erg skade want indiensnemings gaan oor kleur en nie oor vermoë of integriteit nie.

Adriaan ·

Het min Fikile Mbalula al hieroor uit die veiligheid van sy kantoor getweet, of reserveer hy sy tweets vir situasies wat by KFCs ontstaan?

Andre ·

Ek het lekker gelag, thanks!

Jy weet mos ons het nie ‘n minister van polisie nie, net ‘n minister van rasisme!

Catryn ·

Nee wat dis nie ‘n hinderlaag nie, sou dit wel een gewees het, was daar op polisiebeamptes geskiet of gedood. En moenie kom vertel dis nie binne inligting nie wie het geweet daarvan, en hoekom was soveel misdadigers, 20 nie beter beveilig om nie te ontsnap nie. Het nogal opgemerk hoe daar soveel polisievoertuie soms vir blankes gebruik word, blankes word voete en hande vasgeketting, teenoor die 20 ernstige misdadigers, nee wat, samewerking van binne – dis hoe die een hand die ander een was ..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.