Polisiewaghond kry nuwe (waarnemende) hoof

(Argieffoto: SA Polisie)

Die minister van polisie het Patrick Setshedi as die waarnemende hoof van die polisie se onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) aangestel.

Setshedi, ʼn ouditeur, is tans ʼn senior bestuurder by Opod en was tot onlangs die waarnemende hoof‑ finansiële beampte by die instelling.

Sy voorganger, Victor Ofentse Senna, se termyn het na 12 maande op 29 Februarie verstryk.

ʼn Versoek om die spertyd vir die aanstelling van ʼn nuwe hoof met twee maande uit te stel, is goedgekeur.

Bheki Cele, minister van polisie, het Senna vir sy bydrae die afgelope jaar bedank en Setshedi sterkte toegewens vir die volgende twee maande in die pos.

“Ons moet as ʼn span saamwerk en deurlopend verseker dat Opod toegelaat word om sy wetlike mandaat na te kom in die beste belang van die gemeenskappe wat ons dien,” het Cele gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Naas

Cele sal sorg dat een van sy lakeie aangestel word.