Polisiewaghond ondersoek bloulig-voorval

(Foto: Maroela Media)

Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) stel ondersoek in na die gebeure op die N1-hoofweg in Gauteng die afgelope naweek waar lede van die polisie se BBP-beskermingsdienste by die beweerde aanranding op drie motoriste betrokke was.

ʼn Video van die voorval is op sosiale media gedeel en het sedertdien ʼn herrie ontketen.

Robbie Raburabu, woordvoerder van Opod, sê die direktoraat se ondersoekers was reeds in verbinding met die slagoffers se families sodat hulle hulp kan kry om strafregtelike klagtes aanhangig te maak.

Opod wil ook die slagoffers se werkgewers nader om met die ondersoek te help. Raburabu het nie verdere besonderhede verskaf oor hoe die werkgewers moontlik met die ondersoek kan help nie.

Hy sê die bestuur van die polisie gee ook hul volle samewerking.

Die voorval het volgens Opod Maandag op die N1-noord in die omgewing van die Sandton- polisiestasie afgespeel.

Daar kan in die video van die voorval gesien word hoe beamptes van die polisie se BBP-beskermingsdienste drie insittendes uit ’n Volkswagen Polo langs die snelweg pluk voordat dié mans herhaaldelik geskop word.

Die polisiebeamptes spring dan terug in hul BMW X5-voertuie en jaag weg.

Adj.pres. Paul Mashatile se kantoor het intussen bevestig die beamptes is lede van sy presidensiële beskermingseenheid.

Gedrag onaanvaarbaar

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, sê die polisiebeamptes se gedrag skep vrae oor die opleiding en professionaliteit van die beamptes. “Indien hulle professioneel opgelei is, sou hulle geweet het om hul humeur te beteuel, ongeag die situasie.”

Die presiese besonderhede rondom die voorval is nie duidelik nie. Dit wil egter nie voorkom of die voorval tydens ’n amptelike begeleiding van Mashatile plaasgevind het nie.

Groenewald sê dit is onaanvaarbaar vir lede van so ’n spesialiseenheid om motoriste uit hul voertuie te sleep en aan te rand.

“Dit skep boonop ’n sekerheidsrisiko vir die persoon wat veronderstel is om beskerm te word.”

Groenewald gaan die parlement se portefeuljekomitee oor polisie versoek om die saak verder op te volg. “Die minister sal moet verduidelik waarom die lede so aggressief opgetree het.”

“Hulle is duidelik nie geskik om vir die BBP-beskermingsdiens te werk nie en sleep die naam van die eenheid deur die modder. Die lede behoort onmiddellik geskors te word en daar moet dissiplinêr teen hulle opgetree word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

JohanR ·

Kom ons se maar in Engels…..why bother? Nothing will happen with or about the incident, and nothing will happen to the perpetrators. This is the ANC ‘s MAFIA South Africa state after all!

Danie ·

Hulle werk nog vandag en more en volgende jaar met volle bonusse en goeie bevorderings.Goeie voorbeeld vir ander om te volg.

Manie ·

Vra die EFF om voor Cele se kantoor te gaan dans, daar sal dalk dan iets van kom.

domheks ·

Ek hoop die 3 persone wat aangeval is dagvaar die GEMORS in hul persoonlike hoedanigheid! Geen belasting betalers geld nie!

Kokerboom ·

Dit was die laaste strooi wat kameel se rug breek. C Ramaphosa moet nou optree! Die gemors terroriseer publiek al jare!

Kattebol ·

Een van die drie BBP beskermingseenheid lede gaan die volgende polisiehoof word, met die ander twee as sy comrades.

George ·

Met wapens reeds getrek. As jy n wapen uitneem is jou intent om hom te gebruik.

Sêmanet ·

Daar is vuurwapens ook in die aanranders se hande. Hierdie was beplan.

Jaco ·

Ek het die video op YouTube gesien. Beide die polisie en die slagoffers is almal van ramaphosa se our people. Vreemd. Wit slagoffers kon ek nog “verstaan” as seker maar net nóg ‘n terugkry vir apartheid. Maar waarom is hulle so lelik met hulle eie mense? Hoe dan nou???

Danie ·

Tyd het verander verstaan jou vraag.Deesdae maak kleur nie meer saak vir polisie brutaliteit nie.

Jannie van Niekerk ·

Paul Mashatile sal beslis sorg dat hierdie kriminele niks oorkom nie. Na regte moet hulle sonder betaling geskors word en nadat hulle skuldig bevind word permanent uit die SAPD ontslaan word sonder pensioenvoordele. Dan moet hulle ook vir ‘n minimum tydperk van 150 jaar tronk toe gestuur word sonder keuse van boete, bortog of parool. Ontbind ook Genl Rhoode se Beskermingseenheid van die SAPD. Geen kabinetslid of parlementslid het beskerming nodig nie. KIesers wel.

Milestone ·

Ek stem saam dat die beskerming heeltemal oordoen word. Sit die persoon in ‘n ongemerkte voertuig met ‘n lyfwag of twee…….niemand sal eens weet dit is ‘n minister nie. Maar nee, blou ligte het ‘n status simbool geword vir die BBP en vir die “detail” die chip op die kouer gegee om te intimideer en rampokkers te wees. Volgende beroep……highway robbers……het klaar die opleiding.

Marina ·

Geloofwaardigheid voor kundigheid. Dus: regstellende/ wegstellende aksie! As daar net een voorveteiste vir die keuring van polisie beamptes is, kry mens sulke boelies.

George ·

Hierdie gedrag van die VIP beskermings eenheid moet met wortel en tak uitgeroei word…en dis nie die eerste of enigste geval van geweld wat deur die VIP beskermings eenhede gebruik is nie …daar is tien vorige gebeurtenisse ook….dis n teken van swak disipline ….swak bestuur….swak opleiding en n pateties SAPD departenent onder n ewe swak minister van polisie Cele …maak skoon van bo af want n vis vrot van die kop af ????????????

kommentaar ·

Wat n nuttelose nuttelose nuttelose klomp. En getrou aan die anc weet ons niks gaan gebeur nie want die anc faal in alles

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.