Polisiewaghond ondersoek lughawe-skietery

Argieffoto

Argieffoto

Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek Woensdagaand se voorval waar ‘n polisiebeampte drie mense gewond en homself daarna doodgeskiet het by die Kaapstadse Internasionale Lughawe.

“Die bewerings is dat ‘n 44-jarige polisiekonstabel van Lentegeur-SAPD (Vispol) sy maat en twee ander kliënte by die Ocean Basket-restaurant binne die lughawegebou geskiet en gewond het,” het Moses Dlamini, woordvoerder van Opod, in ‘n verklaring gesê.

“Die beampte het homself daarna in die kop geskiet. Hy is op die toneel dood verklaar.” Dlamini sê die voorval was glo die gevolg van ‘n argument tussen die polisiebeampte en sy maat. Die beampte het haar in die bors geskiet.

“Opod is in kennis gestel en was op die toneel. ‘n Voorlopige ondersoek is onderweg om die omstandighede rondom die voorval vas te stel,” het Dlamini gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

ekke ·

Waar gaan diebdinge heen…’n man wat eintlik na my en jou veiligheid moet omsien ne! Sad!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.