Polisiewaghond ondersoek nóg ʼn sterfte

Polisielede op patrollie in Limpopo tydens die afsonderingstydperk. (Foto: SA Polisie/Twitter)

Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) sê hy ondersoek die dood van ʼn man van Soweto, nadat die polisie hom glo drie dae gelede aangerand het.

Sontaga Seisa, Opod-woordvoerder, het gesê die 23-jarige man is glo in die omgewing van Naledi-Zola aangerand.

“Hoewel hy behandeling by ʼn plaaslike mediese fasiliteit gekry het, het die man Sondag by sy huis gesterf,” het Seisa gesê.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie en dit is nie bekend wat tot die beweerde aanranding gelei het nie.

Dit is die soveelste geval van beweerde hardhandige behandeling deur lede van die polisie óf weermag wat sedert die inwerkingstelling van die staat van algehele afsondering aangemeld is.

Opod het aan die begin van die maand reeds tientalle klagtes teen lede van die polisie ontvang en dit het toe al agt sterftes ingesluit.

Die kantoor van die militêre ombudsman het intussen Sondag gesê hy ontvang steeds klagtes van lede van die publiek oor die weermag se optrede in dié tyd. Die ombudsman het reeds 28 klagtes ontvang waarvan minstens 15 klagtes van mense waarin beweer word dat die betrokke weermaglede hulle aan buitensporige geweld en fisieke mishandeling skuldig gemaak het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jan

Ontplooi die buurtwag . Hulle moet die poliesie gaan opas????????????

Bernard

Ek praat dít wat hierdie polisie en weermaglede doen, gladnie goed nie maar nou kan ek jou ook verseker, ván hierdie gevalle is dalk ook as gevolg van provokasie.
Al hierdie mense wat so aangerand is was dalk nié heeltemal so onskuldig soos wat hulle nou voorgehou word nie.

Rodger17

Provokasie of te nie,wie gee polisie en weermag die reg om te moor?

Sonneblomkind

Ai tog. Kan ons nie maar BUURTWAG EN GPF ONTPLOOI om die Polisie te help nie. Dan sal daar minder sake teen Polisie wees.

Marina

Wel, die polisie en weermag is mos nou aangestel om ‘n ogie te hou, dit sluit seker geweld in