Polisiewaghond ondersoek ‘rower’ se dood

(Foto: SA Polisie)

ʼn Polisiebeampte is Maandag in die vroeë oggendure in Muizenberg in Kaapstad gewond toe vermeende rowers op hom en ʼn kollega losgebrand het.

Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) het in ʼn verklaring gesê die beamptes wat aan diens was, het ʼn verdagte voertuig in Strandweg geïnspekteer toe die drie vermeende rowers hulle aangeval het.

Een polisielid is vier keer in die skouer gewond.

“Die twee polisiebeamptes het teruggevuur en ʼn gewapende volwasse man doodgeskiet. ʼn Vuurwapen is op die toneel gevind,” het Sontaga Seisa, Opod-woordvoerder, gesê.

Die man se twee makkers het van die toneel gevlug.

“Opod ondersoek die omstandighede rakende die ongeïdentifiseerde oorledene se dood, terwyl die polisie ʼn poging tot moord op die polisiebeampte ondersoek.”

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Outa ·

Wel, hulle het ingehandigde vuurwapens uit die polisie kluise gekoop of gestroop. So vertel ons asseblief hoekom !oetnons gaan inhandig. Ek het al 17 maande gelede n hernieude nevlegdheids kaartjie gekry en wag steeds vir my hernieude wapen lisensie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.