Polisiewaghond skors verskeie hoës

Die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) het verskeie van sy senior bestuurders voorlopig geskors.

Die stap kom ná ʼn verslag van die ouditeur-generaal (OG) waarin dié aanbeveling gedoen word. Opod wou nie uitbrei oor hoeveel van sy beamptes geskors is, of wat presies die klagtes teen hulle behels nie.

Sontago Seisa, Opod-woordvoerder, het gesê die besluit is geneem om die betrokke amptenare tyd en ruimte te gee om hulself teen die bewerings te verdedig.

“Die departement glo die teenwoordigheid van die betrokke amptenare in die werkplek, veral as senior bestuurders, kan moontlik die interne proses, wat met beweerde wangedrag verband hou, in die wiele ry,” het Seisa gesê.

“Die skorsing van die amptenare is ʼn voorsorgmaatreël en nie ʼn bevinding nie.”

Die departement sal binne 60 dae ná hul skorsings tugverhore hou en het in die afwesigheid van die amptenare tydelike bestuurders aangestel om dienslewering te verseker.

“Omdat dit ʼn interne kwessie is, vra die departement ruimte om die interne proses te hanteer sonder dat enige van die betrokke partye benadeel word,” het Seisa gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Magda ·

Hoop sonder salaris -want deesdae is dit die IN DING – gaan werk toe – doen NIE wat jy moet doen nie = word geskors met pay – so nou het jy n lekker laaaaang vakansie. HOU op ons ONS . MY geld te mors. skors sonder betaling as hulle onskuldig bevind word – sal daar terug betalings wees, ander word jy gevonnis.

SomeOne ·

skors die persoon sonder betaling, en as dit nie gaan geskied nie en hy/sy word verhoor en skuldig bevind, hoef ons nooit weer vir die salaris pa te staan nie

FM ·

Ek hoop dat hierdie wiel van geregtigheid bietjie geolie is dat dit vinnig draai

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.