Polisiewerker vas ná aanval op Coligny-boer

Argieffoto (Pixabay)

Argieffoto (Pixabay)

Een van die verdagtes wat Woensdag vasgetrek is nadat ʼn boer van Coligny op sy plaas oorval en aangerand is, is ʼn werknemer van die polisie.

Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat die verdagte ʼn administratiewe klerk in die polisie is.

Maroela Media het vroeër berig dat Peet Nortjé (76) omstreeks 16:45 op sy plaas Kareebosbult deur vier verdagtes oorval is. Piet Pretorius, wat saam met Nortjé in die plaaslike kerkraad dien, het gesê dat hy en die gemeenskap se predikant Nortjé Donderdagoggend besoek het.

“Hy is geweldig getraumatiseerd en emosioneel,” het Pretorius gesê. Hy het gesê van Nortjé se vriende is tans by hom om hom by te staan.

Volgens Pretorius is Nortjé ʼn gesiene boer in die gemeenskap wat al jare met skape, beeste en mielies boer. “Hulle was besig om op die lande te baal toe hy teruggestap het huis toe. Daar het die rowers hom oorval en sy voete en hande met draadhangers vasgemaak, hom geskop en erg aangerand. Hy het die kluis se sleutel by hom gehad en hulle het dit afgevat en sy vuurwapens uit die kluis gesteel voordat hulle gevlug het,” het Pretorius gesê.

Hy het gesê Nortjé kon daarin slaag om sy voete los te wikkel en het teruggestap na die lande toe waar die balery steeds aan die gang was om hulp te kry. Hy is nie in die hospitaal opgeneem soos voorheen deur die polisie beweer is nie.

Nortjé het alleen gewoon nadat sy vrou ongeveer ʼn jaar terug oorlede is. Albei sy seuns is reeds op ʼn jong ouderdom dood.

Sers. Kelebogile Moleko, polisiewoordvoerder, het vroeër gesê twee verdagtes is tussen Coligny en Klerksdorp vasgetrek. Die ander twee is steeds op vrye voet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

neelsie ·

Hoe goed is jy voorbereid vir n aanval?
Is jou honde opgelei en altyd by jou ? Dag en nag?
n Handwapen het geen waarde in die kluis nie.
Wees wakker en verdra die “ongerief”van waghonde en dra van handwapens.
Peet, wens jou sterkte toe.

steve ·

Stem volkome saam asb boere haal daai vuurwapens uit die kluis en dra dit asb heeltyd by jou soveel plaasaanvalle kan gekeer word deur net daai wapen by jou te hou ten alle tye

HEVW ·

Daar moet sekerlik leiersfigure in die boeregemeenskap wees. Doen tog n ernstige beroep op alle boere. MOET NIE JUL VUURWAPENS IN JUL KLUISE BERE NIE. Jul is besig 100 de moordenaars te bewapen. As dit nie meer in gebruik is nie, maak n plan. Van die goed is jare laas gebruik. As dit dan moet blok hul lope sodat sommiges se oe weggeblaas kan word. Moontlik kan boeregemeenskappe daaraan dink om n sentrale veilige magasyn met baie veilige kluis te skep waar dit onmoontlik is om in te breek. JA, DIT IS MOONTLIK!!!!

Dave ·

Kon nie help om te glimlag vir jou woorde (al het ek geweet wat jy bedoel): ……. ‘waar dit onmoontlik is om in te breek. JA, DIT IS MOONTLIK!!!!

Landie ·

Ek stem saam HEVW. As jou vuurwapen nie aan jou lyf is nie, raak ontslae van dit. Moenie dit in kluise of iewers in jou huis wegsteek nie. As daar minder vuurwapens in omloop is, sal daar minder sulke gevalle wees. Dieselfde geld vir kontant & juwele. Vat dit bank toe maar moenie dit in jou kluis by die huis bere waar werkers of ongewenste besoekers dit kan sien of van dit weet nie.

Theresa ·

En jy mag nou nie vloek nie………………………???!!!

boer ·

En so word daar “inside information” bekom,watter boere vuurwapens besit,
en dan is dit natuurlik n maklikke teiken

Gaie Botha ·

Die probleem is jou eie plaasvolk,hulle vertel nie alles wat hulle weet,van vreemdelinge wat op die plaas ,laasnag aangekom het,wat kos kom vra het,en waarheen daardie mense op pad is,en van waar hulle kom,hulle is so vriendelik met die “plaasvolk” dat hulle die mense vertrou,dan begin die geselsery,en dan volgende week kom die vreemdelinge terug,hulle ken mos nou mekaar,hulle is nou familie,en geniet ook die persente wat vir hulle aangebied is,,,,,,en dan slaan hulle toe,,,,hulle het die wereld se tyd!,,,,,hierdie plaasaanvallers,maak eers die plaasvolk mak,en dan slaan hulle toe! Vrees en afpersing het ook n groot inset by jou plaasvolk wat hulle ondervind by die “plaasaanvallers”

boervrou ·

Dankie vir almal se insette, maar, dra jou wapen en die werkers kla dat hulle bedreig en onveilig voel. Almal sien jy dra ‘n wapen, maak nie saak hoe goed jy hom wegsteek nie en wanneer jy aangeval word kom die aanvallers met alle mag en krag, en skiet hulle voor jy ‘n kans het om jouself te verdedig. Weet julle hoe voel dit om heeldag en aldag ‘n vuurwapen te dra? Ons wil boere wees, dis waarmee ons groot geword het en wat ons ken. Honde, getroue werkers ens. gaan nie die probleem oplos nie, Die beste kunsmis in die land is die boer se voetspoor – daarom is jy blootgestel. Boere doen hul bes, hulle moet dorp toe, moet laat uitgaan om ‘n dier te help, werkers te help en na donker tuiskom na ‘ harde dag se werk. Bid vir die boere van SA en se elke dag dankie dat die beker by jou verby gaan, Bid ook vir die naasbestaandes dit is baie moeilik vir die naasbestaandes. Plaasaanvalle is hartseer en onnodig en is gebore uit haat, afguns en misverstande.

pieta ·

Kan nie meer met jou saamstem nie Boervrou, maar WAT anders as om heeltyd wapen by jou te dra? Dan het jy immers ‘n kans.

Dave ·

Boervrou, soos Pieta stem ek ook met jou saam maar al is dit lekker om die wind deur jou hare te voel speel is dit is ‘n dom motorfietsryer wat sonder ‘n veiligheidshelm ry.

NEL ·

Alweer ‘n kader van die polisie betrokke. Wat soek ‘n administratiewe klerk 16h30 op n plaas buite Coliny, is hy nie veronderstel om in diens te staan en my belasting geld te verteer nie.Die polisie weet inelkgeval nie wie aan diens is en wie nie. Daar is seker ‘n hele spul in die mag wat nie eens by die werk opdaag nie, maar elke maand sy salaris verdien. Ek soek nog ‘n beter woord as pateties as ek net mag sal dit ‘n vloekwoord wees.Sterkte aan Oom Peet.

Reg ·

Sterkte aan die bejaardes wat beseer en die jonges wat ul plek wil volstaan. Die polisiemag moet van bo af skoongemaak word. Diemag moet lede kry wat omgee vir die man opstraat.

annette duvenhage ·

Soos wilde honde…….kom altyd in “packs” ….en dan sorg hulle dat dit ‘n weerlose ou mens is. Gemors.

david ras ·

…en sorg dat dit ‘n weerlose ou mens is….. Korrek Annette, en dit stam uit die volgende aanhaling:
uit die dokumentasie van die beplande rewolusie van die ANC in 1963 -kodenaam Operation Mayebuye :”in this phase of our guerrilla operation……SHAMELESSLY ATTACK THE WEAK, AND SHAMELESSLY FLEE FROM THE STRONG”
Peet Nortje , 76 jaar oud val seker onder “the weak “?
Dit wil darem alteveel lyk of Mayebuye (waarvoor Mandela , Fischer en andere trunk toe gestuur is) nie in 1963 dood is nie, maar weer later veral na 1994 weer herleef het !
Hoeveel bejaardes, vrouens en kinders moet nog wreed vermoor word voordat mense die verskuilde terrorisme gaan raaksien?

HEVW ·

Ek stem saam met BOERVROU. Ek skryf dit met hoofletters want ek het soveel waardering vir ons boere en ek is self n boer in Namibie. Ja dit is teen ons natuur en kultuur om heeldag bewapen te wees. Ons is aan n hemelse grenslose vryheid gewoond. Dit is deel van ons boerwees. Maar die tyd het onherroeplik verander. Ons sal daarby moet aanpas. (so hartseer). Vir dekades al moes die bevolking van Israel daarby aanpas. Selfs oral in stede is bomskuilings. Veral in die noorde van Namibie moes ons daarby aanpas. Genadiglik is die ruimtes weer ons sn en kan n mens weer byna orals langs die pad aftrek en slaap. Geen land is egter totaal veilig nie. Dit is net baie, baie teleurstellend dat daar so baie boere is wat al in n kritieke stadium absoluut nog boggerol gedoen het om hul te beveilig. Weinig gemeenskap- organisasies is al op die been gebring. Ons moet dit tog insien ons is vasgevang in n tyd waar daar haat teen die blanke aangeblaas word en dat daar van die kant van die regering geen of weinig simpatie is. Duidelik daar is n agenda wat nie eens meer verskuil is nie. Die regering het ook sy meelopers in die internasionale wereld en die uiteindelike doel moet bereik word. Dit is nie aangeblaas nie. Dit is n werlikheid.

Loukie ·

Ja nee,die polisie weet wie het en waar is jou kluis,daar word net niks gedoen nie,

Weezie ·

En hier word die skelms weer beskerm hoor, hoekom sê hulle nie wat is sy rol in die Polisie? Noem bietjie sy naam. ….. Sterkte aan oom Peet.

Dave ·

Ag nee Weezie, lees ma wee! Wat hy voorgee om te doen is somer al in die tweede paragraaf geskryf.

Johannes Meintjes ·

Al bg. en dan nog ‘n nasionale burgerlike beskermingsnetwerk waarby alle buurt en plaaswag, GPF, AfriForum, sekuriteitsmaatskappye, instansies en verbindings kan integreer en statistieke asook modus operandi kan ontleed. Tans word ons boere nog te veel aan eie risko oorgelaat (Bv. moet of moet ek nie vuurwapen dra. Dis ‘n saak van lewe en dood, en beslis nie ‘n gewidheidskompetisie vir die plaaswerkers nie!). Ons sal self onder mekaar en met effektiewer samewerking die reputasie van Zero Verdraagsaamheid (en injury to one farmer is an injury to all farmers) rondom aanvalle op blanke plaasboere onomwonde moet bewerkstellig, vestig, verfyn en instandhou.

Nick ·

Neem in ag. Skiet hom en word aangekla vir moord! Alle verdraaiings van die waarheid mag volg tydens die hof saak. Tog is dit seker beter as om vermoor te word?

Gina ·

Hoekom dra mense nie panic button met hul saam. Ten minste kan hul dan weet hulp is oppad.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.