Politici, sakemanne verwelkom S&P-aankondiging

Argieffoto

Argieffoto

Politici van albei kante van die spektrum en verskeie sakemanne het Vrydag die besluit deur Standard & Poor’s (S&P), om Suid-Afrika se kredietgradering onveranderd te laat.

S&P het bevestig lang- en korttermyn buitelandse en plaaslike geldeenheidgraderings bly onderskeidelik op “BBB-/A-3” en “BBB+/A-2”.

“Die besluit is ʼn beloning vir die kollektiewe poging van alle Suid-Afrikaners wat alles in hul vermoë gedoen het om Suid-Afrika eerste te stel toe ons saak aan die kredietgraderingsagentskappe voorgehou is,” het Enoch Godongwana, voorsitter van die ANC se subkomitee van die nasionale uitvoerende komitee oor ekonomiese transformasie, gesê. “Pres. Jacob Zuma en Pravin Gordhan het met ʼn aantal uitvoerende hoofde en die arbeidsmark gewerk om die ekonomie om te draai en vertroue in die ekonomie te verstewig.”

Godongwana het gemaan dat die S&P sy negatiewe uitkyk behou en dat die volgende ses maande kritiek gaan wees in die poging en strewe om die ekonomie om te draai.

David Maynier van die Demokratiese Alliansie het op sy beurt gesê die goeie nuus is dat Suid-Afrika ʼn “ekonomiese skoot gemis het” deur nie tot rommelstatus afgegradeer te word nie. “Dit voel soos ʼn wonderwerk dat S&P ons nie afgegradeer het nie, ondanks pres. Zuma se uitgerekte ‘vuil oorlog’ teen die minister van finansies, Pravin Gordhan, en die nasionale tesourie.”

Maynier het gesê die regering moet nou agter Gordhan staan en die strukturele hervormings instel wat nodig is om die ekonomie ʼn hupstoot te gee, werkloosheid te verminder en die ‘zombie’- staatsbeheerde ondernemings, soos die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) om te draai. “Ons durf nie die gevolge van ʼn afgradering tot rommelstatus onderskat nie. Dit sal almal raak en niemand sal dit vryspring nie,” het Maynier gewaarsku.

Die Bankvereniging van Suid-Afrika (Basa) het in ʼn verklaring, namens groot ondernemings, gesê besigheid, arbeid en die regering het in ʼn verenigde front op verskeie inisiatiewe saamgewerk om ʼn afgradering te verhoed en hoër vlakke van volgehoue en inklusiewe groei oor die afgelope ses maande te verseker. “Die aankondiging deur S&P is dus bemoedigend in dié verband en belangrik, aangesien dit een mylpaal was op die pad om seker te maak daar is groei op alle vlakke en dat werkloosheid, armoede en ongelykheid sinvol aangespreek kan word.”

Basa het gesê die groep van 90 uitvoerende hoofde wat saam met die regering en die arbeidsmark gewek het, is toegewyd tot die ekonomie op die langtermyn.

Die Kamer van Mynwese het ook die besluit verwelkom. “Ons is tevrede met die aankondiging. Dit is in lyn met die realiteit van die situasie,” het Roger Baxter, uitvoerende hoof, gesê. “Daar is nou geen ruimte om op ons louere te rus nie. Die Kamer sal sy deel doen om saam met ander elemente van georganiseerde besigheid, die regering en die arbeidsmark te werk om die kredietgraderingvlak te behou, en dit hopelik, uiteindelik, te verbeter.”

Lees alle vorige berigte oor Standard and Poor’s op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Jan maak n Plan ·

Wat sal die politici hulle nou oor die rommelstatus wil bekommer. Hulle bekommer hulle self mos nie eintlik oor iets behalwe hulle self nie en hulle is mos verseker oor hulle ou kranige salarisie elke maand. Hulle ken nie van sukkel nie.

Pietsepan ·

Die rommel status is hoofsaaklik te wyte aan die zombie bestuurde maatskappye. Bevoegdheid is onbelangrik. Dis poste vir die strugglers wat saak maak. Maatskappy hoofde is mos maar net figure heads.

KarooKlong ·

Hou die spasie dop, iemand moes omkoopgeld aanvaar het.
Ons rommel is geskommel.

Ander Koos ·

Wat ‘n klug! SA moes in 1ste plek nooit naby hierdie “status” gekom het nie, maar skielik is dieselfde mense wat dit veroorsaak het, nou weer die redders. Wat gebeur nou vorentoe? Gaan die ANC nou afsien van sy verspotte en onwerkbare ideologie en beleid? Seker nie maklik nie, dus gaan die woer-woer spelery maar net voortduur

Dawie ·

Ek wonder maar net of iemand dalk nou nie weer n gratis African Safari vakansietjie gekry het nie

vermeende ·

Die SA publiek darem, shame, kan nie meer dink nie!
Die politici wat nou so juig is juis die klomp wat ons tot hier gebring het en die saakemanne, hulle befonds mos hierdie politici en bevorder al die regstellings in hulle besighede, dan praat ons nie eers van die wins wat hulle daaruit maak nie.
Arme breindood mensies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.