Politici se feite oor nuwe ‘universiteit’ totaal verkeerd

dirk-hermann-sos-onderwyskongres-2019-06

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit. Foto: Reint Dykema.

Sol-Tech is ʼn tegniese kollege wat 12 jaar gelede al geregistreer is en dit is nie ʼn nuwe universiteit soos wat politici nou al meermale verkeerdelik beweer nie.

Só het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê na mediaberigte die afgelope ruk oor die bou van Sol-Tech se nuwe kampus.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys en jeugontwikkeling in Gauteng, het Woensdag weer hieroor op Twitter uitgevaar. Hy het ʼn mediaberig oor die aangeleentheid getwiet en gesê almal wag op Solidariteit se aansoek vir die “beplande private Afrikaanse universiteit”. “Tensy dit nie oopgestel word vir alle Suid-Afrikaners en nie teen ander taalgebruikers diskrimineer nie, is ons gereed,” het hy getwiet.

Hermann het egter daarop gewys dat Sol-Tech nie ʼn nuwe universiteit is soos wat Lesufi nou al meermale verkeerdelik beweer het nie. “Die enigste persoon wat daarop aanspraak maak dat dit ʼn universiteit is, is Lesufi,” het Hermann gesê.

Volgens Hermann is ʼn LUR wat ʼn Twitter-oorlog voer sonder om die regte feite te kry, onverantwoordelik en roekeloos. Hy laat nie toe dat feite tussen hom en sy politieke retoriek staan nie.

Panyaza Lesufi. Foto: Mia Slabbert

“Ongelukkig het die media oor die algemeen sy verkeerde feite verder versprei. Sol-Tech is reeds een van Suid-Afrika se top- tegniese kolleges. Die kollege lei reeds 1 200 studente op en honderde vaardige jongmense word jaarliks vir die Suid-Afrikaanse mark gelewer.

“Sol-Tech bou nou ʼn nuwe kampus om sy kapasiteit te vergroot. Sol-Tech voldoen al jare aan al die nodige statutêre vereistes en diskrimineer op geen manier op grond van ras nie. Sol-Tech is deur gewone Solidariteit-lede begin wat graag wou seker maak dat hul kinders goeie opleiding kry. Fabriekswerkers, mynwerkers, professionele mense en baie ander dra elkeen R10 per maand by om Sol-Tech en ander bouprojekte aan te pak.

“Dit is iets wat enige gemeenskap vir hulself kan doen. Ons moedig alle vakbonde en gemeenskapsorganisasies aan om dieselfde te doen. Solidariteit sal enige gemeenskap of organisasie help om dieselfde te doen. Die Grondwet maak dit vir almal moontlik.

“Ons nooi mnr. Lesufi om eerder by positiewe projekte betrokke te raak as om suksesvolle projekte met vals inligting verdag te maak. Suid-Afrika het baie instellings soos Sol-Tech nodig,” het Hermann gesê.

Blade Nzimande (Foto: ANA/Jacques Naude)

Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, het ook Maandag tydens ʼn mediakonferensie gesê hy wag nog op ʼn aansoek van Solidariteit vir die skepping van ʼn private Afrikaanse universiteit. Nzimande is dus ook onder ʼn wanindruk dat Sol-Tech nuut of ʼn universiteit is.

Die oprigting van die Sol-Tech-kampus is die eerste groot projek van ʼn reeks opleiding- en werkprojekte van R4,5 miljard wat die Solidariteit Netwerk in die volgende vyf jaar gaan aanpak.

Die volgende groot projek is die bou van die Akademia-kampus waar universiteitsopleiding van wêreldgehalte met Afrikaans as onderrigmedium aangebied gaan word. Akademia bestaan reeds as ʼn private hoëronderwysinstelling.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Realis ·

Ja nêh?! Alweer die kat aan die stert beet! Nothing new!!

HOBBO ·

Gaan lees Douglas Gibson se kommentare oor Lesufi en die grondwet. Ongelukkig is Lesufi nie so slim soos wat hy dink hy is nie. Bietjie lees en hy sal besef dat hierdie Afrikaanse leer inrigting heeltemal grondwetlik is.

Oupa D ·

Die man is so verstrengel in sy haat vir Afrikaans en Afrikaners dat hy elke strooihalm gryp om gal te braak. Sy departement daarenteen het net mooi NIKS om te wys vir die miljoene belastinggeld wat hulle vermors nie.

Jimmy ·

Weer eens ‘n bewys dat die ANC politici het nie ‘n idee wat aangaan nie. Weet nie kop of stert soos nr 6 nie.

Ben Esterhuizen ·

Ons wag nou om te sien of die hoofstroom media die paar “onbenullige puntjies” gaan regstel. Ek glo nie hulle sal nie.

Fish ·

Ben Esterhuizen ek stem saam met jou en my vraag is wat maak dit saak as dit ‘n nuwe universiteit was? Ons wittes het nouweer iets reg gekry en nou is al wat ‘n “politician” in rep en roer oor ons iets regkry en so bang ons los die swart mense uit dit uit. Niks fout met ‘n swart leerder wat afrikaans praat omte kom swot in sy taal by sol tech. Net soos toe die engelse die land regeer het ons het later gese dit is reg regeer julle die land maar los ons. Ons sal ons eie goed bou soos skole en banke en werk skep vir ons afikaans spreukende mense as julle nie vir ons wil help nie.

Wiehan ·

Lefusi en kie, slaap rustig voort. Die AFRIKANER is besig om wakker te word. BANG!!!!!!!

Tino ·

Welgedaan Solidariteit!

Ek sien hier 2 ongelowiges wat vas aan die slaap is terwyl ander reeds die koffie ruik en ook net hulle eie politieke agenda wil dryf. Hulle slyp ook hul tande om die “aansoek” af te keur en omkoopgeld te vra. O wee, die onnosselheid drup drup so oral heen

Willie ·

Hou op wag en bou ook julle eie… waarvaaor wag julle, om te kaap en weer die naam te wil verander? Doen n bietjie iets konstruktiefs!

Ig ·

Arie hoekom gee jy hom n nul, wat het hy verdien om n nul te kry? Maak my kwaad as iemand so n hoë telling soos n nul kry en dit nie verdien nie, seker afgekyk.

Knapsekêrel ·

Die mynbou minister bemark tot “hazenile” in Australië. Die grap van die jaar.

JohanR ·

Hulle sal nie ophou om aan Sol-Tech te karing nie, totdat dit onder hulle vlerke val, en hulle kan dan die standard af bring na hulle standard toe. Die Tech word gebou met skenkers se geld, en sal behou word met skenkers en leerlinge se geld. Die ANC het NIKS daarmee te doen noe!! Dit is nie die regering of belastinbetalers se geld, wat hierdie Tech oprig nie.

Con Dumpi ·

Golda Meir het van die Palestyne gesê: “There will only be peace when they (the Arabs) love their children more than they hate us.”
Dit is ook op SA van toepassing.

lewies ·

‘n Baie gepaste en treffende kommentaar, want dit is waaroor dit gaan. Ek hoop dit sal verstaan word deur almal wat dit moet hoor.

Juanita ·

Blade not very sharp when it comes to education. Regarding Government: left hand doesn’t even know there is a right hand

Theresa ·

Ja nee. Om te stir kan hulle baie goed doen, maar moet nie die verdraaiing van feite vergeet nie. Hulle sien, hoor en lees net wat hul wil (soos gewoonlik)!!

Sirkus ·

Hulle kan nie hulle eie opbou en instand hou nie, dus wil hulle alles kaap wat opgebou en instand gehou word deur die publiek.

Poot ·

En so slaan “ons” weereens “onse name” met planke. Die onkunde is epic.

Dis Nou ·

Hoe trots is ek nie weer van vooraf op my mense nie!!!!!! Hierdie ander raasblikke is niks anders as jaloers nie – na 25jr net af gebreek, niks opgebou nie. Doen so voort Solidariteit

marous ·

Daar word vuur gespuug , want dit bewys weereens dat die Afrikaner nie soos ander net kwyl nie , maar wel suksesvolle dinge doen.

Hanna Hoekom ·

Ja, kink maar vir my maar na n minderwaardigheids kompleks! Waar Afrikaans is, is sukses. Die twee donkergroen manne weet dit.

Wingman ·

Bou Akademia vêr weg van Pretoria. Verkieslik Riversdal, Bredasdorp of Orania.

Vita ·

Wonder of die mense van die ANC nie dalk op n ander planeet is nie, hulle word swak ingelig deur hulle eie mense en almal is onbevoeg

a ·

Plaas hy eerder sy aandag bepaal by die patetiese skole wat hy in beheer is en die Afrikaanse instansies uit los.

Hans ·

Mens kan net jou hande saamslaan dat senior politieke figure so oningelig wees-hulle adviseurs/personeel behoort kundiges te wees.

JV ·

Net gisteraand op die nuus vertel Ramaposa dat all tale sy eie reg het. Dan vertel sy ander kaders n ander storie. Hulle weerspreek mekaar, wonder deesdae wie is nou eindlik die president.

Madz ·

Mens moet tenminste self op Universiteit / Kollege gewees het (verkieslik gestudeer) om die verskil tussen die twee te kan verstaan. 12 years and counting…. Well DONE Sol-Tech! Doen ons trots en brei NOG verder uit asseblief….. Mediese kampus (jul kan sommer ‘n privaat (opleidings) hospital daar oopmaak ons sal jul ondersteun met besoeke en operasies…) Kuns & Kultuur Auditorium (Afrikaans is Groot soek NUWE platvorm vir hul musiek – verkieslik MET Steve Hofmyer!) en so kan ons aangaan.

Rupert Ashford ·

Tussen die lyne lees mens hulle gaan alles in hulle vermoe doen om akkreditasie te weerhou of te herroep. Wees gereed…

Dolf ·

Ek dink jy is reg. Maar dan kry die instellings akkreditasie in die buiteland.

Mieliestronk ·

Dr Herman nie net n Tegniese Kolleges nie Ons wag vir die grootste universiteit in Afrika Blankes sal bly skenk Bou en vergeet van die Torkoppe Hulle is bang dit gaan n groot sukses wees soos altyd waar wit is

Hasie ·

Malema gaan seker ook weer wakker skrik en sê daar is ‘n grondeis waarop die Sol-Tech gebou is.

Willem ·

Dink ons wonderlike lur van onderwys moet maar betrokke raak met al die onwettige skole in die township. Hoor niks van daai nie maar wel van ‘n wettige onderwys instansie wat afrikaans bevorder.

Dries Moolman ·

Vat Lesufi hoe toe vir lastering. Hy sit heeldag net op sosiale media en kwaad stook, wanneer doen hy sy werk? G’n wonder die skole in sy provinsie is ‘n nes van geweld en mislukking nie.

De Villiers ·

Mooi so, Solidariteit met jul Sol-Tech inisiatiewe. Hiermee wys julle eintlik vir die wêreld en die liberale hoofstroom die sterk karaktereienskap van die Afrikaner wat oor dekades heen in ons murg en bloed vasgelê is, naamlik om iets uit niks te skep (te bou), om ń realistiese visie te hê, vooruit te beplan, deursettingsvermoë te toon en iets positiefs vir ons nageslag agter te laat, ten spyte van al die terugslae en negatiewe aanslae. Dus ń opwaartse spiraal om uit te styg. Nie soos die ander wat net wil oorneem en afbreek wat reeds daar is nie, en dan boonop die vermetelheid het om verbale diarree te hê oor organisasies wat iets positiefs doen vir sy mense en sy land (afwaartse spiraal).
Hier bewys julle net weer dat, alhoewel ons ou Afrikaner volkie dalk nie die getalle het nie, het ons darem steeds gesonde verstand en ń wil wat ons tot voordeel en uitbou van onsself kan aanwend. Mag julle van krag tot krag gaan.

Mia Joubert ·

Mooi só vir Sol-Tech. Gaan lees bietjie wat het Sir Arthur Conan Doyle van Wit Suid-Afrikaners gesê. Dit alleen sal vir ons almal aanspoor tot groter hoogtes. Trots Afrikaans

Wetwou ·

Lesufi en Blade verkeer onder geen wanindruk nie – hul natuur is parasieties.

Anoniem ·

En kesufu het waar skool gegaan? Ek Shane en hy weet nie eens dat die plek al ‘n jaar gelede geregistreer is nie, regtig

Hans ·

Waarom skep Cosatu nie soortgelyke geleenthede vir ander taliges nie? Cyril het pas die afgelope Erfenisdag in Upington gesê dat alle tale gelyk is. Behalwe in Gauteng?

lewies ·

Toe sit julle hom self op sy plek. Ek voel egter dat hy nie so maklik moet wegkom nie. ‘n Toetssaak kan ook sommer sy integriteit en motiewe toets.

Manda ·

Niemand keer bv. Zulus om ‘n Zulu universiteit te stig nie. Ek gaan nie daar staan en huil omdat daar nie Engels is nie. Dis wat my bangmaak van parallel met die regering alles self te doen. Betaal die regering en doen dan alles self. Sodra dit ‘n sukses is slaan die regering toe, en verwoes.

Jimmy ·

Dit is vir my onverstaanbaar dat die Zulu koning en Buthelezi nog nie met so ‘n inisiatief begin het nie.

Henry ·

Hoeveel nuwe Universiteite is sedert 1994 gebou.??? Ons regering is bang dat solidariteit hulle onbevoeg laat lyk. Ons sit vandag met geleerde studente en beteken niks in die werksplek nie. Sien dit elke dag. Wonder ook oor die gehalte van onderrig op universiteite. Tyd dat Suid Afrika weer gehalte onderrig in bring.

marina ·

My seun is dink ek 2005 deur 1ste van Soltech as student om elektries te kwalifiseer in geneem!! Hul pad met hom geloop tot hy sy groen kaart of wat ook al bekom het!! Hul ewig dankbaar daarvoor!!

Adam ·

Ons moenie lelik wees met Lesufi nie. Hy is ‘n baie spesiale seuntjie en ons kan nie van hom verwag om die verskil tussen ‘n kollege en ‘n universiteit te verstaan nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.