‘Politiek en inmenging kelder indiensneming’

Argieffoto Foto: jarmoluk, Pixabay

Die vakbond Solidariteit het Dinsdag sy kommer uitgespreek oor die hardnekkige swak werkloosheidsyfers wat tans in Suid-Afrika geld.

Dit kom nadat Statistieke Suid-Afrika (SSA) Maandag sy arbeidsmagpeiling vir die tweede kwartaal van 2017 bekendgemaak het. Daarin word aangedui dat indiensneming in die tweede kwartaal van 2017 met 113 000 afgeneem het na ongeveer 16,1 miljoen. Die getal werksoekers het egter ook afgeneem met 37 000 na ongeveer 6,2 miljoen wat daartoe gelei het dat die werkloosheidsyfer onveranderd gebly het.

SSA het gesê dit kom neer op ongeveer 9,3 miljoen mense tussen 15 en 64 jaar oud wat graag wil werk en beskikbaar is om te werk, maar hul arbeid word nie gebruik nie.

Volgens Gerhard van Onselen, ekonomiese navorser verbonde aan die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), is dit die sesde aaneenlopende kwartaal sedert die vierde kwartaal van 2015, waarin die getal werklose mense volgens die uitgebreide definisie oor ʼn jaargrondslag vinniger gegroei het as die getal mense wat werk. “Indiensnemingsgroei wat opvallend sedert die afdanking van Nhlanhla Nene [voormalige minister van finansies] aan die einde van 2015 verswak het, het ʼn groot rol hierin gespeel,” het Van Onselen gesê.

Van Onselen voer aan dat hoewel indiensneming in die afgelope twee kwartale van 2017 op ʼn jaar-tot-jaar-grondslag relatief verbeter het, dit steeds nie naastenby genoeg is om die werkloosheid in Suid-Afrika noemenswaardig te verminder nie. “Selfs die relatief gunstiger sakesiklusaanwysers, soos ʼn sterker rand en beter hulpbronpryse wat die afgelope twee kwartale gesien is, het nie ʼn noemenswaardige verskil aan werkloosheid gemaak nie,” het Van Onselen gesê.

“Die realiteit is dat politieke onsekerheid en roekelose beleidstappe, soos die nuwe mynbouhandves, nie help om ongunstige arbeidsomstandighede te verbeter nie. In hierdie stadium is dit dringend nodig dat ʼn vriendeliker beleids- en politieke omgewing gevestig sal word. Sonder ʼn markvriendeliker sakebeleid en ʼn afskaling van ekonomiese inmenging deur die regering sal Suid-Afrika se ekonomie onnodig rompslomp-verstrengel bly,” het Van Onselen gewaarsku.

“Hindernisse van hierdie aard sal in werklikheid maak dat heelwat jongmense buite formele werke sal bly. Deregulering en beleidshervorming na vryer markte sal veel kan doen om die ekonomie aan te wakker.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

JoeV ·

Die probleem met die meerderheid kiesers en dus die huidige regering is dat hulle het nog nie Afrika gesien nie. In lande soos Nigerië, DRK en Angola kan mens duidelik die resultaat sien van die weg wat ons nou op is en waar dit gaan eindig.
‘n Ekonomie moet geskep word, en in ons geval probeer die regering net die ekonomie deel tussen die mense. Die aanwas is ook te vinnig vir die groei, so baie verkeerd met die leiding wat die regering aan die land se mense bied… asof hulle opsetlik probeer om kiesers dom en on-opgevoed te hou net om aan bewind te bly.
Ernstige geval van die Dunning–Kruger effek.

Rupert Ashford ·

Jy is absoluut reg. As mens die “kiesers” dom hou en hulle ‘n klein toelaag elke maand gee om hulle aan die lewe te hou, stem hulle uit vrees vir wat hulle moontlik kan verloor elke keer weer vir gewers van die goeie gawes – Sosialisme 101. En die predikers van die sosialistiese droom het dan die onlangse suksesverhaal van Venezuela om te probeer nadoen so wat kan verkeerd gaan vra ek jou? :-)

Desiré ·

Ha~La~ La Ewig is ons Afrika! Aanvaar maar dat dit NOOIT gaan verander nie!

jaco ·

Totale wit bevolking is 4 miljoen, maar totale getal werkloses is 9.3miljoen. Die oorgrote meerderheid werkloses moet dus swart wees. Dis vreemd. Waars regstellende aksie dan? Dit gee links en regs werk vir mense suiwer omdat hulle v.d. “regte” velkleur is. Ondervinding en Kwalifikasies tel amper niks. So nou wonder ek net: waarom is daar hoegenaamd swart werkloosheid? Die werkloosheidsyfer behoort nader aan 2 miljoen te wees en meestal wit. Sorg die ANC dan nie eens meer vir hulle rasgenote nie?

Oom Ekonoom ·

Die ANC is nie eers goed om virhulle eie mense te sorg nie, inteendeel, hulle is baie sleg daarin. Hulle is oneffektief in alles behalwe korrupsie. Jy moet kyk na persentasies van bevolkings, ouderdomsgroepe en werkloosheidspersentasies binne bevolkings, nie net na rou getalle nie.

jaco ·

9.3 miljoen is werkloos maar net 4 miljoen van SA se bevolking is wit, waarvan seker 2 miljoen ekonomies aktief is/veronderstel is om te werk. So meeste van hierdie 9.3 miljoen werkloses is nie wit nie. Tog word regstellende aksie as towerformule voorgehou om wit mense uit die arbeidsmag te skuif en vir mense met die “regte” velkleur werk te gee. In meeste gevalle is die “regte” velkleur ook die enigste vereiste om werk te kry. Ondervinding en kwalifikasies tel nie veel nie. So nou wonder ek net: met regstellende aksie wat as towerformule voorgehou word om aan almal met die “regte” velkleur werk te gee, waarom is die oorgrote meerderheid werkloses dan die mense met die “regte” velkleur??? Ek kan verstaan as die ANC met regstellende aksie wit mense wil “terugkry” vir apartheid en wit mense heeltemal uit die ekonomie wil uitskuif. Hulle sê dit al van VOOR 1994 af. wat ek egter nie verstaan nie, is dat soveel miljoene van hulle rasgenote nog steeds nie werk nie, al is daar reeds vir jare lank regstellende aksie. iewers maak iets nie sin nie.

Stef ·

Die voorstelling van die werkloosheids syfer as ‘ n persentasie van elke ras se ekonomiese aktiewe populasie sal meer betekenisvol wees vir analise. Dit sal baie interresant wees om die res van die beskikbare navorsing in konteks te kan sien.

Pieter ·

Hierdie is nie ‘n kleurverskynsel nie, en ook nie rassisties van aard nie. Dit vind orals plaas, selfs tussen blankes.
Die probleem is ook “verskuilde agendas”, “eie gewin” en narsisme.
Suid-Afrika het ‘n teelaarde geword vir “Me, myself and I”.

Elizabeth ·

Wanneer sal iemand soos Solidariteit of AfriForum eendag genoeg werk vir hulle gekwalifiseerde lede kan voorsien? Want ons weet: ons hoef nie eers aansoek te doen vir werk nie – JY KRY NIE!!!

Johan ·

Daar is ‘n Engelse gesegde wat praat van “lies, dam lies and statistics”.
Nou as ek reg verstaan is daar 16.1 miljoen mense wat werk en 9.3 miljoen mense onder 64 wat kan en wat wil (behoort?) werk maar nie werk het nie.
As ek dan my somme maak gee dit ‘n werkloosheis syfer van 57.76 persent – DUS dubbel die 27 of wat persent van die Statistiekdiens.
Of verstaan en nie die ekonomiese mannier van somme maak nie?

Pieter ·

Nog ‘n siekte wat aan die orde van die dag is, is om vroulik te wees en oor 35 jaar oud te wees. Vergeet daarvan om werk te kry. As jy weer hoor, dan is die arme vrou “te oud”. Die jongetjie (met min ervaring) is aangestel, hou ‘n paar maande, en dan word dieselfde pos weer geadverteer! Dit is niks anders as diskriminasie nie.
Probeer gerus werk kry as jy ouer as 35 jaar oud is, vroulik is, en ‘n blanke is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.