Politiek glo agter toename in Kaapstad-grondbesetting

'n Informele huis word vernietig (Foto: Adam Armstrong via UrbanAfrica.net)

‘n Informele huis word vernietig (Foto: Adam Armstrong via UrbanAfrica.net)

Die stad Kaapstad het Saterdag gesê politiek lê agter die onlangse skerp toename in grondbesetting in dié stad.

|ʼn Beduidende toename in die aantal pogings om grond te beset is die afgelope twee maande opgemerk, veral oor naweke,” het Benedicta van Minnen, burgemeesterskomiteelid van menslike nedersettings, gesê. “Die stad se anti-grondbesettingseenheid en wetstoepassers is op hoë gereedheid geplaas, veral oor naweke. Hulle monitor soms tot elke twee ure per aand om te verhoed dat onwettige strukture opgerig word.”

Volgens Van Minnen vind die herhaaldelike grondbesettings dwarsoor die stad plaas, insluitend in Dunoon, Retreat, Parkwood, Sir Lowry’s Pass en die Steenbrasdam. “Talle pogings tot grondbesetting vind gelyktydig plaas, en dit striem die stad se hulpbronne,” het sy verduidelik.

Van Minnen het gesê die stad is daagliks betrokke in dienslewering dwarsoor die stad. “Ons is in gesprek met ons inwoners en is aktief in ons gemeenskappe, en daarom verstaan ons die behoefte aan behuising, maar ons kan eenvoudig nie grondbesettings toelaat nie.”

Sy het verduidelik die verspreiding van informele nedersettings weens onwettig grondbesetting, plaas ʼn geweldige druk op die stad se hulpbronne, en die grond wat beset word, word ʼn brand- en vloedgevaar.

“ʼn Groot deel van hierdie grond is nie geskik vir bewoning nie. ʼn Nedersetting wat byvoorbeeld op ʼn stortterrein of in ʼn vleiland opgerig word, beteken dat dienste soos krane, spoeltoilette en elektrisiteit onmoontlik is,” het Van Minnen gesê. “Ander grondbesettings vind op privaat grond plaas. Die stad word verhoed om dienste op privaat grond te lewer, tensy die grondeienaar toestemming gee.”

Sy het gesê in ʼn poging om dienste te lewer, moet hulle dan na nabygeleë stadsgrond kyk om soveel as moontlik dienste daar op te rig, maar dit is nie ʼn volhoubare oplossing nie. “Die onbeplande verspreiding van informele nedersettings is tot nadeel van ons mees kwesbare inwoners. Ons sal dus alles in ons vermoë doen, binne die riglyne van die wet, om grondbesettings te voorkom.”

Van Minnen het gesê hulle is al te bewus van die invloed wat politiek op die toename in pogings tot grondbesetting het, gesien in die lig van die komende munisipale verkiesings. “Ons versoek alle politieke partye om verantwoordelik op te tree en na te dink oor die langtermyn gesondheid en volhoubaarheid van ons stad,” het sy gesê. “Ek hou vol dat diegene wat inwoners maan om onwettig op te tree deur grond te beset, moet verantwoordelikheid neem vir die negatiewe gevolge wat spruit uit onwettige grondbesettings.”

Sy het gesê die stad sal steeds verskeie plekke dwarsoor die metro dophou. Sy doen ook ʼn beroep op privaat grondeienaars om seker te maak dat hulle hul eiendom monitor en die nodige voorsorgmaatreëls tref om die onwettige besetting van grond te voorkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Jan maak n Plan ·

Ons kan seker net raai wie is die twee partye agter hierdie grond besettings ne. Wil he die Wes Kaap moet so lyk soos die res van die land.

My opinie ·

En heelwaarskynlik word mense v ander plekke busvragte “ingevoer” sodat stem talle vd komende verkiesing gemanipuleer kan word. Solank hul onkundige en ongeleerde “leier” leuens kwytraak en haatspraak en geweld aanmoedig sal dié tipe gedrag voortgaan. Dis tyd dat daar formele klagtes teen “leiers” gelê word en vervolging deurgevoer word. BEE is net ‘n ander naam vir rassisme en onderdrukking vir die minderheidsgroep.

JD ·

Eerste handse ondervinding laas naweek gehad toe hulle oop erwe in en om ons buurt wou beset. Skote heeldag tot middernag van Saterdag oggend tot Maandag middernag. Ons kinders 4 en 6 was histeries. Wou heeltyd weet hoekom skiet die mense, hoekom gooi hulle karre met klippe. Nie regverdig dat sulke jong kinders aan dit blootgestel word nie. Maar het n besluit gemaak sal hulle van jongs af die waarheid vertel. Meeste shacks in Du Noon het DSTV hulle betaal geen krag en water en erf belasting nie. Obs kan nie DSTV bekostig en betaal al ons belasting getrou.

gatiep ·

Jy is reg jd ek het gesien al die shacks het ds tv en ek kan nie eens dink daaraan om ds tv te kry nie.

KP ·

Dit is nie DSTV nie dit is digitale SAUK wat hulle verniet by die regering kry.

Marous ·

Malema , Lamola , Zuma en nou ook Ramaphosa hits dit openlik aan… dis nie politiek nie , dis aanslag teen wittes wat begin.

Pieter.v ·

Jyis reg omtrent Ramaphosa ,van die selfde stoffasie as al die ander, en so sit die anc agteroor en geniet elke oomblik as die eff dit doen wat die anc eintlik wil doen ,dit is al deur en deur bewys dat nie een van bg. partye vooruitgang duld nie, alles moet af gebreek of afgebrand word en die man op straat stem vir hulle,want net voor die verkiesing word T hemde pap en vleis uit gedeel,nie een van die ander partye die DA,VF Plus en andere het ooit enige plek afgebrand of verwoes .

JB ·

Ramaphosa…die held van wit liberale en besigheidslui. Volgestop met geld, maar presies dieselfde stoffasie as sy leier.

Penellope Jones ·

Uiteraard is dit polities! Dis verkiesingsjaar en die ANC wil die Wes-Kaap ook inpalm en dan seersekerlik ook vernietig., veral op die wyse waarop hul stemme inbring.
Stemme word nie gewen deur volgepakte busse nie, stemme word verdien.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.