Politiek het SA’ners versaak, sê De Lille

Patricia de Lille, leier van Good

Politiek het, soos gewoonlik, te veel Suid-Afrikaners in die steek gelaat en mense het geloof en vertroue in die politiek en politici verloor, het Patricia de Lille, voormalige burgemeester van Kaapstad, Saterdag gesê.

Sy het tydens die Wes-Kaapse premiersverkiesingsveldtog van haar nuwe Good-party die verwagting uitgespreek dat Suid-Afrikaners nie hul geloof en vertroue in demokrasie moet verloor nie, “want politici het nie hul verantwoordelikheid en plig nagekom om te dien nie”.

“Dit is nou tyd vir ‘n nuwe politieke stelsel. Plig en dienslewering is in my bloed, so ek sal geëerd wees om my land en my provinsie, waarvoor ek lief is, te dien as premier van die Wes-Kaap,” het De Lille gesê.

“Ek word gemotiveer deur dieselfde vlak van verontwaardiging oor die stand van ons land en die ongelykhede in ons provinsie as wat ek 50 jaar gelede was oor die ongelykheid van apartheid. En ek reageer nou op dié versoek om op te tree. Die Good-party sal mense voor politiek plaas.”

Sy het gesê daar was al te lank politieke en regeringsagendas wat die doel was van diegene wat die mag van rykdom besit het. “Talle politici en politieke partye word gedryf deur hul geldgierigheid. Geld en grond moet nie ons toekoms kan koop nie – soos wat tans die geval in ons provinsie is wat te koop aangebied word vir die hoogste bod.”

Sy het die Demokratiese Alliansie veroordeel; die party wat sy sewe jaar lank as Kaapstadse burgemeester verteenwoordig het totdat sy verlede jaar bedank het ná ‘n onderonsie met DA-leiers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

So 50 jaar terug was jy net so verontwaardig soos nou………en in 50 jaar het jy NIKS daaraan gedoen nie, behalwe praat (soos die meeste politici), maar NOU wil jy iets daaraan doen? Moenie jou lippe lêk nie……..jy gaan proe wat jy praat!!

marco polo ·

Sy is die laaste een om te praat van politici wat SAners versaak het.

Dereck Le Roux ·

Politiek en skynheilige en leuenagtige politici soos wat sy is het die hoofrol gespeel, wie het vergeet dat sy ‘n party verteenwoordig het waar blanke haat hoogty gevier het en hulle lede selfs weerlose mense tydens ‘n kerkdiens aangeval het alles in die naam van vryheidsbewegings en dat sy dieselfde party verteenwoordig het waarvan die slagspreuk “One settler one bullet” vandaankom.

Cherokee ·

Het sy vrywillig bedank (laaste paragraaf) of moès sy bedank?

Loun ·

Al hierdie politici kan nie wag vir 10 Mei nie, want dan is almal op vakansie…….klaar opgesweep en geen bekgeveg meer oor nie……tot die volgende verkiesing en tussen in word niks bereik nie…
Ek is nou al so gatvol ek kan self nie wag vir die 10de Mei nie.

Dries du Toit ·

De Lille is by verre die grootste verkleurmannetjie en opportunis in die SA politiek. Eers in die PAC waar sy die hardste geskree het “One Settler one bullet”. Toe sy nie ‘n posisie kon kry nie. Toe stig sy haar eie party. Daar was ook nie n kans vir haar vir n uitvoerende posisie nie. Toe kruip sy by Zille in en word burgemeester op die DA se rug. Daar het sy haar outokratiese bestuur styl misbruik. Nou probeer sy weereens op haar eie genoeg ondersteuning kry sodat sy weer by n ander party inkruip.

John ·

I feel pretty, oh so pretty… ‘cause I’m a good good girl… Cape Town was so good to me, I’m its only Lille white pearl…

marous ·

Politiek het nie aan ‘n boom gegroei nie . Dit is versinsels wat deur oneerbare mense uitgedink is en aan gewone mense verkondig word om vuil kloue in hul swaar verdiende geld te slaan . Punt

Gert J ·

As blanke SA ners moet ons kyk hoe ons die ANC kan ontroon. Klein partytjies is nog te klein om die ANC miljoene tee te staan. Die ANC weet daar is omtrent seker so 50 miljoen swartes. Hulle weet meeste is ongeletterd. Die blankes in SA het n wonderwerk nodig indien hulle wil regeer. Politiek is nie weg om te loop vorentoe nie. Maar jou Christenskap is al wat ons kan deurdra. Dink goed hieroor en jy sal beleef dat dit die waarheid dra.

Alida ·

Te veel vanCR se familie is betrokke daar bo ons kan vergeet dat dinge sal verbeter. Dit is sy swaers vrou se familie ens. Net hulle gaan voordeel trek.

gatvol verby ·

Hemel weet, ek MOET stem, maar vir WIE weet ek nie meer nie!!!!!!! As blanke in S.A. is daar GEEN party wat ek as opreg sien nie!!!!! altyd D.A gestem, moet seker weer as ek ANC ‘n klein klappie wil gee, maar hul beteken NIKS !!!! PRAAT, PRAAT, PRAAT, VAT HOF TOE, karring net aan……. HELP!!!!! ek soek wragtig raad!!!!!!!

ANA ·

PRESIES….die massa verteenwoordiging van totale desparasie by ons minderheid… GATVOL VERBY ?

Johan ·

Tannie de lille. Ek staan definitief agter jou en jou nuwe party. Ek het eerstehands beleef watter positiewe verskil jy in di wes kaap gemaak het.en ek wag nogsteeds dat hul bewyse gee wat jy in di DA verkeerd gedoen het.mense lees vals inligting in di media en glo alles.maar di pisitiewe inligting word weerhou. Di weskaap staan agter jou. Hou aan met jou goeie werk

Dries du Toit ·

Johan hoe kon sy alleen n positiewe verskil gemaak het. Sy kon nie alleen n enkele besluit neem sonder haar koukus se ondersteuning nie. Die DA regeer in die WesKaap. Nie DeLille nie. Sy was maar net die stert wat hard probeer het om die hond te swaai. Toe kap hulle daai stert wat gepla het af.

jakes ·

Kom nou Patricia, kry vir jou, Dink jy nou regtig dat die 50 stemme wat jy gaan kry jou iewers gaan bring? Baie moeilik om persepsies oor jouself te verander as dit oor dekades net sterker word.

Regtig? ·

Patricia, haal eers die splinter uit jou oog voor jy die balk uit ‘n ander se oog probeer haal.

Andre ·

As sy nie die klip in haar pad gekry het nie was sy nog in die DA. Ek glo nie die stryery was oor die beleid van die DA nie dit gaan oor posisie.

JG ·

n Jakkals verander van haar…nie van streke. Diep binne in haar koester de Lille nog steeds daai streke wat haar so prominent PAC gemaak het…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.