‘Politiek moet uit sport gehaal word’

UDM-leier Bantu Holomisa (Foto: Zanele Zulu AfricanNewsAgency/ANA)

Bantu Holomisa, leier van die United Democratic Movement, het Sondag gesê dit is hoogtyd dat politiek van sport geskei word.

“Sport moet gedepolitiseer word, want mense speel sport en behoort aan verskillende politieke partye. Dit is hoekom ek nie vandag ʼn politieke boodskap het nie. Die fokus is op sport en om vir mekaar te sê, kom ons maak hierdie toernooi ʼn jaarlikse gebeurtenis,” het Holomisa tydens ʼn sportgeleentheid in Wonderkop, Marikana, naby Rustenburg in Noordwes gesê.

Holomisa het deur-tot-deur gegaan om met kiesers te gesels in aanloop tot die nasionale verkiesing op 8 Mei. Hy het ook sporttoerusting vir sokker- en netbalspanne uitgedeel wat in ʼn plaaslike sporttoernooi deelneem. Die eindstryd van dié toernooi vind op 13 en 14 April plaas.

Holomisa het tydens sy besoek gesê dit is opvallend hoe niks nog verander het by die Nkaneng- informele nedersetting in Wonderkop nie. “Ek het vroeër deur-tot-deur-besoeke hier gedoen. Ek het gekyk na die lewensomstandighede en daar was sedertdien nog geen verbetering nie. Vir nou is ons hier om die sporttoerusting te skenk. Ons sien uit na 14 April wanneer die [UDM]-veldtog hierheen kom,” het hy gesê.

Die berugte Marikana-koppie naby Nkaneng is waar 34 mense, meestal mynwerkers, op 16 Augustus 2012 deur polisiebeamptes doodgeskiet is gedurende ʼn gewelddadige staking by Lonmin se platinummyn. Nog tien mense, insluitend twee polisiebeamptes en twee Lonmin-veiligheidsbeamptes, is die voorafgaande week tydens die oproer by die myn vermoor.

Met die nasionale verkiesing nou om die draai is politieke leiers besig om Noordwes te deurkruis om steun vir hul onderskeie partye te werf. Die nuutgestigte Women Forward-party sal op 29 Maart sy verkiesingsmanifes in Rustenburg bekendstel en die EFF sal in Lethabong in Rustenburg wees vir sy verkiesingsmanifesbekendstelling.

Die DA het op 23 Maart sy Noordwes-manifesbekendstelling in Potchefstroom gedoen, terwyl die ANC op 2 Maart sy manifes in Rustenburg bekendgestel het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

Die party wat die meeste goedjies kan uitdeel sal die verkiesing wen….Dis Afrika. Die enigste embleem wat kort op die nasionale vlag is twee bak hande…

gatiep ·

Te laat ou maat al jare terug opgehou rugby kyk deur julle inmeng.
Vrouens kan ook maar ophou probeer wen hulle het nuwe kompetisie in vorm van mans wat lyk soos vrouens en dan is dit polities verkeerd om waarheid te mag praat.

willem Botha ·

Alle diskriminerende wette teen die huidig benadeelde gemeenskappe moet geskrap word nie net die kwotas wette nie toelating moet op merriete geskied en nie op velkleur nie.

Maljan ·

Talk talk. Pleks hou blankes net oo om stort, enige sport op nationale vlak te doen. Die NP was openlik rassiste. Nie weggekruip agter demokrasie nie.

JohanL ·

Wel ek is bietjie in die war oor Holomisa se standpunt.

Terwyl ek sy uitlating 100% steun (haal politiek uit sport), was dit nie dieselfde Holomisa wat sy (korrupte) UDM kandidaat in Port Elizabeth ondersteun het teen Trollip, die blanke DA burgemeester nie?

Lyk my alle politici is maar verkleurmannetjies wat hul kleur verander afhangende van die situasie.

Hanna Hoekom ·

Die tradisionele Afrika-mens verstaan nie die begrip van “meriete” nie. Die tradisionele Afrika-mens is van nature n rower! Daarom sal BEE en regstellende aksie nooit afgeskaf kan word nie.

Verwar ·

As jy in Europe gebore word is jy Europeër as jy in Amerika gebore word is jy Amerikaner. Dws as jy in Afrika gebore word is jy dus Afrikaner…

alida ·

Mnr Holomisa verwys geensins na enige kleur nie. Hy se die politiek moet uitgelaat word in sport.

JU ·

Politiek al sedert 1948 deel van ons sport…. snaaks hoe sleg mense se langtermyn geheue is… die party wat sport politiek vry kry kry verseker my stem… want hul sal ras uit alle areas van die samelewing haal.

toy ·

Ja haal politiek uit sport en hou jul woord, moenie more ander praatjies weer he nie.

Johann cb ·

Die beste stelling/voorstel wat ‘n politikus in baie jare geuiter het! Hou asseblief so voort Mnr Holomisa!

Erika ·

Ek dink die sportmense wil ook gekies word op prestasie en wil nie
erken word as kwota’s nie. Ek dink hulle voel ook beledig vir die onnoselheid
van die ANC. Wil graag net sien wanneer die wittes ook mag sokkerspeel?
Die ergste is dat mense inbeheer van Sport is wat nooit sport gedoen het in hul lewe nie.
Tragies man!

Dries du Toit ·

Holomisa jy is reg. Jy raak so nou en dan iets goeds kwyt. Wonder wat sê jou mede stigterslid van die UDM mnr Roelf Meyer ??

jakes ·

Politiek uit sport? Belaglikste voorstel ooit. Die ANC regering wil transformasie 100% toepas, maak nie saak of die “sportmanne of vroue’ onbevoeg is om deel te neem nie. Waar geld betrokke is, sal hierdie korrupte lot bakhand staan om te kollekteer. Sport in SA is lankal korrup behalwe in golf want daar ding jy mee op meriete alleenlik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.