Politieke gevangenes se oorskot opgegrawe

Foto: ANA

Foto: ANA

Die oorskot van 13 politieke gevangenes is Woensdag by die Rebeccastraat-begraafplaas in die weste van Pretoria opgegrawe.

Adv. Michael Masutha, minister van justisie en korrektiewe dienste, het die geleentheid bygewoon waartydens hy gesê het die opgrawing moet bydra tot die genesing van Suid-Afrika en die bevordering van eenheid en samehorigheid.

Masutha het toesig gehou by die opgrawing van die 13 Pan Africanist Congress- (PAC-) aktiviste van die Mputhi-nedersetting in die Oos-Kaap. Die aktiviste is destyds ter dood veroordeel en by die Pretoria-Sentraal-gevangenis gehang ná ʼn aanval op ʼn padbouwerkkamp langs die Mbashe-rivier in Februarie 1963.

Die aktiviste was lede van Poqo, PAC se militêre vleuel, en deel van ʼn groep van nagenoeg 60 mense wat aan die aanval deelgeneem het. Vyf insittendes van twee woonwaens by die kamp is aangeval en vermoor.

Die aktiviste se oorskot, wat bo-op mekaar in vier ongemerkte grafte begrawe is, gaan aan hul families oorhandig word sodra DNS-toetse afgehandel is sodat hulle naby hul tuisdorp herbegrawe kan word.

Dié opgrawing is deel van ʼn projek om die oorskot van 83 politieke gevangenes op te grawe wat tussen 1960 en 1990 by die gevangenis gehang en in ongemerkte grafte begrawe is. Altesaam 130 politieke gevangenes is in dié tydperk daar gehang. Die oorskot van 47 is reeds opgegrawe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

BS ·

Politieke gevangenes se agterent. Hulle het mense vermoor daarom is hulle tereg gestel. Moeg vir die anti-chris se manier wat goed verbloem en die verkeerd maak lyk asof dit verontreg is. Hulle was moordenaars.

Anoniem ·

Vir wat….Dit gaan defnitief keer dat ons in Suid Afrika uitgemoor word nie!!!!!…Onnodige geld wat gemors word!!!!!!

Kerrie & Borrie ·

Dom vraag, sien hulle isnie in kiste begrawe nie – ek weet hul was moordenaars ens gewees, dit voel netnie regnie (en nee, ek sê nie wat hulle gedoen het is reg nie).

LB S ·

Kerrie, dit is vir my ook vreemd. Ek lees juis nou Shephards and Butchers wat juis gaan oor die hang van mense gedurende die 80’s en daarin word beskryf hoe hulle agterna in kiste geplaas en begrawe word. Die familie kon 5 jaar later in kennis gestel word waar die spesifieke graf is.

Connie ·

Hulle was lede van ‘n beweging wat baie blankes doodgemaak het. Nie net 5 nie.

De Villiers ·

Gaan die minister sommer ook daarmee saam medelye betoon teenoor die families wie se geliefdes op so ‘n barbaarse manier vermoor is?

Ronel ·

Om ons te wys hulle kan. Kan ons plein mrig maak en om ons te wys hulle kan ons bloeddruk opjaag.

Bullseye ·

” bevordering van eenheid en samehorigheid “?? Regtig

Doom ·

Watse genesing bring dit??????
Dus dan juis ou kouie opgrawe . . .en dit krap weer ou wonde oop , vergeet van die verlede !!!!!!

Max ·

Dit kan dalk die voorvadergeeste tot ruste bring wat Zuma en sy span so pla tot ruste bring.

Ken2 ·

60 aanvallers op 5 slapende mense? Dis mos nie “helde” nie?

Penellope Jones ·

Vanoggend op ‘n Engelse radiostasie (wat ek nie na luister nie, maar my wederhelfte wel van tyd tot tyd om hulle perspektief te hoor) was die sentiment natuurlik goed aangevuur oor die politieke gevangenisse, hoe hul familie nie kan “closure” kry nie, dat daar ‘n “”young child”” by was.
Die “young child” was 18 en as hy ‘n “young child” genoem word, hoekom was hy besig met bedrywighede wat hom uiteindelik laat beland het in die posisie dat sy oorskot nou opgegrawe word?
EN, wat van die mense wat vermoor is deur hierdie klomp, het hulle families en geliefdes al “”closure”” gekry?

DBR ·

En wanneer word die slagoffers van hierdie moordenaars vereer ? Laat weet asseblief sodat almal deel van versoening kan wees.

Lindie ·

Hierdie krom en verdraaide geslag waarin ons leef, wee hom wat verkeerd reg noem, en reg verkeerd. Voorwaar ons leef in die dae van Noag.

al ·

Moordenaars is moordenaars en geen suiker bedekking gaan hul beter laat lyk nie. Hou op staatsgeld mors.

giep ·

Wat van die vermoordes?

Hierdie lot se name gaan seker in ‘n Beus genoem word.
Die 13 opgegrawendes Moordenaar – Beurs vir wiskunde.

Theresa ·

Karring, karring, karring, karring. Verdraai feite en melodrama oorheers media waar kameras naby is. Kan wees dat berusting moeilik te vinde was, maar dis die hel waardeur mens seker gaan in enige land as jou kind/man/vrou besig is met terreur of moorddade. Poging om geskiedenis te herskryf?

Dereck Le Roux ·

Weer gaan dit oor die regte van die terroriste, moordenaars,sameswerders en ondermyners se regte en “heldedade” en die afsluiting en berusting van die se families maar die slagoffers word soos dit gaan in die nuwe Suid Afrika geignoreer omdat hulle beskou was as setlaars soos die norm nog steeds vandag is en reg en geregtigheid nie vir hulle beskore is nie, wat van die afsluiting van die families van die vermoordes of dink die minister deur alle boosdoeners weer op te grawe gaan bydrae tot versoening en geregtigheid? Jammer Micheal Masutha, al is jy ‘n advokaat dit sal niks bydrae nie.

gerbrandt ·

Hulle is net helde by die korruptes en mede- moordenars. By niemand anders nie en die wereld daar buite – oorsee – het dit begin agterkom en dit is waarom Europa en Amerika nou begin regsdraai.

Nell Weyer ·

Hoekom word my kommentaar gesensor? Dit voldoen aan julle reëls soos aan die onderkant van die berug.

Hennie ·

Die vier IVP vermoordes wat destyds doodgeskiet is toe Mandela gesê het ANC lede moet Lethuli Huis beskerm met vuurwapens vanaf die dak, tydens IVP se “march” moet ook opgegrawe word sodat hulle families closure kan kry. Ai, die Mandela darem!!

Andre ·

As belastingbetaler wat destyds moes betaal vir die “moordenaars” se verhore sowel as hulle tergestelling en begrafnisse, gee ek graag nou toestemming dat belastinggeld NOU WEER gebruik moet word om die vermoordes se families op te spoor en hulle kant van die saak te stel!

Wie betaal NOU die kostes vir die opgrawings en herbegrawe van die tergeggesteldes?

Volg asb die geldspoor en ONTMASKER die TERRORIS wat weer-eens moord en doodslag wil bevorder in hierdie barbaarse land.

M'Lady ·

Ek wonder of die geagte minister ook die oorledenes se name genoem het . Vir inligting : Norman en Elize Grobbelaar en hulle twee dogters Edna en Dawn asook Mnr Derek Thompson is in hulle karavane doodgekap terwyl hulle gekamp het langs die rivier. Ek twyfel.

Die Kryger ·

Daars n groot verskil tussen n aktivis/politieke gevangene en n koelbloedige moordenaar. Wat is insittendes in n karavaan. Dalk is ontskuldige kampeerders dalk n beter beskrywing. Dit was en is verkeerd Hulle het betaal. Die Woord sê n mens is bestem om eenmaal te leef en daarna die oordeel. So sorry moordenaars. Julle regte straf kom nog

Jone ·

Wat ‘n vermorsing van staatsgeld. Gelukkig is hulle lankal terug tereggestel

Max ·

Hul voorvaders gaan maandeliks n maatskaplike toelaag kry wat by Nr.1 afgelewer sal word !

Chris ·

Ek wonder of gaan die wat hulle vermoor het ook vereer word.

Johannes Meintjes ·

Die historiese en voortgesette aanslag teen SA slaag volhardend daarin om alle kulture in SA in konflik te hou, en ons werk almal lustig saam in redenasies wat nie die groter prentjie van subversie, uitbuiting van minerale bronne en die marionette-manipulasie van meeste leiers insluit nie. Die pas vrygestelde Volksraad memorandum aan die internasionale gemeenskap gee die groter perspektief. Die belangrike vraag is of ons dit kan of wil begryp en bo dit alles uitstyg in volhoubare selfbestuur?

Fanie ·

Pateties.hoeveel van ons belasting betalers se geld gaan nou weer gebruik word?#!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.