Politieke ontleder gekap oor Zuma-kommentaar

theo-venter-nwu

Theo Venter, ‘n politieke ontleder verbonde aan die Noordwes-Universiteit se sakeskool. Foto: Theo Venter/Twitter.com

ʼn Herrie het verlede week oor Theo Venter se uitlating losgebars nadat hy glo “rassisties” was deur oudpres. Jacob Zuma se tyd met dié van apartheidsleiers te vergelyk.

Venter is ʼn politieke ontleder verbonde aan die Noordwes-Universiteit se sakeskool.

Prof. Dan Kgwadi, visekanselier van die NWU, het Maandag bevestig hy het die dekaan van die fakulteit van dié universiteit se sakeskool gevra om te kyk na die aantygings teen Venter, maar wou nie sover gaan as om dit ʼn formele ondersoek te noem nie.

Die Umkhonto weSizwe-Militêre-Veterane-vereniging (MKMVA) het Venter se kop geëis ná Dinsdag se debatgesprek op RSG se Praat Saam-program met dié organisasie se woordvoerder, Carl Niehaus.

Venter het gesê Zuma se sowat agt jaar as president was “waarskynlik” die swakste presidensiële periode in die land se geskiedenis en gesê hy sluit apartheidsleiers hierby in. Hy het na Zuma se bestuurstyl en die manier waarop hy die ekonomie bestuur het, verwys.

carl-niehaus-ana-twitter

Carl Niehaus, woordvoerder vir die MKMVA. Foto: @AfriNewsAgency/Twitter.com

Niehaus het teruggekap en gesê dit is ʼn geweldige aanklag teen Venter self as hy bereid is om so iets te sê. Hy het gesê hy is absoluut geskok dat die politieke ontleder bereid is om ʼn vergelyking te maak tussen Zuma en apartheidsleiers en rassiste “wat absolute menseregteverkragting in Suid-Afrika gepleeg het”. Hy het verder gesê Venter se uitlatings is vir hom ʼn bewys dat hy nog nie gerehabiliteer is nie en vasklou aan die verlede.

Niehaus het Donderdag ʼn mediaverklaring namens Kebby Maphatsoe, die MKMVA-president, uitgereik en gesê om Zuma met apartheidsleiers te vergelyk, is nie net uiters onsensitief nie, maar ook ongebreidelde rassisme.

Die MKMVA het gelas dat ʼn amptelike ondersoek teen Venter ingestel word en dat die universiteit hom hangende die afhandeling daarvan skors. Hulle het gesê hulle wil alle ANC-strukture en studenteorganisasies in die Noordwes mobiliseer om druk op die universiteit te plaas om van Venter ontslae te raak en het geëis dat Naledi Pandor, minister van hoër onderwys en opleiding, moet sorg dat daar teen hom opgetree word. Die organisasie het ook gedreig om ʼn klagte van rassisme en haatspraak teen Venter by die Suid-Afrikaanse menseregtekommissie in te dien.

Maroela Media het Maandag verskeie kere vir Venter gekontak vir kommentaar, maar kom hom nie voor die plasing van hierdie artikel bereik nie.

Kgwadi en Louis Jacobs, woordvoerder van die NWU, het wel aan Maroela Media die versekering gegee dat Venter nie gemuilband is of enigsins verhoed is om met die media te praat nie.

“Enige aantygings wat gemaak word teen ʼn persoon wat met die universiteit geassosieer kan word, moet bekyk word. Ons sal Venter beslis die kans gee om sy kant van die saak te stel. Die dekaan van die sakeskool sal besluit wanneer almal vir so ʼn gesprek beskikbaar is,” het Kgwadi gesê.

Prof. Dan Kgwadi, vise-kanselier van die NWU Foto: Nico Strydom, Maroela Media

Hy het bevestig dat hy nie self na die debatgesprek op RSG geluister het nie, maar dat hy ʼn transkripsie van die gesprek onder oë gehad het en sy kommentaar oor die gesprek daaruit saamgestel het.

Kgwadi het Saterdag in ʼn mediaverklaring gesê die universiteit neem kennis van die gesprek en die beskuldiging teen Venter dat hy steeds rassistiese oortuigings huldig. Hy het gesê vergelyking tussen Zuma en apartheidsleiers is onsensitief en word nie deur die NWU as toepaslik beskou, aanvaar of goedgekeur nie.

Kgwadi het aan Maroela Media bevestig hy glo vryheid van spraak moet gekoester word en akademiese vryheid is ʼn belangrike eienskap van universiteitswerk, maar dit moet met die nodige verantwoordelikheid gedoen word.

Niehaus het Sondag op Facebook die NWU se vinnige optrede teen Venter geloof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Rynhardt ·

Dit het te maklik geword vir Anc om agter rassistiese wetgewing te skuil vir 24jaar en dit te verdedig!Wanneer gaan Anc gerehabiliteer word??????????????????

Mrs H ·

Hulle wil geskiedenis boeke skryf, maar kan nie onderskei tussen feitliks en rassisme nie…..bwhahahahaha

Thinus Erasmus ·

Ek het self die gesprek gehoor en die was afstootlik hoe Niehaus te kere gaan oor wat Venter nie gese het nie! Sy optrede herrinner my aan sommige laerskool kinders se tirades nadat jy net gewaag het om ‘n skewe woord na hul kant te swaai.
Venter het duidelik die kwaliteit (gebrek daaraan) van Zuma se presidentskap vergelyk met alle ander tot 1910, Niehaus het met die rassekaart die dam onder die eend uitgeruk. Soortgelyk wat VM van die DA met HZ gedoen het.
Maar nou ja, ons weet mos jy kan geensins met sommige mense redeneer nie.

Wilma ·

Kyk nou net. Zuma het huveel keer gesing dai liedjie wa die geweer moet opgetel word. Of so iets. Maar nou het n wit persoon iets gese nou is dit rassisme. Oe die dubbele standaarde. Zuma is mos uitgewerk as President met n rede maar die aanhangers van hom is ongelukkig. Miljarde rande verlore gegaan ma zuma aanhangers worry ni daaroor

Jannie ·

Wat het ń persoon se bestuurstyl en die manier waarop jy die ekonomie bestuur met rassisme te doen.
Ek kan uit die berig hierbo geen rassistiese opmerking sien nie, dit wil my eerder voorkom of sommige mense dinge ontleed en rassehaat soek waar dit nie is nie.

Koos de Meyer. ·

Die waarheid is mos die waarheid, hierdie rassisme perd is nou al so hol gery waar kom vryheid van spraak nou in. Maar nee dit geld mos net vir sekere mense. Dubbel standaarde. Jammer dat ons dit moet beleef.

LR ·

Natuurlik is Venter 100% reg. Zuma het hierdie land se ekonomie met 25% laat krimp, dit is waarskynlik die rede vir die 26% werkloodheid vandag.
In die ou dae sou so n skuldibevinding as n halsmisdaat beskou word, maw die oplê van die doodstraf.
Zuma is nie net die swaste leier ooit in SA nie maar ook van die swakste in Afrika ooit.

Fanie ·

Ja wat sal ons nou se in die apartheids jare het die land n posetiewe groei gehaat nou is dit al die pad net negatief die hele land word net afgebreek en vernietig en verhoudings tussen mense spreek boekdele

De Villiers ·

Dit blyk dat mnr. Venter, net soos die ANC en EFF, onkundig is oor die land se geskiedenis. In die apartheidsjare het ons ekonomie bly sterk groei, daar was vooruitgang en die staatskas was vol geld. Kyk waar was die Rand/Dollar verhouding. Daar bestaan dus geen verband te tussen die apartheidsjare en Zuma se era met die bestuur van die land se ekonomie nie.

Carl Jordaan ·

Hoe lank moet ons nog op eierdoppe loop? so versigtig wees dat daar nie iets gesê word wat verkeerd, selfs moedswillig, as rassisties beskou kan word nie, al het dit net mooi niks daarmee te doen nie? Dit terwyl daar blatante haatspraak is, waarvan niks gebeur nie. Voor ons ophou om die rassekaart te speel, elke keer as ons nie met die boodskapper versskil, sal ons doof bly, verdeeld wees en kinderagtig optree.

Hentie Smit ·

Prof. Theo sal moet leer dat jy nie in die nuwe Suid Afrika mag objektief wees nie.

Janosh ·

Ek ek wil ook net verder byvoeg dat Trevor Manuel op 18 Mei 2018 in soveel woorde bykans presies dieselfde kwytgeraak het:

“I make no apologies for sharing my view that the Presidency of Jacob Zuma was a total disaster for South Africa. His legacy has left us with the biggest challenge yet since democracy and these challenges will arise in an ongoing way. One only has to assess the extent of destruction of key state institutions, especially in the criminal justice and state security institutions. In addition, virtually all of the State-Owned Corporations have been bankrupted by the awful combination of corruption and mismanagement.”

Ella ·

Janoch jy is reg dan moet mnr Manuel ook ondersoek word. Iemand moet dit onder iemand wat saak maak, se neus vryf.
Die ding is net: die regerende party “aanvaar” dit onder protes as een van hulle dit se. Theo is ongelukkig nie een van hulle
Sterkte Theo.
Ek het geluister en ek dink Niehaus het nie beindruk nie. Hy was aanvallend en geirriteerd en ongeduldig met jou.

Charles ·

Ek stem saam,Mnr Venter.

Zuma se termyn as uitvoerende president kan beskryf word as ‘n verwatering en vertrapping van menseregte, Maar BELANGRIK,ook van die Oppergesag van die Reg; en die vryelike pleeg van korrupsie en misdaad sonder enige gevolge.

In vergelyking kan PW Botha se termyn,wat een van groot uitdagings was, beskryf word as “in pas met sy tyd”.
Teenoor PW se termyn, kan Zuma se termyn beskryf word as “100 stappe terug” en die plundering van hulpbronne en die skading van SA se wereldbeeld,100 stappe terug” omdat die vergrype gepleeg was te midde van die teenwoordigheid van ‘n “soewereine grondwet” wat die mistastings moes verhoed, maar nie het nie, soos bv die onderdrukking van ons geliefde taal Afrikaans!! (dan praat ek nie v/dkorrupsie eers nie)

DIe bg. gebeure het nogal plaasgevind te midde van “die wonderlikste grondwet wat die wereld ooit gesien het”/s.

Mnr Venter, staan sterk asseblief! Moenie dat die voorskriftelike gedagtepolisie (“thought police”) vir een oomblik jou vryheid van spraak en van vryelike uitdrukking kniehalter nie en vir jou se hoe en wat jy moet dink nie!!!

Ons mag nie en sal nie dat politiese korrektheid ons vernietig nie!

Dankie daarvoor dat jy na my mening die waarheid gepraat het en nie bang was om so te doen nie, jy is my held!!! DIE WAARHEID SAL SEEVIER!!!

Die gety is besig om te draai…Lank lewe die Afrikaners en ons erfenis !

Nel ·

So kan dit nie aanhou nie – daar sal iewers ‘n keerpunt moet kom. Binnekort sal ons nie meer ons monde mag oopmaak nie.

Die paddapot gaan binnekort oorkook.

Al ·

Carl Niehaus se dae is saam met Zums getel, hy klou aan ñ greintjie hoop van die soustrein wat die stasie alreeds verlaat het. Shame sonder Zums is hy niks.

Liberaal ·

Waarom word my liberale broers en susters so uitgehaal, ons het dan als weggegee, wat wil hulle meer he?

Kwaksalwer ·

Alles word vergelyk. Skole se prestasies, die regering se vordering, moord statistieke, voertuie en so kan ons aangaan…… Is dit rassisties of polities? Hulle is besig met heksejag!

Johan ·

Ja Carl Niehaus. Nou wil jy weer massas mobiliseer om af te breek, aan die brand te steek tot julle jul sin gekry het. Net odat iemand van jou verskil.

Ek huldig al vir jare die opinie dat die ANC ‘n “rookskerm organisasie” is. Skryf en praat baie oor demokrasie, vryheid van spraak, nie-rassigheid, respek vir andere se opinies, ensovoorts. Mnr Niehaus, JOU uitsprake bewys dat die ANC juis nie dit is nie. As iemand iets kwytraak (vryheid van spraak) wat nie strook met die ANC se opinie nie, dan kan julle dit nie hanteer nie. Die ANC het geen resoek vir andere se opinie nie en weet nie wat sinvolle debat/dialoog is nie. Die afgelope konferensie in KZN is net nog ‘n BEWYS dat my stelling die waarheid is. Selfs binne die ANC is daar nie vryheid van spraak nie – jy word verskreeu as jy iets verkeerds kwytraak.

Gaan lees gerus meer op oor die geskiedenis van die ANC – wolf in skaapklere is die kort en bondige opsomming van hierdie organisasie.

Michael ·

Ai Carl Niehaus.Die man raas net. Wat het hy vir die land gedoen?

EP ·

Hy was nog altyd ‘n opportunis en vergeet heeltemal van al sy skelmstreke! Wonder watter bedrog hy nou weer in die mou voer by MKMVA?

Ella ·

Politici moet vir vyf jaar verbied word om enige politiek te bedryf na hulle uitgetree het.
In die besigheidswereld is dit algemene praktyk om kompetisie en ondermyning te verhoed.

marous ·

Ag siestog , en net nou die dag was hulle almal dik tjommies …..

Elize Geldenhuys ·

Voel ek wil my hare uit my kop trek en UITSKREE: “Kan iemand nie net ‘n selfbeeldinspuiting navors dat ons net in hierdie land VORENTOE kan beweeg nie!!!” Niks kan die verlede verander nie, MAAR ons kan ons toekoms verander. Gebruik die ENERGIE – wat elke woord van ‘n blanke (LW nét blankes) te ontleed en weer te ontleed en te draai en te knoop en te WAT ookal TOT dit rassisties is – en wend dit aan om positiewe selfbeelde – in plaas van ewige slagofferbeelde – te skep!

snaaks genoeg ·

Snaaks genoeg!!!
Hulle (ANC en res van Afrika volk) kan en mag se en rassistiese aantuigings rond slinger en geen haan kraai daar oor nie maar sodra die waarheid op die tafel gegooi word dan is daar hel to play, skorsings, onthoofting, tong uitruk, brandstapel, steeniging ens.
Soos die spreekwoord se – die waarheid maak altyd seer en tref jou soos david se slingerklip tussen die oe!

Annemarie Bakker ·

Party mense ly aan n geweldige vervolgingswaan en sommiges probeer weer om opnuut in die ANC se goeie boekies te kom. Hou tog op met die gekarring en lewer n positiewe bydrae . Ek skaam my vir die politieke moeras waarin SA verval het en sien geen positiewe uitkoms vir die land nie. Hierdie rasbeheptheid kniehalter ekonomiese vooruitgang.

elize ·

Kan iemand van die ANC, EFF, CNA of noem die partye net wat julle wil vir my ‘n verduideliking gee oor die woord rassisme. My honde word ook nou beskuldig dat hulle rassiste is omdat hulle vir almal blaf en niemand in die erf wil toelaat nie.

Jahn von Brandis ·

ANC beleid is rassisties en dit sluit al hul presidente in

SêNetSommer ·

Carl Niehaus het in die 1990’s al as kommunis stem gemaak met sy boek. ‘Om te veg vir hoop’.
Toe hy in Nederland ambassadeur was het hy my broer gevra hoe voel dit om nou in d wit ry te sit. Aan n etenstafel met Europese politici.
Ek het by prof Venter klas gekry. Steun hom! Staan by jou Prof.

Anoniem ·

Vandag as jy n wind los in die verkeerde mense se geselskap dan is dit rassisme. Venter het sy mening gegee en ek voel hy is reg. Daar was wel korrupsie voor 1994 maar nie so dat die land ten gronde gaan. Daar sal altyd ook korrupsie wees ongeag wie in beheer is van die land dit is net die graad van korrupsie wat sal plaasvind dit kan of meer of minder wees afhangend van hoe gulsig jy is. Daar gebeur elke dag korrupsie in besighede die ou gee jou 10% van al die werk wat hy by jou kry en die een gee jou soveel as jy dit vir hom doen. Dus is korrupsie ongelukkig deel van ons samelewing en sal nooit uitgeroei word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.