‘Politieke partye se misbruik van grondkwessie is ʼn gevaarlike speletjie’

Dr. Pieter Groenewald. Argieffoto: Twitter

Die VF Plus het gesê politieke partye misbruik die grondkwessie om emosie in Suid-Afrika op te jaag en dit kan onvoorsiene gevolge vir die toekoms inhou.

Dit was die boodskap van dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, in sy ledeverklaring Dinsdag in die parlement.

“Ek het by verskeie geleenthede hier in die parlement gesê grond is ʼn emosionele saak. Ek het ook by verskeie geleenthede ʼn beroep op politieke partye gedoen om omsigtig om te gaan met die grondkwessie,” het Groenewald gesê.

“Dit wat ons tans sien, is hoe politieke partye op ʼn onverantwoordelike manier die grondkwessie misbruik vir populistiese steun met die oog op volgende jaar se algemene verkiesing.”

Groenewald het gesê die uitsprake is “uiters onverantwoordelik” en dit verdeel die gemeenskap.

“Die standpunte wat ingeneem word, is gevaarlik en verhoog die emosies in Suid-Afrika sodanig dat dit eindelik ʼn verdeelde land gaan veroorsaak”.

Die VF Plus het ʼn beroep op alle politieke partye gedoen om rasioneel te raak oor grond en om op te hou om die grondkwessie, en veral onteiening sonder vergoeding, te misbruik om “hul eie onvermoë om kiesers te lok”, te misbruik ten koste van die land se ekonomie.

“Die ANC veral praat hieroor uit verskillende monde en maak gevaarlike uitsprake. Dit moet stopgesit word, anders gaan dit lei tot onvoorsiene gevolge vir Suid-Afrika,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Callie ·

Maroela kan julle bevestig of ontken van die grond n Randfontein. Riaan Slabbert het n voice note waarin hy dit stel daar is 16:00 gister op sy grond toegeslaan

Sune van Heerden ·

Dagsê Callie

Dankie vir jou boodskap.
Ons is bewus van die stempos wat uitgestuur word, maar kan bevestig dat dit nie die waarheid is nie. Ons het met verskeie bronne en die polisie hieroor kontak gemaak.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Joshua ·

VF, waar was julle met al hierdie grond berade? Nerens,en kyk in watse EFF gemors het dit ontaard teen die boere.

Stella ·

Die grondberade was n sirkus waar geen blanke kon wen nie. Wat het dit gehelp om daar te praat? Die ANC se agenda was duidelik van die begin af!

Jaco Prins ·

Stella, daar het baie van ons VF+ raadslede en interne leiers deelgeneem aan die debatte. Gaan soek maar Werner Weber se baie goeie stelling wat hy by die komissie se verhoor in Mpumalanga gemaak het. Hy en Anton Alberts het ook al die Swazi’s gaan sien daaroor en hulle het bevestig dat geen onteining daar kan plaasvind nie en dat daar soortvan ‘n grensdispuut met SA daar is.
Ek self was by twee in die Wes-Kaap en het by een kans gekry om my sê te sê. Verder is daar talle media verklarings uit, maar word grootliks deur die media ignoreer. Gelukkig is Maroela media meer ontvangklik teenoor ons. – Jaco Prins VF+ Provinsiale organiseerder, Wes-Kaap

Dawie ·

Gebruik die grond as basis vir onderhandeling vir selfbeskikking want in ons eie land sal boere geen risiko loop om grond te verloor nie.

Vra maar net ·

Hoeveel parlementslede verstaan afrikaans maw hoeveel verstaan wat Dr Groenewald se?

Phillip ·

Dit word vertaal hier halou daar Vare maar net als word in eng gedoen diudelik werk jy nie vir die staad nie

Ellisras ·

Agri SA, ‘n federasie van landbou organisasies, was gestig in 1904 as die Suid-Afrikaanse Landbou Unie en bestaan uit 9 provinsies en 26 bedryfsorganisasies asook 33 korporatiewe lede. Wesenlik verteenwoordig Agri SA ‘n diverse groep van individuee ongeag van geslag, ras of geloof.

Anoniem ·

President Ramaphosa moet maar PA STAAN vir die gemors wat nou begin het ! Dit gaan in alle waarskynlikheid HOM SY PRESIDENTSKAP KOS !!!!!

Jerry ·

Wat is die oplossing vir die gevaarlike uitsprake Mnr Groenewald? Het die VF en sy frontorganisasies met hulle paralelle strukture teenoor staatsstrukture gebeurlikheidsplanne en die wetstoepassing mannekrag in plek vir grondgrype gedurende die verkiesing, want wees verseker dat die EFF landwyd tydens die verkiesing gaan toeslaan op alle plase wat teen daai tyd nog nie onteien is nie en dat die staat se wetstoepassers mannekrag vir die verkiesing ontplooi sal wees en dus erg uitgedun gaan wees om grondgrype te hanteer. Die 2019 verkiesing en grondgrype sal vir Afrikaners n goeie aanduiding wees of die VF en sy frontorganisasies net n klomp grootheidswaan grootprater projekbestuurders is en of julle regtig doeners met ruggraat is! Tot dusver het julle met plaasmoorde wat steeds plaasvind, erg teleurgestel met julle plaasbeveiliging inisiatiewe as alternatief vir die staat se onvermoe om boere en werkers te beveilig. Soos die engelse se, put the money from your member organisations where your mouth is!

Nic ·

En wat het jy al gedoen Jerry?
“Any fool can see what is wrong, but can you see what is right?” – Winston Churchill

Francois vRvO ·

Baie dankie aan Dr. Groenwalt wat die voor die hand ligende opmerking gemaak het in die parlement , alhoewel dit op dowe ore geval het. Ek sal graag wil sien hoe hy van die ANC en EFF stemme op hom wil trek, onmoontlik?
Ongelukig is hy vasgevang tussen ‘n klip en ‘n warm plek , want as hy himself beywer vir Afrikaner regte , sal hy nie profeir maak met die massas nie , as hy himself beywer vir die massas , verloor hy die Afrikaner se stem.
Miskien moet die strategie wees om almal wat hulself Christinne noem , te probeer mobiliseer. Hulle hoef nie die hele bybel te ken nie , fokus net op die 10 gebooie en verduidelik vir hulle dat jy nie ‘n krimineel in beheer van die geld moet sit nie.
Enige ander voorstelle?

Paul ·

Ek sien Willemien Brummer (agterkleindogter van Langenhoven) wat vir Die Burger skryf sê vanoggend in ‘n artikel dis tyd dat Afriforum, hulle nóú aan die grondkwessie onttrek. Ek hoop sy lees hierdie berig.

Jerry ·

Ja, Nic ek sien wat verkeerd is en wat reg is. So sien ek dat dit reg is om Rene Otto in sy persoonlike hoedanigheid te looi vir sy beledigings teenoor die Afrikaner en so sien ek dat dit verkeerd is om MiWay, Santam en Sanlam te boikot en sodoende die werknemers en die se gesinne te laat ly vir iets wat Otto kwytgeraak het. So sien ek ook dat dit verkeerd is om die regering van die dag te ondermyn en die ekonomie te saboteer deur buitelandse investering te ontmoedig en ek sien dat dit reg is om saam oplossings te vind en te implementeer. Ek sien dat om die regte dinge verkeerd te doen slegte gevolge vir die belange van die Afrikaner inhou deurdat dit veroorsaak dat die belange geteiken word. Ek sien dat om die regte dinge reg te doen baie help om die onreg van die verlede reg te stel sonder noemenswaardige skade aan Afrikaner belange. Ek sien dat dit reg is om inisiatiewe te loods wat alle Suid Afrikaners ophef, maar dat dit verkeerd is om net een groep op te hef en ander uit te sluit. Ek sien dat dit reg is van lede om te betaal vir plaasbeveiliging, maar ek sien dat dit verkeerd is dat boere dan nog steeds vermoor word. Ek sien dat dit reg is om bevoorregting te bly nastreef, maar dat dit verkeerd is wanneer dit ten koste van ander geskied. En so kan ek aangaan sonder ophou!

susan ·

En sy is só reg Paul Afriforum het ‘n storm in die tee koppie losgelaat en nou is die duiwel los hulle het géén bewyse dat die lys met plaasname bestaan nie

Realis ·

“onvoorsiene gevolge vir die toekoms” Dis nie onvoorsiene nie. Die kommunis se speelboek is nog altyd BAIE duidelik. Niks wat nou of in die laaste 20+ jare gebeur het was onvoorsiene nie. Hulle hou absoluut by hulle spelreëls. Dis die naiewes onder ons wat reken praat gaan iets verander. Selfs nie eers die opneem van wapens gaan hulle van stryk afbring nie. Iets om oor te wonder; al die geld wat so deur die jare “weggeraak” het, watter land word betaal om te kom help met die finale oorname?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.