Die VF Plus het gesê politieke partye misbruik die grondkwessie om emosie in Suid-Afrika op te jaag en dit kan onvoorsiene gevolge vir die toekoms inhou.
Dit was die boodskap van dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, in sy ledeverklaring Dinsdag in die parlement.
“Ek het by verskeie geleenthede hier in die parlement gesê grond is ʼn emosionele saak. Ek het ook by verskeie geleenthede ʼn beroep op politieke partye gedoen om omsigtig om te gaan met die grondkwessie,” het Groenewald gesê.
“Dit wat ons tans sien, is hoe politieke partye op ʼn onverantwoordelike manier die grondkwessie misbruik vir populistiese steun met die oog op volgende jaar se algemene verkiesing.”
Groenewald het gesê die uitsprake is “uiters onverantwoordelik” en dit verdeel die gemeenskap.
“Die standpunte wat ingeneem word, is gevaarlik en verhoog die emosies in Suid-Afrika sodanig dat dit eindelik ʼn verdeelde land gaan veroorsaak”.
Die VF Plus het ʼn beroep op alle politieke partye gedoen om rasioneel te raak oor grond en om op te hou om die grondkwessie, en veral onteiening sonder vergoeding, te misbruik om “hul eie onvermoë om kiesers te lok”, te misbruik ten koste van die land se ekonomie.
“Die ANC veral praat hieroor uit verskillende monde en maak gevaarlike uitsprake. Dit moet stopgesit word, anders gaan dit lei tot onvoorsiene gevolge vir Suid-Afrika,” het hy gesê.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
17 Kommentare
Maroela kan julle bevestig of ontken van die grond n Randfontein. Riaan Slabbert het n voice note waarin hy dit stel daar is 16:00 gister op sy grond toegeslaan
VF, waar was julle met al hierdie grond berade? Nerens,en kyk in watse EFF gemors het dit ontaard teen die boere.
Gebruik die grond as basis vir onderhandeling vir selfbeskikking want in ons eie land sal boere geen risiko loop om grond te verloor nie.
Hoeveel parlementslede verstaan afrikaans maw hoeveel verstaan wat Dr Groenewald se?
Dit word vertaal hier halou daar Vare maar net als word in eng gedoen diudelik werk jy nie vir die staad nie