Politieke partye verwelkom uitspraak teen BLF

Lede van Sanef buite die Johannesburgse hooggeregshof Foto: Lindi Masinga / ANA

Spanning het Vrydag hoog geloop tussen lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) en lede van Black First Land First (BLF) buite die Johannesburgse hooggeregshof nadat die hof ʼn interdik toegestaan het teen BLF wat die media geteister het.

Regter Corrie van der Westhuizen het vinnig ʼn uitspraak gelewer ten gunste van Sanef en gesê BLF moet homself weerhou om joernaliste by hul huise, by die werk of by ʼn toneel te intimideer, te teister of te dreig. Hy het BLF ook opdrag gegee om die kostes te betaal. Hulle moet ook alle kommentaar op sosiale media binne 12 uur terugtrek.

Krete van “mediavryheid” kon in die hof gehoor word nadat die uitspraak gelewer is.

Andile Mngxitama, leier van BLF, en ander BLF-lede het reageer deur rassistiese opmerkings te skree vir verslaggewers wat die hof verlaat het.

“Ons het vir julle gesê hierdie wit regter kan nie vertrou word nie,” het Mngxitama buite die hof gesê. “Wit regters kom van apartheid. Daar was ingewikkelde sake voor hom. As hy so duidelik geweet het wat hy wil sê, dan kon hy dit gister al gesê het.”

Mosiuoa Lekota van die Congress of the People en Kenneth Meshoe, leier van die ACDP, het die verslaggewers in die hof ondersteun en die uitspraak verwelkom.

Meshoe het gesê daar kan geen suksesvolle demokrasie wees sonder mediavryheid nie. “Ons staan hier in solidariteit met die media vir mediavryheid in Suid-Afrika. Verslaggewers moet hul werk sonder vrees of intimidasie kan doen. Intimidasie moet te alle koste veroordeel word,” het hy gesê.

Lees alle vorige berigte oor die BLF op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Kaspaas ·

N mors van tyd en geld. Sommer by die eerste pers konferensie op die stoep van die hof verbreek die rasiste al die reels. Hulle moes daar en dan ge arresteer word maar niks. Hulle is op die Gupta salaris lys saam met baie ANC politikuste.

Sowaar ·

Wie sit agter die BLF? Waar kom die geld vandaan?
Ek kan raai dis ‘n ANC, Guptas/Zuma, NI kombinasie. Dit beteken dat die belastingbetaler self daarvoor betaal.

pie van die sky ·

Die BLF is netsoos die Amerikaanse Black Lives Matter beweging, ‘n hoogs radikale, revolusionêre liggaam gestig en befonds uit die Neo-liberale Marxistiese hok van George Soros internasionaal. Hulle oogmerk is NIE demokraties nie en hul eindteiken die totale vernietiging van alles wat blank en wat in blanke besit is. Ken jou vyand, ken hom goed…

Johann cb ·

Baie eienaardig dat daar nie kommentaar gelewer word nie – joernaliste gee ons die nuutste nuus en is die kern van die samelewing…
Baie geluk met die oorwinning, en mag persvryheid van krag tot krag vooruitgaan! Sterkte aan Maroela Media!

Pieterlewismuts ·

Is dit moontlik dat die BLF glo dat n hof uitspraak kinderspeletjies is en wat net WOORDE is wat op n stuk papier bestaan?
Dit is miskien nodig dat hulle behoorlik opgevoed word en die realiteit van die werklik lewe aan hulle verduidelik word.

n Munt het twee kante.

Pie van die Sky ·

Jy maak ‘n fout: ‘n muntstuk het DRIE kante ….

Hanna ·

Sodra die persoon nie meer n argument het nie, skree hy rassisme… So voorspelbaar! Dit raak nou al afgesaag.

Eish ·

Ek sien met verwagting uit na die eerste arrestasies, verhoor en vonnisoplegging.

Swannie ·

Nee wat, daar sal niks gebeur nie. Die mense is net “verkeerd”verstaan of “verkeerd”aangehaal.
Om `n hofbevel te ignoreer het ook geen nagevolge meer in ons land nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.