Politikus gevind ná hy uit huis verdwyn

Neels van Rooyen, hoofsweep van die ANC in die Vrystaatse wetgewer. Foto: SAPD

Neels van Rooyen, hoofsweep van die ANC in die Vrystaatse wetgewer, is opgespoor nadat hy Sondag op raaiselagtige wyse uit sy huis in Bloemfontein verdwyn het.

Lt.kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, het Woensdag aan Maroela Media gesê Van Rooyen is ongedeerd opgespoor, maar nie deur die polisie nie. “Die vermistepersoonsaak is teruggetrek en die polisie is meegedeel dat hy nie meer vermis word nie. So, dit is nie duidelik waar hy gevind is en of hy ooit regtig vermis was nie,” het sy gesê.

Ao. Loraine Earle, woordvoerder van die polisie, het Dinsdag gesê Van Rooyen (67) is Sondag teen 07:00 by sy huis in Koringspruitstraat, Fleurdal, die laaste keer gesien. “Van Rooyen se verloofde het wakker geskrik van die geluid van ʼn deur wat oopgemaak word en sy het gedink hy gaan stap. Hy het egter nie teruggekeer huis toe nie,” het Earle gesê.

Van Rooyen het sy beursie en selfoon by die huis agtergelaat. Sy verloofde het later na hom gaan soek, maar kon geen teken van hom vind nie. Sy het hom Maandag by die Parkweg-polisiestasie as vermis aangemeld.

Earle het gesê geen gemene spel word vermoed nie.

Van Rooyen is ook die voorsitter van die provinsie se staande komitee oor openbare rekeninge.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Tammy ·

Laat die gesoekte n fooi betaal vir die onkoste en ongerief veroorsaak. Dit kan slegs kwyt geskeld word in n geval van Alzheimer se siekte!!! Dit gebeur nou net te dikwels dat mense kamtig verdwyn om net weer ongedeerd terug te kom huis toe. Nee man, twak!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.