Polo in twee geruk in KZN-ongeluk

Die motor is tydens die ongeluk in twee geruk. (Foto IPSS)

ʼn Volkswagen Polo is in twee geruk in ʼn ongeluk op die N2 naby Nyoni in KwaZulu-Natal. Twee mense het in dié ongeluk omgekom.

Paul Herbst, woordvoerder van IPSS Medical Rescue, sê ʼn insleepvoertuig het vanoggend oënskynlik weens die gure weer stadig in die noodbaan gery toe ʼn rooi Polo uit ʼn aankomende rigting reg van voor teen hom gebots het.

Nooddienswerkers op die toneel naby Nyoni in KZN. (Foto: IPSS)

“Die groot impak van die botsing het die Polo in twee geskeur. Die bestuurder en passasier is op die toneel dood verklaar,” het Herbst gesê.

Die bestuurder van die insleepvoertuig is ernstig beseer. Herbst het gesê lewenskake moes ingespan word om die man uit die voertuig te bevry.

Die passasier het ligte beserings opgedoen.

Twee mense is in die ongeluk dood. (Foto: IPSS)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

DieKriek ·

95% van die bestuurders wat my met n woeste spoed onwettig verbysteek, ry Polos.

DieKriek ·

Nee, ek sou nie want dan lieg ek. Ek het n dash cam as jy wil kyk.

Phillip ·

Spoed vraat ek ry so dat ek my kar kan beheer as daar n kar van voor af kom wat verby steek trap ek briek so dat hy tyd het om verby te kom maar van dag se mnse sal eerder ligte gooi maar nie spoed virminder nie

JohanR ·

Was die insleepvoertuig in die verkeerde laan al het hy stadig gery? In alle geval meeste bestuurders van Polo’s is mal jaagers!

JM ·

Wragtig, hier gaan ons alweer! Nou sing jy ook in die koor! Die tipe kar bepaal nie die bestuurder nie!

Misky ·

So die Polo het aan verkeerde kant van die pad se geel streep gery as ek reg verstaan. En boonop met n hengse spoed dat die impak so hard kon wees dat kar in twee dele is. Waansinnigheid!!!

Wat ek ook deesdae sien is dat die taxis ook so ry agter ambulanse of SAPS voertuie wat na ongelukstoneel gaan. Jaag ook dan so in geel lyn om verby stil verkeer te gaan teen hengse spoed. En hulle kom weg daarmee

Sarel ·

Polo’s o gits altyd gedink dit is die ouens mrt die BMW’s
In elk geval…..Selfmoord?
Of was een van hulle nie bewus aan watter kant van die pad hy/sy was nie.

Linda ·

Daar is ook die bestuurders wat nog groot ongelukke gaan veroorsaak aangesien hulle, hulle
die reg toe-ein om jou uit die pad te probeer dwing wanneer jy by die spoed grens hou,dit is blykbaar vir hulle aanvaarbaar om die spoed te oorskry en ook mense wat te goed is vir volg afstaande,hulle
gebruik dit om voor jou intesny.

Duck ·

Moet ook nou nie die insleep aasvoèls vergeet nie, hul is nes taxi’s, as daar ‘n ongeluk op hul radio uitgesaai word laat loop hul geel streep, rooi streep en stron* streep. Hier in die Kaap is hul ERG
Sunshine or rain
Geen respek nie
so ja, ek sal die ongeluk aan die insleep diens se deur hang, vir een of ander rede was hy in die geel streep teen slakke pas, mos gekyk of daar nie ‘n ou ongelukkie erens is nie. So as jy teen 120 km/h ry en hy ry teen 20 km/h moontlik aan die verkeerde kant van die pad want dis mos nou vir hom legal met sy hazards aan………kyk mooi, die ongeluk het in die aankomende kant van die pad gebeur, wat soek MR. Aasvoèl daar?

Cherokee ·

En intussen wil die ander wat kommentaar lewer, die Polo beskuldig.

JM ·

DieKriek, dit het bôggerol met die fabrikaat kar te doen!! Dit was die roekelose jaagduiwel!

Kalla ·

Ja maar dit is juis elke Jan rap en sy maat wat deesdae ‘n Polo ry omdat hy so naby lyk aan ‘n Golf.

christo ·

Dis nie net Polos nie, die mense met Ford Rangers en reuse Toyota Hiluxes is net so skuldig.Nie net verby jaag nie, ook oor rooi verkeersligte en stopstrate. Soms wens ek dat ek ‘n Ratel IGV het waarmee jy net aanhou met reguit aan ry as die padvarke op sperstrepe verbysteek. Menigte onskuldige bestuurders het al voertuie gerol om ongelukke te vermy wat deur hie padvarke veroorsaak word.

Nico ·

Hoeveel bestuurders weet wat is die volg afstand want daar is van hulle so kort op jou ry dat die hoofligte nie eers gesien word nie asof hulle parkeer plek soek in jou motor se bagasie bak.

Rudolf ·

Ek het gister oggend die ongelukstoneel verby gery. En die weer was baie sleg, wat ek wel geobserweer het is dat die mense terug Durban se rigting jaag soos waaghalse. Daardie stuk pad, al die pad van Richard’s baai af tot voor Durban het ek nie een verkeersbeampte gewaar nie. Daar is ook geen spoed kameras op daardie stuk soos genoem nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.