Thembi Nkadimeng, burgemeester van die Limpopo-hoofstad, het gesê die skorsing kom op aanbeveling van die nasionale tesourie nadat hulle die stadsraad se verskaffingskettingbestuur-prosesse met betrekking tot sekere tenders ondersoek het.
“Ek het ʼn verslag aan die raad voorgelê in my hoedanigheid as uitvoerende burgemeester oor die voorstellings wat ek van lede van die senior bestuur ontvang het,” het Nkadimeng gesê.
Sy het gesê amptenare was na bewering betrokke by die onreëlmatige aanstelling van diensverskaffers sonder dat die behoorlike prosesse gevolg is. Hulle word ook daarvan beskuldig dat hulle betaling ontvang vir werk wat hulle sonder goedkeuring buite hul kontrak met die stadsraad doen, asook verswyging daarvan.
Volgens haar kon van die direkteurs nie redes gee waarom hulle nie geskors moet word nie.
“Die skorsing is met volle betaling en sal vir ʼn tydperk van drie maande duur wat op 18 November 2015 tot ʼn einde sal kom. Sou die dissiplinêre prosedures nie voor 18 November begin nie, sal die skorsing outomaties verval.”
Ai ja ne!!! Dit is mos nou glad nie meer snaaks nie!!!!
Weereens skorsing met volle betaling. Dit gaan lekker in nuwe SA.
Lekker lang vakansie vir hulle en ons moet opdok daarvoor