Polokwane-hoës geskors oor onwettige tenders

Argieffoto: www.rabobank.com

Argieffoto: www.rabobank.com

Ses direkteurs van die Polokwane-stadsraad is geskors nadat hulle glo multimiljoenrandse tenders toegeken het sonder om die regte prosedures te volg.

Thembi Nkadimeng, burgemeester van die Limpopo-hoofstad, het gesê die skorsing kom op aanbeveling van die nasionale tesourie nadat hulle die stadsraad se verskaffingskettingbestuur-prosesse met betrekking tot sekere tenders ondersoek het.

“Ek het ʼn verslag aan die raad voorgelê in my hoedanigheid as uitvoerende burgemeester oor die voorstellings wat ek van lede van die senior bestuur ontvang het,” het Nkadimeng gesê.

Sy het gesê amptenare was na bewering betrokke by die onreëlmatige aanstelling van diensverskaffers sonder dat die behoorlike prosesse gevolg is. Hulle word ook daarvan beskuldig dat hulle betaling ontvang vir werk wat hulle sonder goedkeuring buite hul kontrak met die stadsraad doen, asook verswyging daarvan.

Volgens haar kon van die direkteurs nie redes gee waarom hulle nie geskors moet word nie.

“Die skorsing is met volle betaling en sal vir ʼn tydperk van drie maande duur wat op 18 November 2015 tot ʼn einde sal kom. Sou die dissiplinêre prosedures nie voor 18 November begin nie, sal die skorsing outomaties verval.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Lynette ·

Weereens skorsing met volle betaling. Dit gaan lekker in nuwe SA.

Liewe lulu ·

Lekker lang vakansie vir hulle en ons moet opdok daarvoor

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.