Polokwane-hospitaalteaters vir instandhouding gesluit

Argieffoto

Argieffoto

Operasieteaters by die Polokwane-hospitaal is gesluit weens ʼn “instandhoudingsproses” as gevolg van verkoeleraanlegte wat nie werk nie, het die departement van gesondheid in Limpopo gesê.

Al die teaters, buiten die kraamteater en een vir noodgevalle, is gesluit.

Volgens die departement is diensverskaffers op die toneel en sal die instandhouding na verwagting teen 5 Desember afgehandel wees.

“Die departement sal betyds met die publiek kommunikeer indien daar enige vertraing sou wees oor die afhandelingsdatum. Ons het egter reëlings getref dat sekere prosedures intussen by Mankweng, Seshego en Lebowakgomo gedoen sal word. Ons vyf streekshospitale is ook bekwaam om sekere prosedures te hanteer en ons sjirurge sal van dié fasiliteite gebruik maak.”

Die departement het bygevoeg die fasiliteite is oud en sekere afdelings sal mettertyd moet sluit om noodsaaklike instandhouding te doen. “Ons doen ʼn beroep op die inwoners van Limpopo om geduldig te wees tydens dié periode en wanneer hulle enige uitdagings beleef, kan hulle kontak maak met die uitvoerende hoof van die hospitaal of kliniekbestuurders.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Justice ·

Met alle waarskynlikheid het iets in die verkoeleraanleg gebreek wat nie meer met `n stuk draad en tang herstel kon word nie. Hy het nou finaal gegroet – eish.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.