Polokwane-ma se moordenaar gevonnis

Tanya Wiers

Frans Maela (26) is Maandagmiddag in die Polokwane-hooggeregshof gevonnis vir die moord op Tanya Wiers.

Regter Gerrit Muller het Maela tot twee keer lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op en verkragting van Wiers. Hy is ook tot ʼn verdere 15 jaar tronkstraf gevonnis vir roof met verswarende omstandighede.

Dít volg nadat Maela verlede Vrydag skuldig bevind is aan die aanklagte teen hom. Hy het Wiers op 7 Februarie 2017 grusaam in haar huis op Polokwane vermoor.

Rolf Wiers, Tanya se man, was in die hof tydens die vonnisoplegging en is tevrede met die straf wat Maela opgelê is. “Ek kon nie vir ʼn beter vonnis gevra het nie. Dit gaan nie my omstandighede verbeter nie en dit gaan nie die leemte vul wat my vrou se dood gelaat het nie, maar dit gaan verhoed dat [Maela] weer iets aan enigiemand anders doen. Dit voel soos ʼn las van my skouers af,” het hy aan Maroela Media gesê.

Volgens Wiers het Maela geen emosie of berou tydens die vonnisoplegging getoon nie. “Niks gaan ooit kan terugdraai wat hy gedoen het nie.”

Maroela Media het vroeër berig Wiers se seun het die middag van sy ma se moord op haar liggaam afgekom toe hy van die skool af teruggekom het. Wiers het verskeie steekwonde aan haar nek en verdedigingswonde aan haar hande gehad. Haar oë is met ʼn onbekende skerp voorwerp verwyder.

Frans Maela. Foto: SAPD

Wiers het destyds aan Maroela Media gesê hy is daarvan oortuig dat die moord nie deel van ʼn gewone rooftog was nie omdat baie min uit die huis gesteel is. Slegs Wiers se trouring en -pand, toonring, armband en rekenaartablet is gesteel.

Die aanvallers het glo twee messe uit die gesin se kombuis gebruik om Wiers mee te vermoor. Die messe is weer gewas en in die messeblok teruggesit, voordat hulle weg is. Wiers se hare is later aan een van die messe gevind.

Maela is dieselfde aand wat die moord plaasgevind het in hegtenis geneem. Hy het ten tyde van die misdaad elders in die buurt gewerk.

Lees alle vorige berigte oor Tanya Wiers op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

christine ·

Baie sterkte aan man en seun so tragiese verlies op so n wreede manier moes die gemors die selfde gegee het kan sien hy n moordenaar weet nie hoe voel daai kind wat moes gesien het hoe lyk sy ma .

Eben P ·

Rolf geen woorde kan die seer van jou en jou seun verminder. Is ek reg hier en indien nie sal ek graag reggehelp wil word … ongeag sy vonnis is dit nie so dat hy na 15 -18 jr vir goeie gedra uitstap of na 25jr? Dit alleen maak mens siek vir ons regsstelsel

PJ ·

So wreed. Hoop sy siel vind nooit vrede nie. Dankie regter vir maksimum vonnis, hopelik bly agter tralies vir die res van sy lewe. Sterkte aan die familie wat nou moet aangaan met hulle lewens sonder haar ????

aj ·

Dringende navorsing is nodig!

Waarom het Maela vir Tanya Wiers geteiken? …. en nie iemand anders nie?

Die antwoord kan ander mense se lewens red!

Adrian ·

Hier staan geskryf aanvallers !! Waar is die res van die bende , ook gevang of loop die nog vry rond

Christien vd Westhuizen ·

As die verpesting aansoek doen vir parool moet haar man of seun dit met alle mag teenstaan hoekom het hy haar dood gemaak en so wreed hy moet 65jr in die tronk sit

Besigheids vrou ·

Ek is is besigge en suksesvolle Besigheidsvrou. Voltyds aan die werk. Maar ek doen al my huiswerk en tuin werk self. Mens kom maklik in n roetine en die werk raak ligter. Ek verkies dit dat niemand op my werf kom nie. Te veel blankes word vermoor deur die mense wat bir hulle werk of by die buurman werk. Ek hoop dat mense dit begin verstaan en insien. Mense wat oorsee woon doen alles self. In SA sal mense dai mind shift moet kry. Ek spaar geld my huis blink en niemand dra iets weg nie. My tuin is wel klein maar as dit te groot was het ek eerder n tuin dienste gebruik.

Michelle ·

Vir die seun om so op sy moeder af te kom wil ek myself nie eers indink nie, die letsels sal vir die liewe seun vir ewig daar wees . Geen tronkstraf kan die vrou terug bring na haar man of haar seun nie en geen wet van ons land sal die moordenaar agter tralies hou nie want binnekort is hy weer buite ons regstelsel en ons land is nou maar korrupt. Dit is om van siek te word.

Arno Scheepers ·

Nou vir n rustige lewe van bende-bedrywighede in die staat se vakansieplaas….op die slagoffers se onkoste.
Hulle moet hang, DIT is wat hulle verdien.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.