Polokwane-ma vermoor: Aanklagte teen een teruggetrek

Tanya Wiers.

Die aanklagte teen een van die mans wat tereggestaan het vir die gru-moord op Tanya Wiers (44) van Polokwane, is Donderdag teruggetrek.

Alfred Hlongwane (45) en Frans Maela (25) is aangekla van die moord op Wiers wat in Februarie vanjaar in haar huis in Eduanpark vermoor is.

Mashudu Malabi-Dzhangi, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Limpopo, het aan Maroela Media gesê die direkteur van openbare vervolging het besluit om Hlongwane nie te vervolg nie. Malabi-Dzhangi het nie die redes vir hierdie besluit verskaf nie.

Hlongwane het Donderdag in die hof verskyn waar die aanklagte teen hom formeel teruggetrek is. Maela staan egter steeds tereg vir die moord op Wiers en sal van 26 Februarie tot 2 Maart 2018 in die hooggeregshof in Polokwane verhoor word.

Frans Maela. Foto: SAPD

Wiers se seun het die middag van 7 Februarie op sy ma se liggaam afgekom toe hy van die skool af teruggekom het. Sy het verskeie steekwonde aan haar nek en verdedigingswonde aan haar hande gehad. Haar oë is met ʼn onbekende skerp voorwerp verwyder.

Maela is dieselfde aand in hegtenis geneem in verband met die moord, terwyl Hlongwane vroeg in Maart in hegtenis geneem is.

Wiers se man, Rolf sr., het destyds aan Maroela Media gesê hy is oortuig daarvan dat die moord nie deel van ʼn gewone rooftog was nie, omdat baie min uit die huis gesteel is. Slegs Wiers se trouring en -pand, toonring, armband en rekenaartablet is gesteel. Hy het destyds gesê hy vermoed die moordenaars moes ongesiens agter Wiers by die huis se elektriese hek ingeglip het toe sy ingery het.

Die aanvallers het glo twee messe uit die gesin se kombuis gebruik om Wiers mee te vermoor. Hulle het dit weer gewas en terug in die messeblok gesit, voordat hulle weg is. Wiers se hare is later aan een van die messe gevind.

Lees alle vorige berigte oor Tanya Wiers op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Wanda ·

Ek ruik a rot…Ek wonder wie aners betrokke was…messe terug in di blok gesit, agter ha ingeglip deur di elektriese hek…just saying

Vergelyk met doodskissaak ·

Vergelyk dit met doodskissaak. Ons regering oet aangekla word vir aanhitsing van volksm00rd by die VN.

Mel ·

Ai! Tania, ek hoop jou siel rus rustig. Jy was ‘n ongelooflike mens en dié is so onnodig….

Cathy Du Plessis ·

Die rot is die regering wat seker gemaak het die man word vrygespreek sodat hy weer sy moorde kan voorsit. Waarom was daar niks gese oor die rede waarom hy nie verhoor mag word nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.