Polokwane-ma vermoor: ‘Motief was nie roof nie’

Tanya Wiers.

Tanya Wiers.

Die gesin van Tanya Wiers (44), die vrou wat Dinsdag wreed in haar huis in Polokwane vermoor is, glo dat daar ʼn ander motief agter die moord skuil as blote roof.

Rolf Wiers, Tanya se man, het Donderdag aan Maroela Media gesê hy kan bloot bespiegel oor die tragiese gebeure wat Dinsdagmiddag in die gesin se huis in Eduanpark afgespeel het. “Tanya was die oggend Pick n Pay toe gewees. Ek weet, want ek het omstreeks 12:20 ʼn SMS-kennisgewing van die bank af gekry toe sy geld getrek het,” het Rolf gesê.

Hy sê hy vermoed die moordenaars moes ongesiens agter Tanya by die huis se elektriese hek ingeglip het toe sy ingery het. “Tanya het seker die huis oopgesluit en die inkopies ingedra. Sy het die brood in die broodblik gesit en die suiker, macoroni en vetkoekies gebêre. Sy sou op pad gewees het om die toiletpapier in die gangkas te bêre, maar dit het nog op die vloer gelê. Haar selfoon en bril het op die eetkamertafel gelê en haar skoene op die vloer van die eetkamer. Ek vermoed die eerste struweling het al daar begin, want die tafel het sommer so skeef gestaan.”

Volgens Rolf lyk dit of Tanya probeer het om kamer toe te hardloop om van haar aanvallers te vlug en dat die struweling daar voortgesit is. Daar was bloed aan die gangmuur, een van haar oorbelle is in die hoofslaapkamer op die vloer gevind en die ander oorbel in die egpaar se oudste dogter, Bianca (18), se slaapkamer.

Tanya se liggaam is op die vloer van die egpaar se jongste kind, Karla (12), se slaapkamer gevind. Sy het verskeie steekwonde aan haar nek en onder haar ken gehad asook verdedigingswonde aan haar hand. Haar oë is met ʼn onbekende skerp voorwerp verwyder. Dit is daar waar die egpaar se seun, Rolf jr. (16), op sy ma afgekom het.

Rolf sr. was uitstedig vir werk en het net ná 14:00 ʼn oproep van Bianca gekry wat gesê het Tanya het haar nie by die skool kom haal soos gewoonlik nie en het ook nie haar selfoon beantwoord nie. “Ek het huis toe gebel en Rolf [wat pas van die skool af gekom het] het geantwoord. Hy het toe pas op Tanya [se liggaam] afgekom.”

Die aanvallers het glo twee messe uit die gesin se kombuis gebruik om Tanya te vermoor. Hulle het dit weer gewas en terug in die messeblok gesit voordat hulle van die toneel weg is. “Tanya se hare is nog aan een van die messe gevind,” het Rolf gesê.

Tanya Wiers. Foto: Facebook

Tanya Wiers. Foto: Facebook

Hy het gesê bewerings dat een van die aanvallers ʼn naam in ʼn kasdeur uitgekerf het langs die plek waar Tanya dood is, is nie waar nie. “Die uitgekerfde naam is al lankal daar. Ek het dit Dinsdag vir die eerste keer gesien, maar my kinders het my ingelig dat dit nog altyd daar was.” Hy het gesê daar is glo ‘Jesus’ in die kasdeur uitgekerf, maar dit het mettertyd al so vervaag dat al die letters nie meer leesbaar is nie.

Rolf sê hy glo vas die moord was nie deel van ʼn gewone huisroof nie. “Tanya se trouring en -pand, haar toonring en haar armband is van haar lyf af gesteel. ʼn Rekenaartablet is ook uit die huis gesteel. Dit is al. Daar het nog goue armbande op haar spieëlkas gelê wat net so gelos is. Haar selfoon en beursie is agtergelaat. Ek het nogal ʼn groot drankversameling waaraan nie geraak is nie en daar is ook nie kos uit die huis gesteel nie,” het hy gesê.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het bevestig ʼn 25-jarige man wat Dinsdagaand in verband met die moord in hegtenis geneem is, sal vandag in die hof verskyn. “Ek sal nie by sy hofverskyning wees nie. My humeur is te kort, ek sal dit verloor,” het Rolf gesê.

Hy het gesê hy moet ook vandag begin om reëlings vir sy geliefde vrou se begrafnis te tref. “Tanya was ʼn wonderlike ma wat altyd daar was vir ons kinders. Sy was iemand wat altyd vriende gemaak het en nie vyande nie. Sy kom oorspronklik van Tzaneen af, maar het in Pretoria geswot. Sedert haar dood kry ek boodskappe van oral oor, selfs haar ou studente-vriende wat ek glad nie ken nie. Sy het diep voetspore in baie mense se harte getrap.”

Mojapelo het gesê die polisie is steeds op soek na ʼn man wat vir die Wiers-gesin gewerk het en vermoedelik die polisie met hul ondersoek kan bystaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Ruby ·

Tanya, my hart gaan uit na jou kinders en man, veral jou seun wat jou lyk moes kry. Mag God jou gesin in liefde en vertroosting toevou.

Jammer dat jy so moes sterf :-(

Ekwilibrium ·

Dankie vir die inligting, Maroela Media. Mag alle skuldiges vasgetrek word en nooit weer vryheid ervaar nie…

anon ·

my hart gaan uit na jul as gesin ons ok lank inwoners van polokwane eerste keer dat ek so iets lees van n vrou wat so wreed vermoor is my gebede met jul sterkte aan di gesin

conrad ·

anon, google “PLAASMOORDE” en “FARMKILLINGS”” dat jy die werklikheid wat in land aangaan daar sien.
baie liefde en sterkte aan hierdie gesin ons bid vir julle vir troos.

Liza ·

Ek is so jammer… my innige simpatie aan die gesin, familie en vriende. Rus in vrede…

Spook ·

Natuurlik was dit nie huisroof nie, nie een van die aanvalle is roof nie. Dis pure rasse haat wat aangevuur word deur die anc en eff . Die goed wat hulle vat is net n bonus

Rob ·

Die motief is NOOIT ROOF nie, hulle vat soms net ‘n paar goedjies om dit na roof te laat lyk dat die POLISIE se stats klop. DIE MOTIEF IS MOORD .. geskend, oe uitgesteek, VERMOOR .. as daar ‘n beursie of selfoon in die pad le, gryp hulle hom maar net en die polisie se THAT WAS A ROBBERY GONE WRONG!!

Connie ·

Aai dis so sad. Baie sterkte vir haar man en kindertjies. Rus sag vrou.

JvA ·

Die storie ruk my diep. Is die duiwel se tyd so kort dat hy die vlak van boosheid kan betree. My hart gaan uit na daai seun wat op so toneel moes afkom. Sterkte aan die familie, ek bid vir julle.

Mariana ·

Dis barbaars, dis optrede soos die van wilde diere….geen menslikheid hoegenaamd is hier nie…

Hasie ·

Ek glo ook vas dat die ANC agter al die moorde sit, want die land se president sê nooit ‘n woorde oor elke dag se moorde nie. Ek sluit die EFF in.

claudia ·

Nog n sinnelose moord,Hoeveel mense word nie op n daaglikse basis sommer net….. vir niks…..vermoor nie.Die vraag is hoe lank gaan ons net toekyk?????Hoe lank vra ons al vir die doodstraf???? Ons word uitgeroei…..kan julle nie sien nie ?????

Hennie ·

So ‘n brutale moord word gepleeg en dit word maar net deel van statistiek. En wanneer iemand lewendig in ‘n kis gedwing word en daarna vrygelaat word, skreeu letterlik die hele wereld en optogte by die hof word gehou. Hoe balanseer dit? Dis hoogtyd dat moordenaars in die openbaar opgehang word, daar is heeltemal genoeg regverdiging daarvoor. Hierdie vrou was ‘n gerespekteerde vrou wat haar plek in die lewe volgestaan het en alles bygedra het om ‘n opbouende gemeenskap te vestig, moet dit regtig net so-so verbygaan asof dit alledaags is? As hierdie moord nie brutaal beantwoord word nie, gaan dit net aanleiding gee tot meer sulke gevalle.

Rina ·

Hoeveel boosheid en haat moet daar nie in iemand wees om so n veragterlike daad te pleeg nie. Tanya onthou ek van skooldae in Tzaneen af, so jammer vir julle familie, Sterkte?

Vriend ·

My innige simpatie aan familie, ek het haar sien groot word ons was hul bure vir baie jare in tzaneen

Hannelie ·

So word ons een-een uitgemoor. Die duiwel is baie besig….en ons regering slaap in die parlement. Sterkte aan haar naasbestaandes.

Mercy ·

Ek is nou al so moeg vir mense wat sê “bring die doodstraf terug”, of, “ons volk moet saam bid”. Eerstens, die doodstraf sal net n geregtelike manier wees om ons blankes vinniger uit te roei, tweedens, God gaan nie afkom om die sodom & gomorrah te red nie, die begin en die einde is reeds geskryf. Beveilig jou eie huis, bewapen jouself en jou familie. Sit reels en regulasies in plek. Leer jou kinders oor veiligheid (kinders van 6 loop nie alleen in die straat rond nie, dit maak nie saak in watse plattelandse dorpie jy bly nie). Sluit aan by instansies soos Afriforum. Komaan mense, ons is soos n teop skape wat wag om geslag te word. JY is n teiken, nie net jou buurman, of iemand van wie jy lees op Maroela Media nie! My pa is 4 maande terug oorlede aan n hartaanval, op die ouderdom van 66, en in plaas daarvan dat ek treur oor n lewe wat te kort gelewe is, juig ek oor n dood wat nie sadisties was nie.

Nadia ·

Mercy, hier praat jy die waarheid.
Ons is op die punt waar ons juig as iemand van natuurlike oorsake sterf en nie vermoor word nie. Baie mense sal sê dis onmenslik, maar in Suid Afrika sien ons dit as genade dood. Dis genade dat 1 mens die wreedheid van moord vrygespring het.
Onsmoet onsself beveilig en ons huise tronke maak sodat ons en ons gesinne veilig kan wees. Maar ons moet nie meer terug staan nie. Ons moet terug baklei. Ons kan nie meer net deel word van die statistieke nie. 3 Ooms van ons familie is statistieke. 3 Ou Ooms wat nie in staat was om terug te kan baklei nie. Dis hartseer dat ons op die punt is waar ons moet besluit, “KILL OR BE KILLED” . . .

kaye ·

Dis waar Mercy, ons kanse van heengaan aan natuurlike oorsake raak al hoe skraler.

tamboti ·

Jy is reg M’Lady, dit motief is volksmoord, die regering noem dit natuurlik gewone misdaad en ons het mos daarvoor gesoek.
Die haat is in die gene van Kain se tyd af en sal tot in ewigheid daar wees.

Dereck Le Roux ·

Ten minste is daar nog ‘n persoon wat saam met my stem dat roof (gewone misdaad of normale misdaad) soos die polisie woordvoerders, politici en NRO onder andere die Instituut vir Sekerheidstudies dit noem nie maar die is verseker ‘n misdaad met diepe haatinslae wat verseker verbind kan word aan politieke uitsprake soos kill all whites, alles wat witmense besit het hulle by swartes gesteel en swartes moet dit terugvat al word dit gedoen deur middel van dood en geweld gepaard met sadistiese en barbaarse metodes, (klink dit bekend?) So waar is die polisie se profilers en Dr. Johan Burger as hulle ‘n ander verduideliking wil opdis anders as die ooglopende redes om dood en verwoesting te saai dmv terrorisme?

Genieve ·

Nou hoekom haar vermoor dis verskriklik om net iemand dod te maak wat jy nie eers ken nie.Baie sterkte vir julle as familie.Ek weet nie wat om so iemand te noem nie regtig.

maryann ·

Ons parlement sal niks doen nie want hulle is die duiwel
So ‘n moord is barbaars, brutaal, onmenslik sinneloos en weereens net ‘n statistiek.
en dit terwyl almal in die parlement swierig rondbeweeg in hul gemaksone sonder enige vrese. waarom sal hul bekommer oor hierdie moord.

Anoniem ·

Dis verskriklik, sterkte vir familie. Ons moet foto’s neem van elke dag se moord wat verskyn met datums by. Sit dit met al die kommentaar op Instagram daagliks, sodat die wêreld kan sien wat in Suid – Afrika gebeur!

Estelle ·

En so gaan dit aan en aan en aan. Hierdie dinge ontstel my vreeslik en ek dink daaraan om geen nuus meer te lees of luister nie maar n mens moet tog weet wat in die wêreld aangaan. My innige simpatie aan die familie en my hart gaan veral uit na die jong seun wat sy moeder so moes sien. Sterkte, jul is my gebede.

E.K. ·

Klink ampers na ‘n tipe muti moord – die paar gesteelde goed is bysaak. Dis erg vir my om die goed te lees, ek hoop haar seun kry terapie en dat almal geduldig met hom sal wees. Dis baie erg en ek wens die gesin, ander familie en vriende tonne sterkte toe.

Sputnick ·

Ek nie meer van die jongste maar redelik fiks vir my ouderdom…woon op n groter dorp as die gemiddelde in Noord Wes….het nou jare al n installing om Sondae vir die straatkinders kos te gee…tot vandag…ek stap gewoonlik winkel toe…bly naby sakekern van dorp….sal 5 van hul wat elke Sondag kos kry my kom aanvat met n mes…gelukkig kon ek die mes vinnig afneem…hul nog bietjie onhandig of die hart was nie daar…die gratis etes nou iets van die verlede…die makste brak byt jou aan die hakskeen….

NICKEY ·

So jammer dat nog n persoon met haar lewe moes boet………. Bravo aan die polisie wat die “VERMEENDE” skuldige so blitsig in hegtenis geneem het.

Ek wonder net wat is verkeerd in Gauteng,, dat die polisie hier na amper drie weke nog niemand inhegtenis kon neem na die wrede moorde op die KIDSON egpaar van Witpoort by Westonaria nie?? Waar gaan mens heen om te help

Theresa ·

Sputnick, dis jammer dat mens goedhartigheid moet staak, maar ongelukkig is dit regtig feite. mense sal daarmee moet staak. hierdie wrede moord op die dame gaan weer ‘n bekende onthul wat haar so geminag het, terwyl sy dit nie verdien het nie. wel, dis net my vermoede.

Bert ·

Op elke blok van letterlik elke straat waar ons woon sal ons ‘n gewapende wag moet sit. Ons sal ons eie huiswerk moet doen, ons eie tuine spit en intussen hoop vir ‘n deurbraak eendag in die gang van hierdie vervloekte land.

Lien ·

Sy het so reg gelewe maar so verkeerd gesterf. Innige simpatie aan haar familie.

oni ·

Klink verseker nie goed nie maar, het die tyd nie aangebreek dat ons hierdie wrede foto’s van ons geliefdes, ook op media sit nie? Dit sal ons , wie se familie dit is seermaak. Deur dit mag ons dalk die bydrae lewe vir die wereld om te sien wat werklik elke dag in Suid-Afrika aangaan. Die probleem van die buitewereld hoor net, hul sien nie die harde werklikheid nie. Wat waar is, is dat die pen magtiger as die swaard is.

dirk ·

die redes om in hierdie land te woon raak te min – meeste van ons kinders in elk geval reeds in die buiteland aan die werk

Johan ·

Kan iemand verduidelik hoekom die messe gewas is? Dit strook met geen gewone vreemdeling misdaad nie. Of is dit normaal?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.