Polokwane-ma vermoor: Verdagte vra dan borgtog

Frans Maela. Foto: SAPD

Frans Maela. Foto: SAPD

Die man wat aangekla word van die moord op Tanya Wiers (44), wat vroeër vandeesmaand wreed in haar huis in Polokwane in Limpopo vermoor is, het Donderdag in die plaaslike landdroshof verskyn.

Ao. Lesiba Ramoshaba, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die saak teen Frans Maela (25) is tot Dinsdag 21 Februarie uitgestel, wanneer hy om borgtog sal aansoek doen.

Hy bly in aanhouding tot dan. Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het vroeër aan Maroela Media gesê daar word beweer Maela het in Eduanpark, dieselfde buurt waar die Wiers-gesin woon, gewerk.

Wiers se liggaam is deur haar seun, Rolf (16), in een van haar kinders se slaapkamers gevind. Sy het verskeie steekwonde aan haar nek en onder haar ken gehad asook keerwonde aan haar hande. Haar oë is met ʼn onbekende skerp voorwerp verwyder.

Wiers se man, Rolf sr., het vroeër aan Maroela Media gesê hy is oortuig daarvan dat die moord nie deel van ʼn gewone rooftog was nie, omdat baie min uit die huis gesteel is. Slegs Tanya se trouring en -pand, toonring, armband en rekenaartablet is gesteel.

Hy sê hy vermoed die moordenaars moes ongesiens agter Tanya by die huis se elektriese hek ingeglip het toe sy ingery het. “Tanya het seker die huis oopgesluit en die inkopies ingedra. Sy het die brood in die broodblik gesit en die suiker, macoroni en vetkoekies gebêre. Sy sou op pad gewees het om die toiletpapier in die gangkas te bêre, maar dit het nog op die vloer gelê. Haar selfoon en bril het op die eetkamertafel gelê en haar skoene op die vloer van die eetkamer. Ek vermoed die eerste struweling het al daar begin, want die tafel het sommer so skeef gestaan.”

Volgens Rolf lyk dit of Tanya probeer het om kamer toe te hardloop om van haar aanvallers te vlug en dat die struweling daar voortgesit is. Daar was bloed aan die gangmuur, een van haar oorbelle is in die hoofslaapkamer op die vloer gevind en die ander oorbel in die egpaar se oudste dogter, Bianca (18), se slaapkamer.

Ramotshaba het gesê net Maela word in dié stadium vervolg. Daar is aanvanklik ook gesoek na ʼn werker van die Wiers-gesin wat die polisie moontlik in die ondersoek kon bystaan.

Lees alle vorige berigte oor Tanya Wiers op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Jollie ·

Hy sal seker borgtog kry, dis net die jagter en die doodskismanne wat nog SIT omdat hulle blank is . Dit is so onregverdig hierdie bestel. Mens sou dink iemand het uit apartheid geleer, maar dieselfde persone wat vir EQUAL opportunities en EQALITY before the law gevra het doen nou presies die teenoorgestelde. Wrede moordenaars kry borgtog maar nie ouens wat in ‘n skietongeluk betrokke was of ‘n koperkabeldief in ‘n doodskis banggemaak het nie.

Netta ·

Hierdie man mag nie borgtog kry nie. Is hy ‘n Suid-Afrikaanse burger? Het hy ‘n vaste woonadres? As hy soos vermoed ‘n tuinwerker in die buurt was, het hy ook nie meer ‘n werk nie. Hy sal beslis ‘n vlugrisiko wees. Hou hom agter tralies, sodat hy verhoor kan word vir sy onmenslike daad.

Estelle ·

Geen moordenaar of verkragter behoort borgtog te kry nie en ons weet almal waarom. As jy eenmaal so iets gedoen het sal jy weer.

Rita ·

Dis wat my skoon siek maak van woede. Die swart wreedaarts kry borgtog. Net om verder te gaan moor. Maar wanneer ñ witmens homself verdedig. Dan word hulle in die tronk gesmyt en kry nie borgtog nie. Kry hulle nog borg dan moet hulle duisende betaal om uit te kom. Dis so flippen ONREGVERDIG.

Hein ·

Borgtog !!! ????

Sodat hy kan vlug of nog oe kan gaan uithaal .

Nee regtig ek se nie meer nie .

Hettie ·

Geen borgtog nie! Bly in tronk want hy is moordenaar!!! As hy vrylaat, gaan weer vir mense doodmaak! Sit hom en ander moordenaars lewenslank in tronk!

nora visser ·

Hou hom agtertralies sodat hy die selfde kan oorkom ons moet saam staan en die doodstraf moet terugkom vir almal wat sulke dade doen want so kan dit nie aangaan nie

pjk ·

Ons kan maar almal Pepperspray aan n hangertjie om jou nek dra. Dit gaan nie help as dit in jou handsak is nie.

Gert ·

Ons moet almal die 21 Feb buite die hof gaan by mekaar kom en slag spreuke skreeu !!!!

AL ·

Goeie idee, dan haal ons vir n slag die nuus! Wanneer jy afbrand en betoog en klippe gooi, weet jy verseker jy gaan nuusblaaie haal, danksy ons media in SA!
Ek is natuurlik teen sulke barbaarsheid maar dis n lonende optrede.

CAB ·

So Hulle se plaasMoorde word deur werkloosheid en armoede aan gedryf? Ek verstaan net nie hoe sy hemp in n better toestand is as myne nie? Of is ons proariteite net anders?

Mielie ·

Ek hoop ons mense sal die hof vol sit en ook plakkate he wat se geen borg nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.