Polokwane-moord: Huiswerker emosieloos in hof

Lazarus Mahlo (41) en Sophie Mmako (51) in die hof. Foto Anja van der Merwe

Die vermeende meesterbrein agter die moorde op Lizette Deacon (55) en haar ma, Hettie (79), het Maandag saam met die ma en dogter se huiswerker in die Polokwane-landdroshof in Limpopo verskyn.

Lazarus Mahlo (41) en Sophie Mmako (51) het op twee aanklagtes van moord en roof met verswarende omstandighede verskyn. Mmako, wat meer as 20 jaar vir die Deacons gewerk het, het geen emosie tydens die hofverrigtinge getoon nie en met haar arms gevou gestaan.

Nie een van die twee beskuldigdes het hangende sake teen hulle nie en hulle het regsverteenwoordiging aangevra.

Nkakareng Rakgoale, LUR vir maatskaplike ontwikkeling in Limpopo. Foto: Anja van der Merwe

Die saak is tot Vrydag uitgestel vir verdere ondersoek. Die ander twee verdagtes, Casper Mudau (35) en Advanced Amid (30), verskyn ook Vrydag in die hof.

Nkakareng Rakgoale, LUR vir maatskaplike ontwikkeling in Limpopo, het die hofverrigtinge bygewoon en die ondersoekspan geloof vir hul vinnige optrede om die skuldiges vas te trek.

“Hopelik word die oorblywende verdagte ook nou vinnig vasgetrek. Ons soek geregtigheid vir die Deacon-familie,” het Rakgoale gesê. “Ek is so teleurgesteld om te sien hoe vroue, soos Lizette en Hettie, pyn moet verduur.”

Desiree van der Walt, DA-LP, het buite die hof gesê dit is skokkend dat ʼn vrou glo deel was van die wreedaardige moord op twee ander vroue.

“Limpopo se statistieke rakende misdade teenoor vroue en kinders lyk sleg. Meer as 8 000 vroue en 3 000 kinders is die laaste jaar vermoor, aangerand of verkrag in die provinsie. Ek stem saam met pres. Cyril Ramaphosa wat hierdie ʼn tweede pandemie in die land noem.”

DA-LP Desiree van der Walt. Foto: Anja van der Merwe

Van der Walt meen daar moet nie borgtog aan diegene wat sulke misdade pleeg, toegestaan word nie.

Lizette en Hettie se liggame is verlede Donderdagaand laat in hul motor langs die R37 by die Kushcke-afrit, buitekant Polokwane, gevind. Hulle is laatmiddag ontvoer nadat daar by hul meenthuis in Welgelegen ingebreek is. Albei vroue was vasgebind en het verskeie steekwonde gehad.

Vier verdagtes is nou reeds in verband met die moorde in hegtenis geneem.

Soos vroeër berig is Mmako omstreeks 08:00 Vrydag in Polokwane in hegtenis geneem terwyl Mahlo, die vermeende meesterbrein, omstreeks 09:00 in Ivory Park in Tembisa aan die Oos-Rand in hegtenis geneem is.

Hettie (links) en Lizette (regs) Deacon (Foto: Facebook)

Mahlo is glo ʼn voormalige werknemer van die Deacons in een van die Ocean Basket-takke in Polokwane. Hy is glo onlangs afgedank. Hy en die huiswerker was na bewering in ʼn verhouding.

Die polisie is intussen op soek na nóg ʼn man wat hulle kan bystaan in die ondersoek. “Die man, genaamd Owen, word versoek om by die naaste polisiestasie aan te meld, want hy kan ons moontlik bystaan in die ondersoek,” het brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, gesê.

Owen, ʼn Zimbabwiër, gebruik een van die volgende vanne: Setsiba, Makutara of Mbedzi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Annelize ·

En die Oscar gaan aan: Sophie Mmako, vir haar uitstekende vertolking van die ontroosbare werknemer by die begrafnis, en nou is sy weer emosieloos.

Natuurlik emosieloos want sy het nie gereken haar turf gaan so vinnig sit nie.

Persheks Adri ·

Laat hulle gaan sit en gooi die sleutel weg! Ek verstaan nie hoe harteloos iemand kan wees nie

Louise ·

Iemand wat jy vir 20jaar lank vertrou. draai om en steek jou in met n mes…
Dis baie tragies, sterkte aan die familie.
Hoop hulle sit lewens lank.

Fedup ·

I do understand no 2 people will ever be the same.
But as i said a gazzilion times, do not keep domestic workers or garden help.
Stone me if you want.
99.999% of these attacks and murders is inside information.
Finish and klaar.

Anoniem ·

Fed, ek stem 100% saam met jou kommentaar. Dit is gewoonlik die mense wie jy die meeste vertrou wat jou in rug steek.

Cindy ·

Ek stem 100% Ek het eerder ‘n effens deurmekaar huis en tuin voor ek daai kans waag

Annemarie ·

I agree with you 100%! Never had a domestic worker in my house. We employ 1 farm worker who doesn’t come near the house. He’s scared of the dogs. I don’t say we’re safe, but less internal information can be spread/sold! Living on a farm is a constant threat! But it’s not safer in town either…

mymasekind ·

20 Jaar was hulle goed genoeg om vir jou te sorg.. en dit is wat hulle kry? Hoop jy kry wat jou toekom

MIA ·

Ja!!! Emosieloos nadat sy versorg is vir 20 jaar!!! Seker nie verder gedink as haar neus nie!!! Seker nie verwag dat sy uitgevang sal word nie. Plannetjies was mos gemaak!!! Hulle moet sommer weggesluit word tot hulle omval van ouderdom!!!

Inkpot ·

Nou gaan daar weer mense wees wat sê dat die werkers sleg behandel is en daarom die moorde gepleeg het.
Meeste werknemers voel dat hulle onregverdig behandel word, maar hulle pleeg nie moord nie. Beskaafde mense sorteer die probleem uit of soek ander werk.
Hierdie vrou het 20 jaar vir die mense gewerk en toe besluit om hulle dood te maak, ongeag hoeveel van haar eie mense nou werkloos gaan wees. Sy het gedink sy is slim en sal nie onder verdenking kom as sy so hard huil op die begrafnis nie.
Sy en haar makkers moet dieselfde behandeling as hulle slagoffers kry.
ń Oog vir ń oog.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.