Die liggame van ’n restaurant-eienaar en haar bejaarde ma is Donderdagaand buite Polokwane in Limpopo in ’n voertuig gevind. Albei vroue was vasgebind en het verskeie steekwonde gehad.
Lizette Deacon (55), en haar ma, Hettie (in haar laat 70’s), is klaarblyklik laatmiddag ontvoer nadat daar by hul meenthuis in Welgelegen in Polokwane ingebreek is.
Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, sê die Deacons se bure wou net na 18:00 by hulle gaan kuier, maar was geskok toe hulle bloedspore in die huis kry. Die dogter en ma was ook skoonveld.
“Die polisie is dadelik in kennis gestel en ’n soektog na die twee vroue is van stapel gestuur,” sê Mojapelo.
Lizette en Hettie se liggame is later die aand in ’n voertuig verlate langs die R37 by die Kushcke-afrit, buitekant Polokwane, gevind. Die voertuig is vermoedelik Lizette s’n.
Geen verdagtes is tot dusver aangekeer in verband met die moorde nie en die polisie het ’n grootskaalse soektog na die moordenaars van stapel gestuur.
Twee sake van moord is aanhangig gemaak. Die motief vir die moorde is in hierdie stadium nog nie bekend nie, maar volgens Mojapelo kan roof nie uitgeskakel word nie.
Lizette was die eienaar van die Ocean Basket-restaurante in die Mall of the North- en Savannah-winkelsentrum in Polokwane.
Marcelle Maritz, VF Plus se provinsiale leier in Limpopo, sê die gemeenskap van Polokwane is geruk deur die dubbele moord op die twee bekende en geliefde sakevroue. Medelye het op Facebook ingestroom.
“Ocean Basket gaan nooit weer dieselfde sonder hulle wees nie. Lizette het altyd so lekker met ons gesels. Niemand verdien om so te gaan nie,” lui een van die inskrywings.
’n Vreedsame optog word vir Vrydag om 12:00 voor die Ocean Basket in die Mall of the North beplan. Vroue wat wil deelneem, word genooi om blomme saam te vat ter herinnering aan Lizette en Hettie.
Maritz sê die VF Plus doen ’n dringende beroep op die gemeenskap om alles moontlik te doen om hul wonings en ondernemings te beveilig.
“Wetgehoorsame burgers moet nou hul grondwetlike reg op beskerming en veiligheid opeis en ten alle tye waaksaam wees. Die VF Plus moedig ook gemeenskappe aan om aan te sluit by buurtwagte en gemeenskappolisiëringforums en alle tegnologie moontlik in te span om aanvalle te voorkom,” sê sy.
Pietersburg Laerskool in Polokwane het op sy Facebook-blad sy skok uitgespreek oor die moorde.
“Met oorweldigende skok, en weeklaag verneem Pietersburg Laerskool van die grusame en barbaarse moord op Lizette en Hettie. Die nuus skud ’n gemeenskap. Gevoelens van haat, kwaad en wraak borrel, maar ons weet ons berusting lê by ons hemelse Vader,” lui die inskrywing.
Die skool het ook ʼn week van rou en opstand aangekondig ter herdenking van die Deacon-vroue.
“Alle personeel, leerders en ouers van Pieterburg Laerskool sal volgende week swart dra as ’n gebaar van rou saam die families en slagoffers van die gruweldaad en in opstand teen alle geweld.”
Enigiemand met meer inligting wat tot die inhegtenisneming van die verdagtes kan lei, kan kol. Linkie Mathebula by 064 756 8218 bel of die polisie se misdaadnommer by 08600 10111 skakel.
Nee wat so gaan dit in die land..nerens is jy veilig nie.Voel al meer soos ‘n oorlog zone.
Dit is n oorlog zone ons moet dit net begin besef
Ai Ai….dis so onnodig. Ons dink aan hul familie.
Ek het nie woorde nie.
Here help asseblief.
Tragies! Ons meegevoel aan hierdie dames se familie, vriende en almal wat hulle geken het. CR het lankal gesê “the pot will start to boil slowly, so that they dont even realise it.” As jy vir een oomblik dink dit het niks met ras te doen nie, moet jy maar weer gaan nadink.
Afriforum sal moet begin probeer om vir Afrikaners, vir alle blankes wat wil gaan, vlugteling status in Westerse lande te kry. Dit gaan net erger word. Hier is nou maar eenmaal opsluit nie meer n toekoms vir ons nie. En die ANC regering sal ons nooit toelaat om af te stig in die WesKaap nie. Al kans op oorlewing vir ons is om hierdie land te verlaat.
Vir die wat kan, voorspoed…….
Nou weet ons waarom minister Cele groen vuurwapenlisensies wil onttrek. Dit sal booswigte se werk nog makliker maak.
Dit is verskriklik.
Ja ons gemeenskap is geskok hier in Polokwane. Ek hoop die moordenaars word gou vasgetrek en boet vir hierdie gruwelike dade… So kan dit nie meer aangaan nie!!!!!
Baie sterkte daar. Ons word een vir een uitgemoor.
Al word hulle vasgetrek is hulle binne n week uit op borg so dit gaan nie help nie
Baie sterkte vir julle almal, en simpatie aan die familie…..
Wanneer gaan dit eendag ophou? Ons staan geen kans in DIE land nie!
Sodra daar nie ‘n enkele witte oorbly nie
Hoekom moet onskuldig mense boet vir ander se dade. Tanie Hettie was so n sag te mens. Sy het Ocean Basket in mokopani ook bestuur so 3 Jr terug, sy het n Klein hartjie gehad en het altyd help waar sy kan. Mense dis hartseer my hart gaan uit na hule famielies toe.
Hoe gouer ons besef dat ons in die eindtye leef. Dan bedoel ek so 5 sek voor middernag hoe beter. Ons moet sorg dat ons saak reg is met ons Skepper. Dit wat nou gebeur staan duidelik in die Skrif. Neem dit terharte. Moet nie dat jy onkant betrap word nie. Hou die olie lampe vol olie met nog ‘n bietjie spaar olie. Jy kan verskil, dit is jou volle reg, maar moet nie sê jy is nie gewaarsku nie.
Woorde is nutteloos…mens kan net niks meer verstaan nie..:(
Wonder net: Met sulke operasies behoort die polisie die bystand van ‘n hond te he.
Geen wonder die ou het weggekom nie Ek bedoel Ek sou ook weghardloop as ek hy is Dis mos baie maklik
Wil graag weet of daar ook n string ministers sal opruk om die gesinne te ondersteun
Het ook nie besoeke van hulle gesien by die gesinne van polisie beamptes wat vermoor is unie maar dit kan wees dat ek dit nie die besoeke
gesien het nie.
Vra maar net word besoeke net gesien waar daar groot reaksie van die gemeenskap kom.
Dit gaan oor vergelding en velkleur. Maak die som
Nooit gesien nie, mos nie een van “our Peopol” soos hul dit uitspreek nie
So tragies en onnodig. Baie sterkte aan familie!!
Pietersburg is mos meestal nou beset deur die rooikappie anargiste.
Wil vir my voorkom of daar baie meer moord op wittes is..
Maar nog ‘n soektog wat gaan doodloop en as hul gevind word, vrygelaat omdat daar nie genoegsame bewyse is nie, want ongelukkig kan dooie mense nie getuig nie.