Polokwane-sakevrou en ma vermoor: ‘Meesterbrein’, huiswerker in hof

Hettie (links) en Lizette (regs) Deacon (Foto: Facebook)

Die vermeende meesterbrein agter die moorde op Lizette Deacon (55) en haar ma, Hettie (79), verskyn Maandag saam met die ma en dogter se huiswerker in die Polokwane-landdroshof.

Die huiswerker, ʼn 51-jarige vrou, is omstreeks 08:00 Vrydag in Polokwane in hegtenis geneem terwyl die vermeende meesterbrein, ʼn 41-jarige man, omstreeks 09:00 in Ivory Park in Tembisa aan die Oos-Rand in hegtenis geneem is.

Die man is glo ʼn voormalige werknemer van die Deacons in een van die Ocean Basket-takke in Polokwane. Hy is glo onlangs afgedank. Hy en die huiswerker was na bewering in ʼn verhouding.

Die polisie is intussen op soek na nóg ʼn man wat hulle kan bystaan in die ondersoek. “Die man, genaamd Owen, word versoek om by die naaste polisiestasie aan te meld, want hy kan ons moontlik bystaan in die ondersoek,” het brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, gesê.

Owen, ʼn Zimbabwiër, gebruik een van die volgende vanne: Setsiba, Makutara of Mbedzi.

Lizette en Hettie se liggame is verlede Donderdagaand laat in hul motor langs die R37 by die Kushcke-afrit, buitekant Polokwane, gevind. Hulle is laatmiddag ontvoer nadat daar by hul meenthuis in Welgelegen ingebreek is. Albei vroue was vasgebind en het verskeie steekwonde gehad.

Vier verdagtes is nou reeds in verband met die moorde in hegtenis geneem. Die eerste twee verdagtes, Casper Mudau (35) en Advanced Amid (30), het Dinsdag in die hof verskyn op aanklag van moord nadat hulle verlede naweek in hegtenis geneem is. Die saak is tot 25 September uitgestel vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Fae Fubar ·

Wonder of die beskuldigde ook so bitterlik gaan ween in die hof? Loongeskille wat met moord “besleg” word, is ‘n tendens wat op plase en elders aan die toeneem is. Skreiend!

ES ·

Telke male wat daar ‘n berig word oor ‘n moord wat gepaard gaan met ‘n loongeslkil of iets soortgelyks, is daar ‘n Zimbabwier of Mosambieker betrokke. Hulle kom hierheen vir beter heenkome maar sodra hul ontevrede is vermoor hulle net.

Ek hoop hulle word almal gevang.

Andre ·

Is dit nie maar ook omdat hulle hier kom leer hoe om dit te doen nie?

Dries ·

Moet asseblief nooit vergeet dat Meneer Rooi Hoedjie gese het hy sal wegdoen met alle grense as hy kon nie. Dan sal dit nog makliker wees vir mense om hier in SA te kom ‘n ‘heenkome’ soek.

Snowball ·

Huiswerkers – hulle verskaf inligting, werk saam en is al te dikwels betrokke by die moorde. Wees versigtig wie jy by jou deur inlaat; die vroom gesig is dalk net ‘n masker.

Anoniem ·

Beter kon ek dit nie stel nie. Maar o weë huiswerkers is so noodsaaklik vir party mense.

katerinadiekat ·

Ja Melaney want baie mense is nou al ouer van jare en / of sieklik. Ek self wens ook ek het nie iemand nodig gehad nie maar mens se gesondheid is nou maar een maal wat dit is.

Ronel ·

Nee dis ‘n luukse. Ek werk voldag en doen self my huiswerk. My man en kinders spring ook in, maar die groot skoonamaak doen ekself. Jaag almal uit die huis uit, sit musiek kliphard en maak skoon.

groenboer ·

Mens moet maar versigtig wees wanneer jy werk wil verskaf. Dit kan jou jou lewe kos. Dit gebeur soos klokslag dat mense deur, of met die hulp van, huiswerkers vermoor word. Dalk tyd om te gaan nadink oor ons verslawing aan goedkoop arbeid…

Vernon ·

Solank ons nie ons eie werk in die huis of tuine doen nie sal dit gebeur. Beste is…vertrou niemand!

Anoniem ·

My dierbare buurvrou praat glad nie met my nadat sy gehoor het ek doen my eie huiswerk. So terloops, sy is nie blank nie.

Erika ·

So dit was n ” inside Job’ tipies – Wees Baie versigtig waneer jy n Werker in diens neem- moenie persoonlike dokumente laat rondle nie of waarde volle goed nie …dit is waarskynlik So dat sulkes wat vir jou werk terug voering gee aan ander …sodat hulle dit later uitbuit teen jou ….Sulkes gebruik gewoonlik geweld met support om hulle geskille uit te sorteer weens haat /wraak omdat jy durf Hom/Haar gedisiplineer het weens wangedrag….- Ondervinding het my geleer oor sulkes se aard – Hulle is teenstrydig..daar is gewoonlik tekens Die Vriendelikheid is net n valse Front…

Michael ·

Die woord “meesterbrein” word te vryelik gebruik. Ons kort ‘n nuwe woord vir gevalle soos hierdie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.